Vir die laaste 3 weke dreig ek al om ‘n middag af te vat en ‘n draai te loop ry. Ek geniet solo ritte van tyd tot tyd vir die eenvoudige rede dat jy ordentlik kan kop skoon maak en jy slegs verantwoordelik is vir jouself.
Die enigste probleem is dat niemand weet waar jy is nie, veral as jy soos ek geen roete beplanning doen nie.
Vanoggend is ek lekker bedrywig met die 1984 KX60 restorasie en geniet die transformasie wat so voor ‘n man afspeel. Alles loop egter nooit seepglad nie en toe ek eers die een boutjie weer moet sandblast en vir die tweede keer zinc plate raak ek bietjie frustreerd. Dit word egter gedoen en ek begin met die cdi. Die plug cap is met insulation tape toe gedraai en toe ek die af het vind ek nog masking tape onder dit.

Nou is ek sommer vies vir die vorige eienaar wat sulke tos aanjaag!
Net daar besluit ek om ander plan te maak om van die onnodige frustrasie ontslae te raak.
Ek kry my pret pakkie reg en saal die AT op vir ‘n kop skoonmaker.
Dis so net na 13h00 toe ek deur die dorp ry.
Ons is bevoorreg om sommer voor jy die dorp uit is al grondpad te kan slaan en ek swaai regs by die eerste bord wat sê Montequ pas.
Verby Lafarge se groef is daar so ou Mercedes SE wat heeltyd voor my ry. Geen idee wat die man maak of waarheen hy op pad is nie, maar jy kan sien day sy enigste doel op die stadium is om voor my te bly. Die man jaag omtrent en ek sit maar gedwee agter hom en wonder wat sy doelwit is.
Toe die pad nouer word en die draaie skerper gaan ek verby en waai vriendelik. My groet word nie beantwoord nie. Seker maar omdat daai kneukels spierwit om die stuurwiel vas sit.
Ek stop by die eerste koepel van die trein brug en beloer die graffiti. Die woorde van my Ouma herhaal in my gedagtes: “Gekke en dwase skryf op mure en glase.” Ek wonder watse gek of dwaas het hier sy stempel afgedruk? Jordan moet seker baie spesiaal wees.

Sent from my iPhone using Tapatalk