Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende  (Read 4220 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,219
  • Thanked: 695 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #20 on: May 11, 2017, 02:00:07 pm »
Lekker RR soos altyd. Eendag is eendag dan gaan ons mekaar nog Írens raakry, waaragtig. As ek groot is en ek werk vir myself dan gaan ek ook so rondry en steaks eet.  :lol8:
'Tis the timeís plague, when madmen lead the blind.

King Lear
 

Online ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 32,157
  • Thanked: 838 times
    • dustriders.co.za
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #21 on: May 11, 2017, 02:10:54 pm »
Lekker RR soos altyd. Eendag is eendag dan gaan ons mekaar nog Írens raakry, waaragtig. As ek groot is en ek werk vir myself dan gaan ek ook so rondry en steaks eet.  :lol8:
Hoe lank beplan jy om nog te lewe om dit reg te kry?
Daai klomp langore rule jou lewe Dorsland :deal:
Is nogal jammer dat mens se passie soms jou ander passies strem.
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,219
  • Thanked: 695 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #22 on: May 11, 2017, 02:15:06 pm »
Dis 'n groot waarheid wat jy nou daar skryf Chris.  En sonder om MFN se fred to skaak is dit hoekom dit wat mens doen om 'n bestaan te kan voer, ook jou passie moet wees. Juis omdat dit opoffering en deursettingsvermoŽ verg.  En soms is dit nie lekker nie, dan moet jou passie jou kan deurdra.

Ja, die langore ......

Wat sal ek nou sÍ. 

As die vreksels my plaas steel maak hulle my dood ou Chris.  :-\
« Last Edit: May 11, 2017, 02:16:02 pm by Dorsland »
'Tis the timeís plague, when madmen lead the blind.

King Lear
 

Online ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 32,157
  • Thanked: 838 times
    • dustriders.co.za
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #23 on: May 11, 2017, 02:44:00 pm »
Die fyn trick is balans as mens dit kan regkry.
Moenie leef met die droom "ek gaan dit doen as ek eendag aftree" want dit mag dalk nie gebeur.

Sorry JC vir die gruwelooslike hijack.
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline FJR

Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #24 on: May 11, 2017, 03:12:57 pm »
Baie mooi RR. Ek ken daai wereld baie goed en ry saam met julle. Kan nie wag vir die res nie. Dankie.
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 759
  • Thanked: 7 times
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #25 on: May 12, 2017, 10:48:13 am »
Dag 5:
Vandag het ons besluit om 'n rusdag te neem en Calvinia te verken aangesien ek vir my agterband moet wag en dit nog laat oortrek. Dit gee ook ons kans om klere uit te spoel en lekker te ontspan. Ons staan laat op en na 'n heerlike ontbyt by die gastehuis, ek kan Katryn's ten volle aanbeveel, word die band ook afgelewer. Ons ry na die bande plek en word gou gehelp om die band af te kry en die nuwe een op te sit, die prys 'n hele R57.00. Ek kan nie glo dat alles in die platteland soveel goedkoper is as in die stede nie.
Daarna besoek ons die groot posbus vir die gebruiklike foto's, besoek die Calvina huis, waar die vrouens natuurlik die kaaskoek moet probeer. EK drink ook die heerlikste tuis gemaakte gemmerbier daar, net soos my ma dit kon maak. Ons besoek die museum en wat 'n verassing was dit nie, daar is soveel oudhede en alles is so mooi uit gestal, die plek het 'n ryke geskiedenis en ek is bly dit word so goed vir die nageslag bewaar. Dit was regtig die moeite werd om die museum te besoek en ek kan dit aan beveel vir enige iemand wat daar deur ry en soos ek 'n passie het vir geskiedenis.
Die middag besoek ons die bakkery, wat ook bestaan uit 'n restaurant, teater en paar kamers. Die eienaar Deon en sy vrou Sonja is pas terug van die Africa Burn en hulle plek is yklik versien met oudhede wat hulle op plase en die asgate optel, amper iets soos Joe's Beerhouse in Windhoek. Nogal iets om te sien as mens die tyd het. Ons het letterlik ure in die museum en Calvinia huis, met sy oudhede spandeer  en heelwat foto's geneem, maar sal julle nie daarmee verveel nie.
Na 'n baie rustige dag braai ons weer skaap tjops en ribbetjie wat ons weer by die Calvinia slaghuis koop. Weereens moet ek bieg ons suide skaap is seker van die lekkerste skaap vleis denkbaar, maar hierdie karoo skaap is enige tyd net so lekker.
More gaan ons 'n gedeeltelike roete ry wat Henry Cole gery het en ons sien nogal uit om weer te ry na die rusdag.
Foto 1: Foto sessie by die groot posbus
Foto 2: Calvinia se kerk
Foto 3: Hier het ons al ons heerlike skaap vleis gekoop
Foto 4: Die nuwe band het aangekom nou net iemad kry om dit te vervang
Foto 5: Die wiel is af.
Foto 6: Nuwe Anakee 3, nou kan ek weer geruster ry
Foto 7: Ou okomotief voor die museum
Foto 8: Merino skaap wat drie jaar in die berge was, het meer as 120kg geweeg en sy wol was 30cm plus
Foto 9: Ek het net do een gehad, dit is seker waar die leifde vir motorfietse begin het
Foto 10: Die bakkery - Republic of Rustica, wat 'n interresante plek om te besoek
Life is great LIVE IT!!
 

Offline 0012

  • Double-oh-Tkwarf
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Rest of Africa
  • Posts: 2,977
  • Thanked: 126 times
  • Race the rain. Ride the wind. Chase the sunset.
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #26 on: May 12, 2017, 03:44:05 pm »
jis ek ry mos lekker saam.

daar is net nie n mooier fiets as n S10 nie    :ricky:
->    TransAlp 650 - sold
:(    Yamaha XT1200Z - written off - R.I.P.
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 759
  • Thanked: 7 times
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #27 on: May 12, 2017, 04:32:25 pm »
EK stem saam 0012, na die toer is ek weer van voor af mal oor die getroue bloue :thumleft:
Ek moet nou eers bietjie gaan boer die naweek, ons ry Maandag verder
Life is great LIVE IT!!
 

Offline CruiserBMW

  • Member
  • **
  • Bike: Harley Davidson (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 166
  • Thanked: 1 times
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #28 on: May 12, 2017, 04:49:13 pm »
Dis nou n mooi  verslag ons Afrikaans se taal is so mooi as stories so lekker vertel en gelees word geniet dit
 

Online woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 10,603
  • Thanked: 257 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #29 on: May 12, 2017, 05:28:12 pm »
Ai man dis lekker om saam te ry.
Hoop jy het my BSA Bantam  wat ek opgebou het daar in die museum gesien.

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Klein Torkar

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Mpumalanga
  • Posts: 576
  • Thanked: 4 times
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #30 on: May 14, 2017, 07:06:29 pm »
Dankie vir die deel. Ry lekker saam.
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 759
  • Thanked: 7 times
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #31 on: May 15, 2017, 11:51:17 am »
Dag 6:
Vandag is die dag waarna ek die meeste uitgesien het aangesien ons die stukkie roete gaan ry wat Henry Cole gery het en wat vir my na een van die lekkerste motorfiets paaie lyk. Ons vertrek net na ontbyt na Loeriesfontein. DIt is 'n koel oggend met geen wind nie. Die wereld hier tussen Calvinia en Loeriesfontein is beeldskoon en die pad stel nie teleur nie, dit is werklik so mooi soos dit gelyk het. In Loeriesfontein neem ons die gebruiklike foto van die kerk voor ons na die windpomp museum ry, iets wat ek ook al baie lank wou besoek. Dit is nie so besonders nie , maar ek wou dit nog altyd besoek. Iemand in die dorp vertel ons dat Loeriesfontein se water lankal op gedroog het en dat hulle tans hulle water 30km ver pomp. Toe ons die dorp uitry na Nieuwoudsville le die pypleiding al langs die pad tot by die boorgat waar die dorp se water tans van gepomp word. Ons stop om foto's te neem van die baie kokerbome wat baie herhinder aan ons eie kokerboom woud naby Keetmanshoop. Net voor Nieuwoudsvile is die waterval, natuurlik droog, maar dit moet 'n gesig wees om te sien as die water oor hierdie waterval stort. Werklik die moeite werd gewees om die roete te ry.
Ons stop weer vinning bo op Van Rhynspas vir nog 'n foto. Net buite Van Rhynsdorp stop ons by die bekende Bagdad padstal vir iets koud. Owen, die eienaar gesels lekker en vertel ons hoie die padstal ontstaan het na aanleiding van die film, Bagdad Cafe. Hulle het net Cokes en water en draai roomyse, so die keuse is maar beperk. Ek en Willem besluit ons gaan elkeen 'n Coke Float maak, iets wat ek seker laas as kind gerink het. DIe vrouens geniet elkeen 'n draai roomys. Die plek se mans toilet laat my treug dink aan die weermag dae met sy p*& lelie.
Ons ry daarna tot in Vredendal, waar Suzette een van haar ou skool maats wil groet, hulle het mekaar laas in 1981 gesien en is Faceboek vriende. Ons stop gou om te groet en ry daarna die laaste stukkie Strandfontein toe. Ons het by die Sea Breeze bespreek en na ons afgepak het ry ons aan Doornbaai toe. Ek het al baie die wyn makery, Fryers Cove,  op die ou hawe gesien en wil dit ook besoek.
Dit is werklik ook die moeite werd om te sien wat hulle regekry het met wingerde by die see. Ons drink weer iets daar, hulle seekos lyk fantasties, maar hulle maak 5 uur toe en daarom besluit ons om maar liewer by die restaurant in Strandfontein te gaan eet. Vannaand moet dit see kos wees aangesien ons by doe see is.
Foto 1: Vroeg oggend die pad tussen Calvinia en Loeriesfontein
Foto 2: Hierdie is baie mooi wereld
Foto 3: EK is mal vir die landskap hier
Foto 4: Loeriesfontein se kerk
Foto 5: Windpomp Museum
Foto 6: Moeg geboor, wonder hoeveel gat het die ou stamper boor in sy lewe gesink
Foto 7:  Nog windpompe
Foto 8: Die pyp leiding wat die dorp van water voorsien
Foto 9: Pad tussen Loeriesfontein en Nieuwoudsville
Foto 10: Waterval net buite Nieuwoudsville
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 759
  • Thanked: 7 times
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #32 on: May 15, 2017, 12:00:37 pm »
Dag 6 vervolg....
Nog fotos
Foto 1: Hierdie moet nogal aanskoulik wees as die waterval vol is
Foto 2:  Nog mooi landskappe van die omgewing
Foto 3:  Bo op Van Rhyns pas
Foto 4:  Bagdad Cafe
Foto 5: Laat my sterk dink aan my weermag dae
Foto 6: Die spieel in die dames toilet
Foto 7: Bagdad Cafe, hier sal ek weer stop
Foto 8: Strandfontein
Foto 9: Seabreeze waar ons vannaand oorbly
Foto 10: Fryers Cove by Doornbaai
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 759
  • Thanked: 7 times
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #33 on: May 15, 2017, 12:36:25 pm »
Na 'n rustige middag wat ons by Fryers Cove spandeer stap ons na die restuarant in Strandfontein vir aandete. Die dag word perfek afgesluit met die mooiste sonsondergang denkbaar en om die kersie op die koek te sit speel 'n walvis in die water net voor die restuarant. "n Perfekte afsluiting na nog 'n perfekte dag.
Foto 1: Op goeie vriende
Foto 2: Fryers Cove
Foto 3: Doornbaai
Foto 4: Die kreef loop
Foto 5: Sonsondergang na nog 'n perfekte dag, ai hoe geseen is ons nie
Foto 6: ' Walvis speel in die water voor die restuarant
Foto 7: Nog walvis foto
Foto 8: Calamari vir voorgereg
Foto 9: Vars kabeljou vir hoof gereg
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 759
  • Thanked: 7 times
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #34 on: May 15, 2017, 01:36:24 pm »
Hoop jy het my BSA Bantam  wat ek opgebou het daar in die museum gesien.

Woody, is dit jou BSA Bantam wat jy opgebou het of is daar 'n soortgelyke een? DIe fietse is so toe gepak dat mens sukkel om van die fietse in die middel te kan sien. Ek het baie foto's geneem en sien daar staan so BSA  agter 'n Norton, maar dit is baie onduidelik. Ek het egter my BMW Brick se boetie daar gesien, myne is net in 'n baie beter toestand.
Hoe dit ook a sy daar is baie skaars en mooi motorfietse waarvan ek self nie sal omgee om 'n paar te besit nie :drif:
Life is great LIVE IT!!
 

Online woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 10,603
  • Thanked: 257 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #35 on: May 15, 2017, 03:28:43 pm »
Daar is net die een daar wat ek aan Thinus verkoop het.
Jammer dat alles so opmekaar staan.

Sent from my GT-I9190 using Tapatalk


I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 759
  • Thanked: 7 times
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #36 on: May 16, 2017, 05:35:36 pm »
Dag 7:
Ons gaan vandag terug Namibia toe, al die pad tot in Grunau waar ons by die Wit Huis bespreek het. Ons spring vroeg die oggend weg, want dit is maar 'n baie vervelige pad tot by die grens. Ons stop gou vir koffie in Van Rhynsdorp en net voor ons op die N7 gaan kom 'n groep GS ryers wat lyk soos 'n motorfiets toer groep die dorp in. Ons stop net vir petrol en ry maar so vinnig moontlik tot by die grens omdat ons die hitte wil vermy. Die grens prosedure gaan gou en ons is baie bly om weer in ons eie land te wees. Suid Afrika is mooi, maar ons land het net 'n ander bekoring.
Ons het vriende wat in die kaap woon en die tannie se as hulle Namibia toe kom kan die oom nie uit gepraat raak sodra hulle oor die grens is nie, dan is elke berg, klip, vlakte en selfs die pad mooier al is dit dieselfde klippe, bossies ens. wat net aan die andekant van die grens ook is.  Sy vertel hulle is een oggend baie vroeg weg uit die kaap en sou ook by Grunau oorbly, net voor hulle ry vat die oom so halwe bottel Whisky, want hy wil darem die aand by die braai in Grunau iets he om te drink. Sy vertel hulle steek toe vuurtjie aan by Grunau en hy gooi vir homself 'n stywe dop met water en ys. Hy drink dit met smaak en vertel haar dit is een van die lekkerste Whisky's wat hy in 'n baie lang tyd gedrink het, hy gaan sommer nog een drink. Sy se sy sal sommer vir hom een gaan skink terwyl hy na die vuur kyk. Toe sy die bottel vat sien sy dit is die goedkoop brandewyn wat sy altyd vir haar vrugte koeke gebruik wat die oom gevat het, maar net omdat dit in Namibia is proe dit vir hom soos die beste Whiskey wat hy in 'n lang tyd gedrink het.  ;)
Ons het braai pakke bespreek by die Wit Huis, want vannaand braai ons suide skaap. Wel die braii pakke is iets om te sien, daar is dit lekker vet rug tjops, ribbetjie, wors , broodjies en slaai.
Foto 1 tot 3: Wit Huis net buite Grunau
Foto 4: Ons gaan nou braai
Foto 5: Die sonsondergang op die plaas is so mooi
Foto 6: Almal se glimlagte is groter vannaand seker oor ons terug is op eie bodem
Foto 7: So lyk 'n braaipak vir 4 mense
Foto 8: Nou braai ons
Foto 9: Die finale produk
Life is great LIVE IT!!
 

Online ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 32,157
  • Thanked: 838 times
    • dustriders.co.za
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #37 on: May 16, 2017, 11:55:08 pm »
 Hy drink dit met smaak en vertel haar dit is een van die lekkerste Whisky's wat hy in 'n baie lang tyd gedrink het,

Verlede jaar in NamibiŽ sodra JJR die eerste sluk van sy whisky gevat het dan sÍ hy dis die lekkerste whiskey wat hy nog ooit gedrink het.
Dan herinner ek hom maar dis wat hy gister ook gesÍ het, dan sÍ hy maar gister is mos al verby!! :lol8:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 759
  • Thanked: 7 times
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #38 on: May 17, 2017, 11:28:18 am »
Ja ChrisL dit is seker maar ons patriotisme wat inskop elke keer wat ons terug is op eie bodem, maar dit is net of die whisky lekkerder is ( selfs al is dit eintlik goedkoop brandewyn :eek7:), die bier kouer en die vleis meer smaakvol :thumleft:  Ons het ook so gevoel nou die aand daar op die plaas by die Wit Huis.
Ek voel ook altyd die eerste Weissbier in Swakop by Tiger Reef is die lekkerste bier wat ek al ooit gedrink het. Snaaks hoe mens se kop met jou kan smokkel :)
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 759
  • Thanked: 7 times
Re: 'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende
« Reply #39 on: May 18, 2017, 09:26:20 am »
Dag 8:
Na 'n baie ontspanne en rustige aand met 'n heerlik braai is daar niks wat ons jaag vandag nie, dus staan ons laat op, eet rustig ontbys en pak toe die getroue fietse. Ons was nog besig om ontbyt te eet toe die boeing al oorkom oppad kaap toe. Met al die vog in die lug los dit 'n wit streep sover dit vleig en mens kan die ronding van die aarde sien soos dit in die verte verdwyn. Ons ry rustig tot in Keetmanshoop, waar ons weer iets koud ring by die Wimpy en die fietse se dors ook les. Toe die vervelige lang reguit pad Mariental toe. Ons het besluit omdat ons nog een dag oor het gaan ons sommer in Mariental oorbly om die toer af te sluit. Ons het by die Anandi Gastehuis bespreek, daar is Jacuzzi baddens in elke kamer en dit is net wat ons sawwe lywe nou nodig het om te ontspan.
Die aand eet ons by die resturant net oorkant die pad, ek en Willem soek vir ons elkeen met die hand 'n lekker vakuum verpakte, rypgemaakte, T Been uit vir aandete. Ons is vroeg in die bed en more is dit net 'n katspoegie huistoe. Ons is nogal jammer die toer is so gou verby.
Foto 1: Sjoe, die boeing is vroeg vandag, wat sommige manne baie bly sal maak :biggrin:
Foto 2: Soos die wit streep in die verte verdwyn kan mens die ronding van die aarde sien
Foto 3: Ons stop om bietjie bene te rek
Foto 4: Anadi Gastehuis
Foto 5: Anandi Gastehuis
Foto 6 en 7: Haad uit gesoekte lekker ryp gemaakte T Bene om die toer mee af te sluit
Life is great LIVE IT!!