Kobus Myburgh
Grey Hound
Raak vanoggend wakker teen die normale 04h30 en rol rond in die bed, iets wat ek mos nie kan doen om weer aan die slaap te raak nie.
Stel die kontras op die foon en vang gou op wat die nag uile te sê gehad het oor wat nou al die berugte Hondatjie is.
Het in die week al probeer reël met 'n pel om vroeg oggend 'n vinnige draai te gaan ry maar die het laat gisteraand 'n sport pas kansellasie gehad.
En net daar besluit ek om te gaan ry.
Groet vir Mamma, kit op en laat brul die FMF net om vir buurman te laat weet ek ry nou.
Stop vir petrol en slaan 'n dampie terwyl ek wonder watter rigting om in te slaan.
Deesdae beplan ek niks, so word jy nooit teleurgestel nie. Ek het net een doel voor oë: Kom so vinnig moontlik van die teerpad af en sonsopkoms moet jy êrens op 'n grondpad staan waar jy nie stad kan sien nie.
Die strate is lekker stil en ek verbeel my hoe dit moet wees om 'n 690 SM te ry. Ek kom egter agter ek is hopeloos en knobblies is nie lekker vinnig deur 'n draai nie.
Ry daar verby Mooikloof en wonder wat die mense doen in daai moerse huise. Ek sal nie omgee vir die erf nie maar my vrou skei my summier as sy so groot huis moet onderhou.
Nie lank nie en ek kry sommer 'n grondpad wat lyk of dit êrens kan lei.
Stop eers om foto te neem maar ek is bietjie vroeg vir die son.
Al aan en maak seker ek volg enige grondpad wat ek teekom - lekker!
Vat nie lank nie en ek is uit enige iets wat soos stad lyk. Mense maar die 690 se ligte is tos, sal moet plan maak.
En toe begin die son kop uit steek, en terwyl ek stop hardloop 'n duiker 'n ent voor my uit die veld, oor die pad en raak weg. Ek voel hoe my hart weer lewe kry en weet vanoggend was dit die regte besluit om 'n draai te gaan ry.
Klaar die natuur bewonder en ons vat weer pad, rigting Kleinsonderhout, waar ook al dit is. [emoji848]
Ek sien daar is onenigheid oor of jy hom nou met 'n s of z spel.
En toe is daar nog 'n bord en ek besluit nou waai ek sommer Waaikraal toe.
Eers weer stop om te sien hoe mooi dit is.
Ewe skielik kruis ek die N12 en sien die klomp krag stasies in die verte. Ek is nie lus om daai rigting in te slaan nie en stop vir 'n laaste foto.
Ek draai om in my spoor en druk die rally knoppie in my verbeelding. Die pad is mooi en die 690 se oor word gedraai. Man die fiets loop lekker, moet net die suspension bietjie uitsort en laer foot pegs kry.
Terug in die stad en besluit om gou die enigste bergie uit te ry.
Terug by die huis teen 08h40 met 'n skoon gemoed, en dis hoekom ons bike ry. [emoji1303]
Sent from my iPhone using Tapatalk