Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende  (Read 4219 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 759
  • Thanked: 7 times
'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« on: May 09, 2017, 01:15:49 pm »
Voorwoord:
Sedert ons laas 'n lekker motorfies toer in Desember 2015 gery het, het ons en ons goeie vriende, Willem en Suzette, se lewe snaakse draaie gemaak. Ons het albei laasjaar se einde besluit om ter voorbereiding tot ons aftrede vir ons gemakliker motorfietse te koop. Ons het elkeen 'n BMW K1600GTL aangeskaf asook vir ons elkeen 'n Sprinter bussie wat omgebou is tot 'n ryhuis, sodat ons kan begin voorberei vir ons beplande rond ryery as ons aftree. Ons het intussen al 'n paar keer na ons plekke in Swakop met die BMW's gery en ook onlangs ons eerste lang naweek toer met die huis bussies gedoen om te sien wat kom te kort en waar ons kan verbeter.
Intussen het altwee ons getroue Tenere's in die motorhuise gestaan soos Lasarus van ouds, in doeke toe gedraai en gekoppel aan CTEK lewens ondersteuning. Ons het omtrnet nooit met die Tenere's gery nie behalwe vir ontbyt nou en dan hier rondom Windhoek.
Suzette se pa is net voor ons bussie toer skielik oorlede en net nadat ons terug is na die toer het my ma skielik agteuit gagaan en is sy ook dieselfde week oorlede. Na die emesionele tydjie moes ons net 'n breek neem.
 Die eerste week in Mei het twee vakansie dae en ons het een aand oor 'n braai besluit miskien moet ons die week gebruik om bietjie rond te ry. Die beplanning was basies om plekke te besoek waar wat al lank op ons emmer lysie was. Omdat ons al baie by Seeheim hotel very gery het en nog nooit die moeite gedoen het om daar in te ry nie en omdat die hotel onlangs op WEG Agterpaaie was, het ons besluit om die eerste aand daar oor te bly. Daarvandaan na Oranjemund, omdat Salome nog nooit daar was nie, dan oor Port Nolleth, McDougals na Kleinsee met die grondpad, 'n plek wat ek ook nog nooit gesien het nie.
Van daar oor die Spektakel pas na Springbok, en met die N7 tot in Van Rhynsdorp en dan na Niewoudsville, waar daar 'n motorfiers museum is wat ek op Henry Cole se program "Worlds Greatest Motorcycle Rides" gesien het. Oor die Van Rhynspas na Calvinia waar ons sal draai oor Loeriesfontein, dan terug na Standfontein en Doringbaai, wat ons seker 30 jaar gelede gesien het.
Omdat gedeeltes van die roete grondpad is moet ons die Tener's gebruik en ek moet bieg ons almal sien nogal uit om weer grondpad te ry aangesien ons al effens ontrekking simtome het nadat die fietse so lank staan. Ons kon nie wag om te ry nie en soos Dana Snyman se om hierdie plekke en paaie aan ons lyf te voel nie.
Foto 1.  My BMW, 'n regte ou oom fiets, maar ai sy ry so lekker gemaklik.
Foto 2. My Sprinter bussie tydens ons bussie toer om te sien waar ons kan verbeter.
Foto 3. Vroeg Saterdag oggend en ons is reg om te vetrek, kan nie wag nie.
Foto 4. Ons stop weer by die Steenbok skeerkring net soos in Desember 2015.
Foto 5. Willem en Suzette.
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Matewis

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,143
  • Thanked: 82 times
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #1 on: May 09, 2017, 01:24:21 pm »
Sub
“Don’t go where the path my lead…  Go instead where there is no path and leave a trail…” ~ Ralph Waldo Emerson
https://kettingsaag.wordpress.com/
https://witvosblog.wordpress.com/
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 759
  • Thanked: 7 times
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #2 on: May 09, 2017, 02:48:12 pm »
Dag een:
Na 'n vinnge stop by die Steenbok Skeerkring ry ons tot op Mariental waar ons ontbyt eet by die Wimpy en sommer die fietse se dors ook les.  Die opgewondenheid is groot en ons kan nie wag om verder te ry nie. Tussen Mariental en Keetmanshoop kry ons 'n paar Harley manne wat oppad is na die Skeleton Coast Rally in Swakop, ons kry ook 'n alleen ryer op 'n BMW 650 van voor af. DIe wind waai verwoedelik tot in Keetmanshoop. Daar maak ons gou weer vol, drinks iets koud en vat die laaste paar kilo's Seeheim toe in 'n erge windstorm.
In Seeheim vertel die eienaar ons daar was die vorige dag 28 Harley's wat daar oornag het. Ons sit nog so en kuier toe kom daar nog 'n ryer aan met 'n KLR, hy is van Kaapstad, maar was in Luderits en oppad Keetmanshoop toe en moes noodgewonne hier stop omdat sy petrol te min was met die erge wind.
Ons kuier lekker by die hotel met lang en yskoue biere. Die eienaar het 'n klein meubel fabriek op die perseel en al die meubels is deur homself gemaak, alles van Dolfhout (Kiaat) uit die Caprivi. Die aand eet ons lekker gemsbok filette met slaai.
Foto 1: Seeheim Hotel.
Foto 2: Daar is 'n Rock Consert ook.
Foto 3: Met 'n shuttle na die konsert.
Foto 4: Kry 'n kroegvlieg daar.
Foto 5: Asook familie wat baie opgewonde is om my te sien
Foto 6:  En die steaks gaan baie vars wees vannaand.
Foto 7: Seehiem Hotel
Foto 8: Ons Tenere's in goeie geselskap.
Foto 9: Gemsbok fillets en slaai
Foto 10: So sluit ons die eerste dag af.
Life is great LIVE IT!!
 

Offline 0012

  • Double-oh-Tkwarf
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Rest of Africa
  • Posts: 2,976
  • Thanked: 126 times
  • Race the rain. Ride the wind. Chase the sunset.
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #3 on: May 09, 2017, 04:30:53 pm »
SUB

 :sip:
->    TransAlp 650 - sold
:(    Yamaha XT1200Z - written off - R.I.P.
 

Offline Lem

Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #4 on: May 09, 2017, 04:42:03 pm »
dis so lekker om weer iets van jou te lees, Man From Nam...

ek onthou met daai Desember 2015 trip van julle...dis die meeste fotos van steaks wat ek al ooit gesien het  :imaposer: ...en ek sien hierdie een begin op dieselfde trant. Duidelik is daar niks ongesonds aan rooivleis nie  :thumleft:

gooi nog!
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline 4 Kays

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XRV 750 Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,361
  • Thanked: 12 times
  • Live your life - you only have one to live !!
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #5 on: May 09, 2017, 04:57:14 pm »
 :sip: in spanning. Pragtige wereld daai  :thumleft:
 

Offline George77

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,028
  • Thanked: 2 times
  • Bikeless
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #6 on: May 09, 2017, 08:09:47 pm »
Ai, ek verlang daai wereld. Sal my linker 🎾 gee om daar te kon woon.
 

Offline woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 10,603
  • Thanked: 257 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #7 on: May 09, 2017, 08:18:39 pm »
Lekker ek ry saam. :ricky:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline NoRush

Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #8 on: May 09, 2017, 08:20:20 pm »
 :sip:
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 32,157
  • Thanked: 838 times
    • dustriders.co.za
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #9 on: May 10, 2017, 09:11:50 am »
Gooi nog MFN :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 759
  • Thanked: 7 times
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #10 on: May 10, 2017, 10:19:47 am »
Dag Twee:
Ons besluit om ontbyt te los by Seeheim en liewer by Aus by die Bahnhof Hotel ontbyt te eet. Ons vertrek net so na sewe die oggend in 'n verwoedelike wind. Gelukkig waai die wind minder soos ons Aus nader en toe ons by Au kom is dit 'n lekker sonskyn oggend. Ons les gou die fietse se dors terwyl die dames solank vir ons ontbyt en koffie bestel by die hotel.  Terwyl ons op die stoep ontbyt geniet kom nog drie  motorfietse daar verby skynbaar oppad Luderitz toe.
Ons vat die pad Rosh Pinah toe en watter lekker pad is dit nie, lekker oop pad met min verkeer en lekker lang draaie waar mens 'n motorfiete se oor op kan draai. Ek sal graag eendag die pad met my BMW wil ry, ek dink hy sal kan harloop wat die fiets ook al kan doen. Gou is ons in Rosh Pinah en moet weer die fietse volmaak aangesien hulle maar swaar is op brandstof as mens vinnig ry. Toe vat ons die pad tot by die hek, die permitte word gekontoleer en ons kry ons toegang kaartjies vir Oranjemund. Die pad tussen Rosh Pinah en Oranjemund is amper klaar geteer, dit is net die eerste twintig kilometer wat steeds grond is, maar dit is 'n lekker gladde gruispad wat al langs die Oranje rivier kronkel. Die teerpad tot by die hek in Oranjemund is heerlik  met die mooiste landskap denkbaar,
Ons stop so af en toe om foto's te neem en is gou in Oranjemund. Daar bly  ons by Suzette se suster wat ons omtrend bederf. Die aand is daar 'n groot braai en ons kuier tot laat.
More het ons 'n kort entjie tot in Port Nolleth, McDougalls en dan die slegte grontpad tot by Kleinsee.
Foto 1: Ons laai die fietse by Seeheim
Foto 2: Bahnhof Hotel Aus
Foto 3: Bahnhof Hotel
Foto 4: Oppad tussen Aus en Rosh Pinah
Foto 5: Tussen Aus en Rosh Pinah
Foto 6:  Rosh Pinah
Foto 7:  Lang die Ornaje rivier
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 759
  • Thanked: 7 times
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #11 on: May 10, 2017, 10:29:14 am »
Nog 'n paar foto's van die pad tussen  Rosh Pinah en Oranjemund
Foto 1: Hier is  die landskap so mooi
Foto 2: Nog van die pad na Oranjemund
Foto 3 : Nog mooi landkappe
Foto 4: Ons twee yster perde, man ek is mal oor die fiets
Foto 5: Richtersveld oorkant die rivier
Foto 6: Oranjerivier mond
Foto 7: Alexanderbaai oorkant die Oranje
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 759
  • Thanked: 7 times
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #12 on: May 10, 2017, 12:37:49 pm »
Dag Drie:
Na 'n heerlike kuier en braai het ons so lekker geslaap, mens slaap maar net lekkerder by die see meot die koel see briessie. Na ontbyt is ons eers Spar toe om vleis te koop vir die volgende aand se braai in Kleinsee aangesien dit 'n vakansiedag is en ons nie seker is oor die winkel in Kleinsee nie. Ons vertrek eers na tien uur die oggend nadat ons die vleis en ander vars produkte diep weggesteek het vir die grnespos. Dit het die vorige aand bietjie gereen en alles is sopnat die oggend, gelukkig is die stukkie grondpad tot by die kontrolepunt redelik droog toe ons daar deur is, want die vorige dag was dit maar 'n gliberigge storie gewees.
By die Namibiese grenspos is die polisie baie vriendelik en gesels lekker sonder om ons deur te soek. By die Alexanderbaai grenspos soek hulle gelukkig ook nie die fietse deur nie, maar ons word elkeen persoonlik deur gesoek in 'n klein kamertjie. Ons lyk seker of ons klippies erens op ons persoon versteek het.
Die pad na Port Nolleth is mistig en koud. Ons stop daar om iets warm te drink voor ons so draai in McDougalls ry en dan aan tot by die afdraai Kleinsee toe. Daar word die bande eers afgeblaas vir die grondpad. Die eerste gedeelte van die pad is nie te sleg nie, net baie sinkplaat getrap. Toe begin daar so paar kilometer rooi sand, wat natuurlik sorg vir baie pret. Die sand gedeeltes gaan maar stadig , maar die res van die pad is net baie sinkplaat tot in Kleinsee.
In Kleinsee kry ons gou die huis waar ons bly en pak af. Daarna ry ons so bietjie deur die dorp, besoek die hengelklub, bykbaar die amptelike drinkplek in Kleinsee. Meeste van die besighede is toe as gevolg van die vakansiedag.
Ek het ook gesien my agterband lyk nie meer te vars nie en ek twyfel of ek die hele toer daarmee sal kan klaarmaak. Ek skakel my swaer in Kaapstad en vra om vir my die volgende dag 'n band te koop en te kourrier Calvinia toe.
Die aand braai ons heerlik en slaap weer heerik in die lekker see lug.
Foto1 : Namibiese grenspos, hier gesels die polisie vriendelik met ons
Foto 2:  Die brug oor die Oranje rivier na Alexanderbaai grenspos
Foto 3: Alexanderbaai grenspos
Foto 4: Oppad na Port Nolleth
Foto 5: Port Nolleth
Foto 6:  Museum
Foto 7:  Ons gaan gou iets warm drink
Foto 8: Mcdougalls Baai
Foto 9: Blaas bande af vir die stofpad
Foto 10: Kleinsee
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 759
  • Thanked: 7 times
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #13 on: May 10, 2017, 12:48:17 pm »
Nog 'n paar foto's van Kleinsee
Foto1:  Kleinsee
Foto 2: Kleinsee Hengelklub
Foto 3: Crazy Crayfish Restaurant was ongelukkig toe
Foto 4: Intersante Kreef voorstelling van ou tuin gereedskap
Foto 5: Hier wou die vrouens nie staan vir 'n foto nie
Foto 6: Lekker kuier by die braai
Foto 7: Nou nie die grootste T Bone nie , maar al wat beskikbaar was in Oranjemund
Foto 8: So gaan die son onder na nog 'n genotvolle dag
Foto 9: More ry ons verder
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 759
  • Thanked: 7 times
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #14 on: May 11, 2017, 10:32:36 am »
Na ontbyt die volgende oggend pak ons weer die getroue stof donkies. Ons gaan vandag deur ry tot in Calvinia en om tyd te spaar gaan ons sommer met die N7 ry tot in Van Rhynsdorp.  Soos ek vrooer genoem het is die besoek aan Calvinia en omgewing geeinspireer deur Henry Cole toe hy sy program "Worlds Greatest Motorcycle Rides"  in Suid Afrika gedoen het. Daar  is 'n paar plekke wat ek neer gesryf het wat ek ook wil besoek en 'n paar paadjies wat ek ook wil ry.
Ons 'n gedeelte grondpad tot by die Spektakel  Pas, die pad gaan verby die gewilde Houthoop gasteplaas en as ek dit geweet het sou ons sommer gisteraand daar geslaap het, maar nou ja volgende keer. Die grondpad is verbasend mooi en kry self 'n padskraper naby die einde wat besig is om die pad te skraap.  'n Vinnige stop om weer bande te pomp toe ons die teer bereik, daarna teen Spektakel pas op tot in Springbok waar ons weer volmaak. Toe die vervelige N7 en knersvlakte tot in Van Rhynsdorp.  Daar maak ons weer vol vir die laaste gedeelte tot in Calvinia. Ons ry verby die gewilde Bagdad padstal, maar omdat ons hierdie selfde pad weer ry besluit ons om dan hier te stop. Die Van Rhyns pas is seker een van die mooiste passe in SA en een van die lekkerste passe wat ek al gery het. Die omgewing hier is net baie droog en mens sien dit aan die veld dat hulle nog baie reen kort.
Ons draai in by Niewoudsville om die motorfiets museum by Protea Motors te besoek. Ek het dit ook op Henry Cole se program gesien en dit is vir baie lank op my emmer lysie.  Die van julle wat al daar was sal seker saamstem dat dit nie eintlik 'n museum is nie, meer van 'n motorfiets vesameling en die manier hoe dit motorfietse gestoor word maak dit moeiik om alles te kan sien. Die goed is ingepak soos sardientjies en mens kan beswaarik daar rond beweeg, verder is hulle toe onder die stof. Hoe dit ook al sy , dit was die moeite werd om dit te kon besoek en so groot hoeveelheid ou en unieke motorfietse saam te sien. Ek sou self nie omgegee het om sommige van die motorfietse te besit nie.
Na 'n lang dag kom ons eindelik in Calvinia aan, ons het bespreek by Katryn's B&B en wat 'n verassing wat dit nie. DIe plek is soo smaakvol  in gerig en mens word soos ou familie ontvang. Ons laai gou af en gaan koop vleis by Calvinia slaghuis. Omdat hierdie skaap wereld is gaan dit vannaand saaltjie tjops en skaap rib wees. Die gastehuis voorsien  selfs vir ons hout en vuur aanstekers vir die braai. Ons besluit omdat hierdie so lekker plek is en omdat ek eers more my agterband wat ek laat stuur het van Kaapstad ons die volgede dag 'n rusdag sal neem en op ons tyd die dorp en omgewing sal verken.
Foto 1: Pak die fietse in Kleinsee
Foto 2: Gruispad oppad Springbok toe
Foto 3: Kry self 'n padskraper op die pad
Foto 4 : Pomp weer bande voor ons die teerpad vat
Foto 5: Spektakel pas
Foto 6: Spettakel pas
Foto 7: Bo op Spektakel pas vir vinnige foto
Foto 8: Van Rhyns dorp
Foto 9:  Van Rhyns pas
Foto 10:  Motorfiets museum by Potea Motors in Nieuwoudsville
Life is great LIVE IT!!
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 32,157
  • Thanked: 838 times
    • dustriders.co.za
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #15 on: May 11, 2017, 10:42:44 am »
Elke keer as ek n stuk van jou RR klaar gelees het is ek honger, wonder hoekom? ;)
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 759
  • Thanked: 7 times
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #16 on: May 11, 2017, 10:45:47 am »
Nog 'n paar foto's van die motorfiets museum.
Foto 1 tot 6: Motorfietse, sommige baie waardevol en skaars in die oom se versameling
Foto 7 tot 9: Ons gaan nou braai
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 759
  • Thanked: 7 times
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #17 on: May 11, 2017, 11:01:01 am »
Ja  ChrisL, ons Suidwesters hou maar van ons braai en rooivleis :)
Life is great LIVE IT!!
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 32,157
  • Thanked: 838 times
    • dustriders.co.za
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #18 on: May 11, 2017, 11:05:21 am »
Ja  ChrisL, ons Suidwesters hou maar van ons braai en rooivleis :)
Dus banting julle al lankal voor Tim daaroor begin preek het ;) :P
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 759
  • Thanked: 7 times
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #19 on: May 11, 2017, 11:21:23 am »
Dis waar, die Banting ding maak ons net nie maerder nie, maar ons geniet die vet vleis met room en egte botter. Ons glo solank dit net free range is moet dit gesond wees :lol8:
Life is great LIVE IT!!