Dag 9:
Ons is die oggend vroeg op, teleurgested dat dit die laaste entjie huis toe is, mens kan nie glo hoe die tyd vleig as mens pret het nie en hierdie toer het nie teleurgestel nie. Ons is net na ses uur in die pad. Willem laat sleep, ek dink hule verlang na die kleinkinders en ek volg maar. Gelukkig is die pad baie stil met baie min verkeer en dit is lekker koel so vroeg in die oggend. Omdat ons so bietjie te vinnig ry moet ons noodgewonne by Rehoboth weer volmaak, hieride Tenere's is maar swaar op brandstof as mens hulle oor draai. Die gras is lank tot op die skouer van die pad na die goeie reen wat ons gehad.
Net so paar kilometer na my plaas se afdraai draf daar so paar paaie administrasie hoenders oor die pad en hulle onderskat my spoed, wat so rondom 160Km was. Een van die tarentale sien hy gaan dit nie maak nie en probeer opstyg, maar ek tref dit, gelukkig net onder die tenk, my baadjie en visor is vol bloed spatsels en ek besef hoe dom ek is en verminder dadelik my spoed. Ek het al gesien hoe lyk 'n motorfietsryer wat 'n tarentaal met groot speod reg teen sy visor getref het.
Ons stop net so na agtuur die oggend veilig by die huis. Toe ons begin afpak, sien ek die arme dooie tarentaal sit styf net tussen die tank en die koligte ingewurg. Ons is baie dankbaar dat ons veilig is na presies 3260Km.
Foto 1: Net voor ons vertek uit Mariental op die laaste dag
Foto 2: Ons stop veilig by die huis net na agtuur die oggend
Foto 3: Die arme tarentaal sit styf ingewurg tussen die tank en die vurk.