Ek pak te veel goeters.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,191
Reaction score
1,677
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Ek hou daarvan om voorbereid te wees en kamp moenie vir my 'n straf wees nie maar hel, ek voel net ek pak gans en al té veel goed na ek by die EC Bash gewees het verlede naweek.  Ja, dis winter en ek slaap nie koud nie maar nogsteeds voel ek my baggasie is té veel.

Ek pak:

* gereedskapstel
* 3 x "tyre levers"
* 'n klein fietspompie
* voor en agter binnebande
* Tyreweld
* patchnsolution

*slaapsak
* opblaas matras
* opblaaskussing
* slaapsak inner
* tent
* grondseil
* opvoustoel (het nou een van daai ligte Desert Fox stoeltjies by ChrisL hulle gekry.  Baie kleiner en ligter)
*stofie en koffiegoed

* 3 x onderbroeke
* 2 x rykouse
* gemaklike broek
* gemaklike baadtjie
* gemaklike skoene
* slaapklere
* 2 x T hemde
* toilet sakkie
* microfibre handdoek

* kletterpet
* baadtjie + binnebaadtjie
* handskoene
* reënpak

Mens kan nou seker in patrollie mode ingaan en slegs die heel nodigste goed pak maar dan is dit straf en nie meer plesier nie.

Ek het in rooi gemerk dié items wat ek glo ek kan agterlaat.

Hoe maak julle ouens?

7dd4a20be1e61f0eb3d491008febd36e.jpg
 
Top