'n Kopskoonmaak toer saam met goeie vriende

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Man from Nam

Race Dog
Joined
May 7, 2013
Messages
769
Reaction score
1
Location
Windhoek
Bike
Yamaha Super Tenere
Voorwoord:
Sedert ons laas 'n lekker motorfies toer in Desember 2015 gery het, het ons en ons goeie vriende, Willem en Suzette, se lewe snaakse draaie gemaak. Ons het albei laasjaar se einde besluit om ter voorbereiding tot ons aftrede vir ons gemakliker motorfietse te koop. Ons het elkeen 'n BMW K1600GTL aangeskaf asook vir ons elkeen 'n Sprinter bussie wat omgebou is tot 'n ryhuis, sodat ons kan begin voorberei vir ons beplande rond ryery as ons aftree. Ons het intussen al 'n paar keer na ons plekke in Swakop met die BMW's gery en ook onlangs ons eerste lang naweek toer met die huis bussies gedoen om te sien wat kom te kort en waar ons kan verbeter.
Intussen het altwee ons getroue Tenere's in die motorhuise gestaan soos Lasarus van ouds, in doeke toe gedraai en gekoppel aan CTEK lewens ondersteuning. Ons het omtrnet nooit met die Tenere's gery nie behalwe vir ontbyt nou en dan hier rondom Windhoek.
Suzette se pa is net voor ons bussie toer skielik oorlede en net nadat ons terug is na die toer het my ma skielik agteuit gagaan en is sy ook dieselfde week oorlede. Na die emesionele tydjie moes ons net 'n breek neem.
Die eerste week in Mei het twee vakansie dae en ons het een aand oor 'n braai besluit miskien moet ons die week gebruik om bietjie rond te ry. Die beplanning was basies om plekke te besoek waar wat al lank op ons emmer lysie was. Omdat ons al baie by Seeheim hotel very gery het en nog nooit die moeite gedoen het om daar in te ry nie en omdat die hotel onlangs op WEG Agterpaaie was, het ons besluit om die eerste aand daar oor te bly. Daarvandaan na Oranjemund, omdat Salome nog nooit daar was nie, dan oor Port Nolleth, McDougals na Kleinsee met die grondpad, 'n plek wat ek ook nog nooit gesien het nie.
Van daar oor die Spektakel pas na Springbok, en met die N7 tot in Van Rhynsdorp en dan na Niewoudsville, waar daar 'n motorfiers museum is wat ek op Henry Cole se program "Worlds Greatest Motorcycle Rides" gesien het. Oor die Van Rhynspas na Calvinia waar ons sal draai oor Loeriesfontein, dan terug na Standfontein en Doringbaai, wat ons seker 30 jaar gelede gesien het.
Omdat gedeeltes van die roete grondpad is moet ons die Tener's gebruik en ek moet bieg ons almal sien nogal uit om weer grondpad te ry aangesien ons al effens ontrekking simtome het nadat die fietse so lank staan. Ons kon nie wag om te ry nie en soos Dana Snyman se om hierdie plekke en paaie aan ons lyf te voel nie.
Foto 1.  My BMW, 'n regte ou oom fiets, maar ai sy ry so lekker gemaklik.
Foto 2. My Sprinter bussie tydens ons bussie toer om te sien waar ons kan verbeter.
Foto 3. Vroeg Saterdag oggend en ons is reg om te vetrek, kan nie wag nie.
Foto 4. Ons stop weer by die Steenbok skeerkring net soos in Desember 2015.
Foto 5. Willem en Suzette.
 

Attachments

  • 012.jpg
    012.jpg
    163.8 KB · Views: 728
  • 604.jpg
    604.jpg
    105.6 KB · Views: 749
  • 008.jpg
    008.jpg
    135.8 KB · Views: 714
  • 001.jpg
    001.jpg
    132.5 KB · Views: 721
  • 005.jpg
    005.jpg
    143.4 KB · Views: 711
Top