Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)  (Read 16940 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 30,387
  • Thanked: 591 times
    • dustriders.co.za
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #180 on: December 08, 2019, 10:55:43 am »
Lekke gym session, more gaan jy jou ouderdom voel!! ;) :lol8: :deal:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,728
  • Thanked: 357 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #181 on: January 24, 2020, 03:38:35 pm »
Na n frustrerende week is die kop weer skoon.

Meer fotos n bietjie later .......




Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,728
  • Thanked: 357 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #182 on: January 24, 2020, 05:21:21 pm »
Die laaste week het so bietjie meer as 160mm ren hier by ons geval.  Die meeste daarvan was sommer in die eerste paar dae en toe begin val daai geel perske ren wat net nie wil ophou nie. 

Gister was die eerste dag wat dit bietjie opgehou het en ek kon kans kry om darem die gras sny.

Vanoggend sit ek buite so 04h45 en ek het n glinster van hoop toe ek die blou lug so deur die donker sien kom.  Ek is n somer mens en my gemoed is sommer hoog as die son skyn.

Teen die tyd dat ek werk toe ry is daar ewe skielik weer onweer.  Gelukkig is dit net mis en hier teen 09h00 begin die blou lug weer kop uitsteek.

Ek jaag om nog n paar goed gedoen te kry en teen  net voor 11 maak ek die bike se tenk vol.

Ouder gewoonte weet ek nie regtig waarheen ek op pad is nie, ek weet net ek MOET nou ry.


Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,728
  • Thanked: 357 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #183 on: January 24, 2020, 05:36:19 pm »
Gewoonlik kies ek koers Klein Karoo, oor Montagu pas, maar besluit om vandag Geelhoutboom se rigting te gaan.

Na die ren is die plaas damme almal vol en die riviere loop nog sterk.  Die damme wat nie vol is nie, is natuurlik die boere se eie skuld.  Soos die ou regering, het hulle die goed eenvoudig net te groot gebou.

Ek stop by n plaas wat opvallend netjies is, tot in die pad reserwe. 



Dit is natuurlik die perde stoet plaas van Hasso en Sabine Plattner, eienaars van Fancourt.

Baie jare terug het ek baie werk op daai plaas gedoen en n pyp lyn van uit die berg tot in n nuwe reservoir gel.  Ek kan n boek skryf oor dit, maar sal dit nie nou doen nie.  Wonder wat het van Jan Mantel, die plaas bestuurder geword?


Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline GravelFox

Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #184 on: January 24, 2020, 05:39:41 pm »
Na n frustrerende week is die kop weer skoon.

Meer fotos n bietjie later .......




Sent from my iPhone using Tapatalk
Lekker oppad Eiland toe. Haat daai bruggie met die Amarok.


Sent from my iPhone using Tapatalk
GravelFox
ex, MT50, XT250, XT550, KLR600, Africa Twin, XRE500, GS1200, DRZ400, CRF250L,
Now: XTZ660, 1200 GSA LC
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,728
  • Thanked: 357 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #185 on: January 24, 2020, 05:42:53 pm »
Ek stop kort kort om net die mooi vir so lank as moontlik in te neem.



Wanneer n mens alleen ry moet n ou maar probeer plan maak om bike en ryer saam in n foto te kry.



Ek verken nog so bietjie rondom die berge voor ek koers kies kus toe.  Daar is n paar plekke wat ek so in die ry besluit om te gaan sien.




Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,728
  • Thanked: 357 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #186 on: January 24, 2020, 05:44:25 pm »
Na n frustrerende week is die kop weer skoon.

Meer fotos n bietjie later .......




Sent from my iPhone using Tapatalk
Lekker oppad Eiland toe. Haat daai bruggie met die Amarok.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Dit is nogal intimiderend met n Amarok.


Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,728
  • Thanked: 357 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #187 on: January 24, 2020, 05:50:56 pm »
Ek besoek al die plekke wat ek lanklaas by was, van hulle selfs jare.









Ek breek weer weg van die kus om nog grondpaaie op te soek.








Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,728
  • Thanked: 357 times
Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #188 on: January 24, 2020, 05:54:36 pm »
Na n goeie dosis grondpaaie maak ek my laaste draai by die volgende stukkie kus lyn.







En nou voel ek weer mens, reg vir die naweek en familie tyd.


Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: January 24, 2020, 05:55:03 pm by Kobus Myburgh »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Clockwork Orange

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: United Kingdom
  • Posts: 2,453
  • Thanked: 53 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #189 on: January 24, 2020, 06:24:23 pm »
Man that looks like fun Lekker Kobus :thumleft:
When in doubt...grab throttle!!!
 
The following users thanked this post: Kobus Myburgh

Offline GravelFox

Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #190 on: January 24, 2020, 06:26:54 pm »
Lyk baie lekker en mooi fotos. Die Suid Kaap is darem net lekker bike wreld. Op teer en grond!


Sent from my iPhone using Tapatalk
GravelFox
ex, MT50, XT250, XT550, KLR600, Africa Twin, XRE500, GS1200, DRZ400, CRF250L,
Now: XTZ660, 1200 GSA LC
 
The following users thanked this post: Kobus Myburgh

Offline Naz

Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #191 on: January 28, 2020, 02:15:16 pm »
Nice report en fotos Kobus
"Life is either a daring adventure or nothing!"
 
The following users thanked this post: Kobus Myburgh

Online Black_Hawk

  • BackroadRiderZA
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,389
  • Thanked: 227 times
  • Follow our blog: https://mytownsatoz.wordpress.com
    • My Towns A to Z
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #192 on: January 28, 2020, 02:24:03 pm »
Lyk dit nou nie lekker nie, baie dankie vir die deel en vir die mooi foto's :thumleft:
Follow our blog: https://mytownsatoz.wordpress.com

2010 F650GS (Sold), 2009 BMW F800GS, 2002 BMW F650GS (Sold), 1982 Honda XR 200R, 1984 Honda XL 600R
 
The following users thanked this post: Kobus Myburgh

Offline skydiver

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Limpopo
  • Posts: 1,799
  • Thanked: 51 times
  • Free as a bird
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #193 on: January 29, 2020, 07:59:09 am »
Ons is oor 'n week in jou wereld om bietjie vakansie te hou.
Ek wens ek kon my bike saam vat.
Sal dit vreelik geniet om daar rond te ry.
Yamaha PW80, Honda MT5, Honda XR200, Kawazaki KDX200, Yamaha TTR250, Yamaha XT660R, BMW F800, BMW F650GS, Yamaha XT660Z
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,728
  • Thanked: 357 times
Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #194 on: May 03, 2020, 11:29:37 am »
Fase 5 raak fase 4 eergister en al wat leef en beef is ewe skielik atlete.  My vroutjie is een van hulle en toe sy terug kom van die stappie af hoor ek net hoe besig dit is.  Ek brand om uit te kom en besluit ek sal maar die volgende oggend die strate invaar.

Hier by ons is sonsopkoms tans net na 7 uur.  Dis n hele uur na die begin tyd wat ons regering ons toelaat met die nuwe klok rel.

Ek brand om op 2 wiele te kom en so 05h50 val ek In die pad.  Dis nou wel nie n motorfiets nie, maar die bergfiets moet maar vir nou doen.

So is ek maar In die donker die natuurl in om die skares te vermy.





Selfs daai tyd van die oggend is ek nie alleen nie en die storie van binne 5km van jou bly plek oefen word obviously sommer ignoreer.  Heel paar voertuie staan geparkeer soos die manne dam toe ry om in die natuur te kom.  Dit pla my min, ek glo dis hoog tyd dat mense die simpel besluite begin in twyfel trek.

In elk geval, n lekker 18km later is ek terug by die huis met herinneringe van ons mooie natuur.

En natuurlik maak dit my opnuut weer lus vir bike ry.  Ek besluit net daar, come hell or high water, mre oggend gaan ek bike ry.



















Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: May 03, 2020, 11:30:22 am by Kobus Myburgh »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,728
  • Thanked: 357 times
Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #195 on: May 03, 2020, 11:50:08 am »
So word daar dan gister met neef gereel dat ons mekaar 05h30 by die workshop kry.  Eers word ek herinner dat dit gaan ren, waarop ek net reageer En?

Ek is so 04h00 wakker en sit oudergewoonte op die stoep met n koppie koffie.  Dit ren nog nie en ek is sommer vol hoop.  Toe die tyd kom spring ek in die bakkie en ry workshop toe.  Die laaste 1.5km ry ek in die ren.  Ons besluit dat dit ons nie gaan keer nie en spring in ons kit, start die bikes en n paar minute later maak ons bikes vol.  Klaar sopnat maar opgewonde.

Ek sukkel om voor my te sien agv n kombinasie van die verskoning vir n voor lig op die ER en n helmet wat opwasem.  Ons byt maar vas en stoot aan.  Ons verander ons roete na n paar kilos in die hoop om minder ren te kry.

Die nommerplaat op die 250L kom los en ons stop eers om die af te haal.  Ek los hom sommer daar onder n bos dat ons hom later kan gaan optel.

Neef is nou voor en l plat rigting Groot Brak Rivier.  Ek jaag om hom te vang om hom gou die dam te gaan wys, hy was nog nie daar nie.

Die hek is egter gesluit maar daar is so skelm paadjie wat jou af vat tot by een van die opmetings bakens.  Die mis ren is amper nou niks en ons daal af in die twee spoor paadjie tot waar ons nie meer kan nie.

Die Wolwedans dam se vlak lyk ook nie te sleg nie.









Ons help mekaar om die bikes om te draai en moet bietjie werk om die nat paadjie bult uit op te kom.






Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: May 03, 2020, 11:51:18 am by Kobus Myburgh »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,728
  • Thanked: 357 times
Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #196 on: May 03, 2020, 12:03:56 pm »
In Groot Brak oorval die lus vir koffie ons en ons stop gou by die garage.  Nie lank nie en ons val weer in die pad, behoorlik nat tot op die been teen die tyd.

Ons klim Grootbrak hoogte uit en ry tussen Botlierskop se grens drade vir n hele ent.  Onder by die garage het ons bikes geruil en ek is op die 250L.  Daar is n klap geluid wat ek nie van hou nie en kan net nie agterkom waar dit vandaan kom nie.  Vir n oomblik dink ek dit is seker maar die toolkit wat so skud.  Dit raak egter erger en so in die ry voel ek aan die exhaust.  Aah, die silencer is die culprit!

Daar word ondersoek ingestel en gevind dat die moer verloor het.  Dis nou net die los bout wat hom in plek hou.  Eish!  Ek stap teen die draad af en kry n stuk los draad, maar dis dik staal draad wat moeilik buig.

Ons krap krap onder die ER se seat op soek na n tang en kry een in sy toolkit.  Met die sien ons egter dat die se seat strap vasgehou word met n 8mm moer.  Nou ja, toe red die ou bike ons sommer binne n oogwink.

Ek het al op slegter plekke moeilikheid gehad.






Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,728
  • Thanked: 357 times
Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #197 on: May 03, 2020, 12:13:52 pm »
Dit begin weer lekker ren en ons besluit om ons laaste draai te ry.  Die pad raak snot glad en die 250L hanteer dit nie te goed nie.  Ek kom eers later agter dat ek die voor wiel n paar dae vroer hard gepomp het vir pad gebruik.

Ek dink nie ek het al so baie amper geval soos in daai laaste stukkie pad nie, maar natuurlik was die dice aan.

Ons stop eers toe ons naby die teerpad kom waar ons goed vir mekaar se amper neerslet oomblikke lag.











Daar vandaan is ons reguit terug workshop toe, alles wat nat is opgehang en eers koffie gedrink voor ons terug is na ons onderskeie selle.  My kop is nou weer skoon en die week kan maar sy uitdagings bring. 

Lockdown se gat - veilig in n valhelm!


Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: May 03, 2020, 12:14:24 pm by Kobus Myburgh »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 30,387
  • Thanked: 591 times
    • dustriders.co.za
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #198 on: May 03, 2020, 01:17:16 pm »
Ai daai ou ER het dit seker geniet om n slag die jongers te wys wat hy kan doen!! :thumleft: :drif:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,728
  • Thanked: 357 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #199 on: May 04, 2020, 05:40:21 am »
Ai daai ou ER het dit seker geniet om n slag die jongers te wys wat hy kan doen!! :thumleft: :drif:
Jinne Chris hy het my beslis verbaas.  Dit het my verskriklik maak verlang na my PE250.  Die PE was net baie wilder as die ER.

Die krag lewering van die ER is verbasend egalig.  Geen resies perd nie en 100km/h maksimum, maar hy sukkel nie te veel om daar uit te kom nie. 

Alhoewel die meeste skrywe wat ek kon kry hom geag het as n road tourer, is sy grondpad vermo glad nie sleg nie.  Mens kry n betroubare gevoel met die fiets omdat dit voel asof die motor nie te hard werk nie.

Nou om hom weer mooi te kry.


Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-