Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Kobus Myburgh

Grey Hound
Joined
Nov 20, 2013
Messages
8,314
Reaction score
1,648
Location
George
Bike
KTM 640 Adventure
Raak vanoggend wakker teen die normale 04h30 en rol rond in die bed, iets wat ek mos nie kan doen om weer aan die slaap te raak nie.

Stel die kontras op die foon en vang gou op wat die nag uile te sê gehad het oor wat nou al die berugte Hondatjie is.

Het in die week al probeer reël met 'n pel om vroeg oggend 'n vinnige draai te gaan ry maar die het laat gisteraand 'n sport pas kansellasie gehad.

En net daar besluit ek om te gaan ry.

Groet vir Mamma, kit op en laat brul die FMF net om vir buurman te laat weet ek ry nou. 

Stop vir petrol en slaan 'n dampie terwyl ek wonder watter rigting om in te slaan.

75839db7e4dcca51d0d4bb019d0385ec.jpg


Deesdae beplan ek niks, so word jy nooit teleurgestel nie.  Ek het net een doel voor oë:  Kom so vinnig moontlik van die teerpad af en sonsopkoms moet jy êrens op 'n grondpad staan waar jy nie stad kan sien nie.

Die strate is lekker stil en ek verbeel my hoe dit moet wees om 'n 690 SM te ry.  Ek kom egter agter ek is hopeloos en knobblies is nie lekker vinnig deur 'n draai nie.

Ry daar verby Mooikloof en wonder wat die mense doen in daai moerse huise.  Ek sal nie omgee vir die erf nie maar my vrou skei my summier as sy so groot huis moet onderhou. 

Nie lank nie en ek kry sommer 'n grondpad wat lyk of dit êrens kan lei.

Stop eers om foto te neem maar ek is bietjie vroeg vir die son.

6fe84fdbc533924d758c2fb919107edf.jpg


da13114694d94113f2166290858565ed.jpg


Al aan en maak seker ek volg enige grondpad wat ek teekom - lekker!

Vat nie lank nie en ek is uit enige iets wat soos stad lyk.  Mense maar die 690 se ligte is tos, sal moet plan maak. 

En toe begin die son kop uit steek, en terwyl ek stop hardloop 'n duiker 'n ent voor my uit die veld, oor die pad en raak weg.  Ek voel hoe my hart weer lewe kry en weet vanoggend was dit die regte besluit om 'n draai te gaan ry.

548243f8ff0129fa0de5a9b6db8e78b6.jpg


c87a9c48fc82950731874a6e0f3c46e1.jpg


6886191a98fbd940eda507b6e9f64023.jpg


15fdfa3390550f91d71f304e8f31da11.jpg


cd3b2d1d453351bcae8a118948165b57.jpg


Klaar die natuur bewonder en ons vat weer pad, rigting Kleinsonderhout, waar ook al dit is. [emoji848]

50cc637f91741a6d2721a1cad5bb727b.jpg


899b03c656255b55b2dac888211635fe.jpg


Ek sien daar is onenigheid oor of jy hom nou met 'n s of z spel.

En toe is daar nog 'n bord en ek besluit nou waai ek sommer Waaikraal toe.

7fac226217d27a141f6b9cd9d5f6e654.jpg


Eers weer stop om te sien hoe mooi dit is.

ae2be6e9066004ebd3fb1673c1363d8a.jpg


da9580f83d203c872334677cf32ad59c.jpg


Ewe skielik kruis ek die N12 en sien die klomp krag stasies in die verte.  Ek is nie lus om daai rigting in te slaan nie en stop vir 'n laaste foto.

d804050a231203770bb334507787ecaa.jpg


Ek draai om in my spoor en druk die rally knoppie in my verbeelding.  Die pad is mooi en die 690 se oor word gedraai.  Man die fiets loop lekker, moet net die suspension bietjie uitsort en laer foot pegs kry.

Terug in die stad en besluit om gou die enigste bergie uit te ry.

7cc8db8bffaa0bf68fc9f95c1ed5f68a.jpg


3b066021f5c367ce0ab8fbb633a8b676.jpg


d166d648fc899f51a6fe3ccb7fa6db58.jpg


dcbd1198102e5c34230507f7a53c1c12.jpg


852986dc41c5ede371460d461a126bad.jpg


Terug by die huis teen 08h40 met 'n skoon gemoed, en dis hoekom ons bike ry. [emoji1303]


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Top