Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)  (Read 12872 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,251
  • Thanked: 264 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #80 on: April 08, 2018, 06:20:26 am »
Ons maak klaar in Calitzdorp en vat weer die pad uit in die rigting wat ons gekom het.  Die keer swaai ons links van Rooiberg verby die Calitzdorp Spa.  Jare terug het ons daar oornag maar die plek is nie wat hy veronderstel is om te wees nie.

Toe was dit nog onder munisipale bestuur maar weet nie of dit nou nog so is nie. 

Nie lank nie en n stukkie mooi vang my oog en ek gooi ankers en draai om.  In die dorre area l daar sommer net so lappie groen gras waar daar duidelik kleinvee gevoer word.

Ons trek net so effens deur die oop hek om nie die eienaar hopelik te veel te ontstel nie. 



Ek bespreek met neef dat ons op n stadium moet terug kom en die grond eienaar kom opsoek.  Ek sal graag een aand hier wil kom tentjie opslaan.







Ons sien ook die ou lei vore en bespiegel wanneer laas dit in gebruik was.






Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: April 08, 2018, 06:26:44 am by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,251
  • Thanked: 264 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #81 on: April 08, 2018, 06:44:58 am »
Ons grondpad sluit aan by die ou beton pad en ons travel teen so 95km/h gemaklik.  Die middelste 150mm tussen die panele is met asphalt herstel wat nie heeltemal suksesvol is nie.  Dit laat lang stroke met n voor en ek kan net dink dat jy of jou gat af gaan skrik of jou klits kwyt val as jou voorwiel onbepland daarin kom.

Dis mooi wreld en te vinnig oor toe ons by die R62 aansluit.

Na n kort entjie draai ons regs rigting Volmoed en ry teer pad.  By die interseksie wat Mosselbaai toe gaan stop ons gou en draai daarvandaan weer rigting Oudtshoorn om op die beplande grondpad te kom.







Weer op die grondpad en ons ry te lekker op een van die less travelled paaie wat regtig ongelooflik mooi is.













Ons is albei teleurgesteld toe die pad eindig, maar skiet dadelik koers Herold toe om die dag af te sluit met die Outeniqua pas.





Ons besef ons trippie vir die dag is oor toe ons vir oulaas by die ou tolhuis stil hou.









En so kom n fantastiese dag, net so oor die 400km tot n einde, maar net tot volgende keer.




Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: April 08, 2018, 06:48:11 am by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,251
  • Thanked: 264 times
Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #82 on: April 08, 2018, 08:46:49 am »
CRF250L vs CRF250L Rally

Brandstof verbruik:

CRF250L - 24.799km/l
CRF250 Rally - 25.706km/l

Die verskil skryf ek toe aan die wind beskerming wat die Rally bied teenoor die L wat niks het nie.

Bestuurder se gewig maak n noemenswaardige verskil.  Ek is net so onder 100kg en neef is seker 10 - 15kg swaarder.  Ons het bikes geruil in Calitzdorp. 

Tot daar was die Rally ligter op brandstof maar dit het verander toe ek op die L was vir die laaste 153.7km.

153.7km is ook omtrent die totale veilige reik afstand op die L.  Die branstof liggie het begin flikker toe ons net voor George is.  Ons het nie die Rally se reik afstand getoets nie, maar ek skat dat jy maklik naby n ekstra 80km kan kry.

Die gemiddelde brandstof koste tussen die fietse was 54 sent/km.

Ons albei het die Rally bo die L verkies.  Die Rally voel vinniger (weer eens agv die wind beskerming IMO).

Die Rally voel meer soos n avontuur fiets agv die groter tenk en fairings.  Die sitplek hoogte maak ook n verskil.

Die suspensie is merkwaardig beter agv die addisionele travel.


Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: April 08, 2018, 08:47:26 am by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,251
  • Thanked: 264 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #83 on: April 08, 2018, 05:42:32 pm »
En so kom n vol naweek tot n einde met die kinders wat hulle beurt kry vandag.







Ons sal moet n plan maak met die plek want daar was heelwat mense vandag en die onderhoud laat ongelukkig veel te wense oor.  Vandag gedink om die in die komende week die eienaar te gaan sien en bietjie gesels.  Die belangstelling in die enigste baan in die omgewing van al die dealers is om die minste te s teleurstellend.







n Amper oepsie



En so kom nog n dag tot n lekker einde.






Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,253
  • Thanked: 94 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #84 on: April 09, 2018, 07:45:28 am »
Dankie vir die deel, Kobus. Ek hou baie van julle fietse

So gepraat oor Smitswinkel, daar is n Smitswinkel lite so entjie buite Calitzdorp ook wat, laas toe ek daar was, nie karre en dinge daar gehad het nie maar het nogsteeds lekker ontbyt geeet tussen die hoenders. Daar was selfs n kat wat saam met die hoenders mielies geeet het  :lol8:
Born to be Mild
 

Offline skydiver

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Limpopo
  • Posts: 1,647
  • Thanked: 34 times
  • Free as a bird
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #85 on: April 09, 2018, 12:32:10 pm »
Baie mooi fotos Kobus. Ek het nie besef jy ry 'n Africa Single ook nie?  :thumleft: :thumleft:


Dankie skydiver.  Die single(s) is deel van n projekkie maar ek sal julle later daarvan vertel.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dit klink interessant. Vertel meer asb.
Yamaha PW80, Honda MT5, Honda XR200, Kawazaki KDX200, Yamaha TTR250, Yamaha XT660R, BMW F800, BMW F650GS
 

Online BikerJan

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,727
  • Thanked: 170 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #86 on: April 09, 2018, 01:40:43 pm »
Ek is sommer groen van jaloesie Kobus, dit is darem die lekkerste paaie om te ry daar in jou omgewing!
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,251
  • Thanked: 264 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #87 on: April 10, 2018, 06:31:42 am »
Baie mooi fotos Kobus. Ek het nie besef jy ry 'n Africa Single ook nie?  :thumleft: :thumleft:


Dankie skydiver.  Die single(s) is deel van n projekkie maar ek sal julle later daarvan vertel.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dit klink interessant. Vertel meer asb.

Nog te vroeg om iets s, maar dit kom .........
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,251
  • Thanked: 264 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #88 on: April 10, 2018, 06:33:40 am »
Ek is sommer groen van jaloesie Kobus, dit is darem die lekkerste paaie om te ry daar in jou omgewing!

Feit Jan.   :thumleft:

Byt vas, ek is besig om iets te beplan.  Jy moet net n tydjie afknyp en kom as ons reg is.
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Online w@nted

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Husqvarna (all models)
    Location: Mpumalanga
  • Posts: 643
  • Thanked: 31 times
  • Ride to Work and Work to ride...
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #89 on: April 10, 2018, 08:43:49 am »
Baie mooi omgewing daardie! Julle is bevoorreg om daar te kan bly! Hoe lank bly jul al in George?
Bikes: Honda CB1, Yamaha XT660R, BMW F800GS, BMW R1200GS DOHC, BMW R1200GS LC Trophy edition, Husqvarna 701 Enduro
 

Online BikerJan

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,727
  • Thanked: 170 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #90 on: April 10, 2018, 10:25:42 am »
Ek is sommer groen van jaloesie Kobus, dit is darem die lekkerste paaie om te ry daar in jou omgewing!

Feit Jan.   :thumleft:

Byt vas, ek is besig om iets te beplan.  Jy moet net n tydjie afknyp en kom as ons reg is.

Laat my weet asb, as ek kan sal ek graag saamry!
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,251
  • Thanked: 264 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #91 on: April 10, 2018, 05:47:19 pm »
Baie mooi omgewing daardie! Julle is bevoorreg om daar te kan bly! Hoe lank bly jul al in George?

Ons was hier 1996/7 - 2000, toe weer 2003 - 2006/7 en nou weer vanaf Desember w@nted.
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Online m0lt3n

  • Ervare noob
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1190 Adventure
    Location: Northern Cape
  • Posts: 4,848
  • Thanked: 115 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #92 on: April 24, 2018, 02:41:32 pm »
lekker draad die.
ek volg, kom ook redelik gereeld in George so dit lekker om te sien wat ek al gery het en graag nog wil ry
Dooie visse gaan saam met die stroom...
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,251
  • Thanked: 264 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #93 on: April 29, 2018, 10:54:24 am »
Vroeg oggend word ek wakker en probeer in die donker sien of dit gisteraand geren het.

Ek weet daar is n man of twee wat vanoggend gaan ry maar my onfiks lyf en modder weet ek sommer is nie n wen resep nie.

Nietemin, die dag breek en dit lyk vir my die kans werd.  Ek maak gou seker waar ons ontmoet en gaan haal die fiets.

Ek is vroeg maar nie eerste nie.  Bestel gou n koffie terwyl ons vir die derde man wag.  Voor my koffie klaar is, is ons voltallig.

Net in die week het ek die laaste petrol pypies vervang op die Honda na hy vir n jaar gestaan het.  Ek weet ek moes eintlik die vergasser afgehaal het en skoon gemaak het, maar vat die kans dat ek hom sommer gaan skoon ry.

En so begin ek my malle mielie af skop.  Ons maak beurte en kort voor lank kry ek hom brand geskop.  Die laaste ding wat ons wou h aangesien die verkeers dames nog sit en koffie drink hier langs ons en ons moet nog n stukkie deur die dorp ry.

Nietemin trek ons weg, wetend dat as ons eers aan die gang is dit maar sal neuk vir hulle om ons te vang.

Ons kom deur Blanco en Don ry omtrent die hele dorp deur op sy agter wiel.  Hy sit hom egter vinnig neer toe ons weer verkeers manne in die pad sien staan.  Gelukkig vir ons is hulle besig met n ander man wat nonsens aan gejaag het!

Ons sleep verby en is kort daarna op die grondpad.

Dit het in die berg geren maar darem nie te ernstig nie.  Die grondpad vloei lekker en ek raak weer die 450 gewoond.

Daar word ankers aangeslaan hier voor my en ek moet hande vol brieke bymekaar maak om nie in die man voor my in te ry nie.

Rigting word verander en ons is berg op.  Dit raak vinnig meer tegnies en ook natter.

Voor ek my kon kry raak my talent op en ek koop vir my n stuk grond wat ek nie andersins kan bekostig nie.  Voel eers of alles nog heel is en tel die fiets op uit die bosse.

Nou start hy sommer maklik en ek kan nie help om te dink ek moes lankal geploeg het nie.  Ek moet egter 100m verder stop om gou die stuur reg te buig.  Don is terug om gou te help.

Ons is vinnig bo en ek verkyk my eers aan die uitsig.







Van waar ons staan kan n mens die einde van die pad sien en ons besluit om tot daar te ry.  Daar is n paadjie wat van daar berg afgaan en Donovan besluit om te gaan kyk of dit moontlik is.



Terug en daar word besluit dat dit moet gedoen word.

Die begin van die einde:



Ek ry in die middel en toe die paadjie regs swaai stop ek en wonder of die man nou ernstig is?

Die man is egter al aan die afgaan en ek toets eers om te sien dat al wat brieke is werk.

En toe word daar gesak teen die berg af daar wat n bobbejaan met n kierie sal sukkel.  Dis gly gly op die remme en teen die toere.



Ek sien ons laaste lid is ongemaklik teen die skuinste en sy fiets is op die grond.  As jy op die foto in zoom kan jy hom dalk sien.



Dit raak stil en ek hoor nie die KTM weer swaai nie.  Ek maak my fiets staan en begin die pad op stap.


Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: April 30, 2018, 06:29:38 am by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,251
  • Thanked: 264 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #94 on: April 29, 2018, 11:05:52 am »
Die pad op is wragtag nie maklik nie en ek blaas soos n kwaad pofadder.



Net voor ek bo is sien ek E kom baie ongemaklik af gestap.

My enkel is af, die goed is los hier binne.  Sal jy my bike vir my bring asb.



Nou ja, daar waar ons is moet jy maar op jou tande kners en af want daar kom niks jou haal nie.

E sukkel af en ek vat die KTM tot by my fiets vanwaar D hom verder vat.  Ek let weer op hoe mooi dit is, ten spyte van ons ongelukkie.









Gelukkig is dit nie die voet wat ratte wissel nie en ons kan terug ry.

En nou wag ons vir die nuus oor hoe erg die enkel seergekry het ...............


Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: April 29, 2018, 11:14:21 am by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Online ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,840
  • Thanked: 418 times
    • dustriders.co.za
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #95 on: April 29, 2018, 11:17:14 am »
Daai Don is die duiwel vanself op twee wiele. Kannie gery word nie bestaan nie in sy woordeskat :eek7: :deal:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,251
  • Thanked: 264 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #96 on: April 29, 2018, 03:05:58 pm »
Daai Don is die duiwel vanself op twee wiele. Kannie gery word nie bestaan nie in sy woordeskat :eek7: :deal:

Feite Chris!  Ek sal meer op my hoede moet wees volgende keer.


Ons riding buddy se fibula is toe af, so dis bietjie rus tyd vir n paar weke vir hom.


Met so mooi dag gaan ons toe sommer weer vir n draai ry, net op n ander weergawe van 2 wiele.







Lekker met die seuns wat nou op n ouderdom is dat mens soveel dinge kan saam doen as familie.




Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Bokveld

Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #97 on: April 29, 2018, 05:55:54 pm »
   Jis Kobus, lyk my n gewone dag het te min ure vir jou en jou span.Dis mooi om te sien! :thumleft:
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,253
  • Thanked: 94 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #98 on: May 02, 2018, 12:14:57 pm »
Persoonlik sou ek of motorfiets of baiesukkel ry in een dag, maar jy wys ons sommer hoe dit gedoen moet word en nog tyd vir die gesin ook te maak  :thumleft:
Born to be Mild
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,251
  • Thanked: 264 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #99 on: May 02, 2018, 06:36:43 pm »
Persoonlik sou ek of motorfiets of baiesukkel ry in een dag, maar jy wys ons sommer hoe dit gedoen moet word en nog tyd vir die gesin ook te maak  :thumleft:

Met twee laaities is daar maar min tyd vir stil sit.  Maar verkies dit so, hou n man aan die gang.


Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-