Feestrip met n hartseer einde.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bokveld

Race Dog
Joined
Aug 16, 2012
Messages
1,047
Reaction score
55
Bike
BMW F650GS / Dakar
  My vrou se familie het langtafel-fees op hul familieplaas naby Burgersdorp aangebied.Sy kon ongelukkig nie gaan nie en ek is aangese om die Laubschers te verteenwoordig.Nou kyk,om n man te wees is nie maklik nie;6 dae op n motorbike in wind en weer,maar plig is plig en ek deins nie terug nie.Die plan is om dit rustig te vat en sommer ene Dorsland en n ou skoolvriend naby Molteno ook te besoek.Daarna wil ek nog paar ander paaie ook beproef.
    Die eerste aand bring my tot by De Rust.Ek ontdek n heel skaflike oornagplek teenaan die dorp.Vrydagoggend vat ek dit heel rustig tot op Willowmore,waar ek by die kaal meisies gaan koffie drink.n Digte misbank,klaar eers kort voor Aberdeen op.Om die koue te verdryf,vat ek n stewige laat ontbyt by die geel Padstal.Daarna maak ek n draai by n kampplek op die dorp wat ek op die internet raakgelees het.Die eienaar is baie vriendelik,maar laat my goed verstaan dat net adventure bikers daar welkom is.Aangesien ek skynbaar deel van die subspesie is,val ek heel tevrede weer in die pad, op soek na Dorsland se plaas anderkant Graaff  Reinet.
    Die bokboer en sy vrou ontvang my met gasvryheid uit die boonste rakke.Ons ry n paar draaie op die plaas en hy gaan maak nog n skuiling vir sy bokke klaar,want die winter is om die draai.So tussendeur gesels ons lang stukke.Dit voel my of ons al n leeftyd mekaar ken.Saterdagoggend toe ek daar wegry,weet ek,ek het 2 nuwe vriende bygekry.
 

Attachments

  • De Rust.JPG
    De Rust.JPG
    113.6 KB · Views: 1,025
  • Koffie.JPG
    Koffie.JPG
    107.2 KB · Views: 1,021
  • Dorsland.JPG
    Dorsland.JPG
    97 KB · Views: 1,051
  • Bokke.JPG
    Bokke.JPG
    121.5 KB · Views: 1,031
  • bike.JPG
    bike.JPG
    137.8 KB · Views: 1,089
Top