Dorsland se stukkie ry van gister maak my opnuut lus vir pad vat. Daar is iets omtrent die inperking wat my herinner aan skelm rook. Alles wat jy so half onwettig doen het mos daai bietjie meer oowinding aan.
So is ek vanoggend vroeg uit die vere, gaan haal die motorfiets en skiet die donker in. Dis net na 06h00 en daar is die vroeg opstaners wat al die strate ingevaar het vir hulle oggend oefening.
Ek vermy die hoofstrate en ry deur Heatherpark vir die kort entjie op die N9 om op die Montagu pas te kom.
Die ligte berg wind in die pas sorg vir ‘n warm 23 grade Celsius. Soos die dag breek gaan ek verby twee manne op berg fietse.
Bo op die pas stop ek eers om terug te kyk na my tuisdorp.


Sent from my iPhone using Tapatalk