Dankie vir die terug voer Adie.
Soos ek noem ek het nog nie die sakke self onder oë gehad nie en die fotos is min, so dit is moeilik. Die verduideliking het BAIE gehelp.
Waar ons wel verskil is oor die "weak points" , ek is ernstig as ek sê ek wil die goed ratchet strap, geen plastiek D-ring, lekker cover channels vir rox straps, ratchet straps ens ens weens 2 redes.
1 - stadige valle is opwaards vertikale kragte, alles op die design is gemik vir afwaards vertikaal of horisontaal en dit is waar ek nog altyd sukkel met sagte bagasie. (pivot points, die outjies neig om te draai) so hoekom wil ek my ketting / sprocket / engine/clutch / agter briek disc hoë blootstelling gee.
2- Die " sacrificial" punt... en moet my asb nie verkeerd verstaan nie met die volgende stelling. Wat my spesifiek trek na jou tasse is SPESIFIEK die feit dat dit hoë kwaliteit is en hier is die ding bekostigbaar! Wind the clock back. Ek val teen 140km 'n uur in Namibia op ' D dirt road (moenie vra nie) met die nuwe 800 GSA pimped up beemer met my allu panniers op ('n glamp solo trippie). Die "weak point" is die agterste sluit meganisme op die pannier en dan unlock hy horisontaal na agter om af te haal/val af volgens sy vervaardiging. Ek kyk hoe my fiets gly terwyl ek ander stadiger agterna gly, geen probleem R4800 vir die pannier. Die slot meganisme los omtrent dadelik, pannier af en fiets gly aan.
Pillion voet peg hak 'n versteekte klip (seriously seker 3 of 5 cm wat uitsteek maar hy gly op daardie stadium) op 'n 180 grade wiele paralel in die rigting , buig my hele subframe binne in my tank in en slaan my bike dat hy so hop. R86 000 se skade. As die pannier aan gebly het... R4800 se alluminium met 'n gat in en niks verder want ek sou dit geclear het met die crash bars en die pannier, want in my oë en ek hoop elke biker se oë : bike protection is sacrificial , soos 'n helmet na 'n val en so ook die panniers. Ek kan goed vas-strap na 'n val, gebuigde crashbars ruk en pluk of af bout maar ek kan nie 'n gebuigde staal subframe en gat in my brandstof tenk iets aan doen nie. Lugguage-disposable, als in die kant panniers- disposable . Water en brandstof en om te kan verder ry- 'n moet. Die goeie nuus is neuk ek dit op verkoop jy nog 'n stel aan my
Soos jy sê baie moeilik maar dit is waar ek sukkel om van die Mosko motos af te kom.
Ek benodig nie 'n raamwerk nie, met joune doen ek en dit is geen probleem want ek verkies 'n raamwerk, gee vorm en goeie heg punte, maar hulle strap vir opwaards horisontaal (Mosko) en dit is waar ek bietjie vasberand. Hoekom cater so min sisteme vir dit en natuurlik Cam buckles.... die goed vat 'n knock, werk adisionele plastiek D ring in vir na die val, cheap.
Die moskos, hulle is vrek duur en ek gaan hulle breek, en huil. Joune is besonders bekostigbaar en

ek gaan nie net goed slaap na ek hulle breek nie ek gaan nog 'n stel koop.
Ek dink regtig die is die bagasie maar ek dink ons kyk met verskillende oë na dit. Jy soek 'n produk wat kwaliteit is en lank gaan hou, en ek kyk na die as 'n dekselse goeie 2 doelige aplikasie- bagasie en beskerming. Maar jy is besig met vervaardiging en sekerlik kan ....2 reekse dalk lekker wees? Super reinforced wat is fout met jou dude wat Metal Jockey op 'n trip sal vat en normale mense een?
Ook baie bly julle kyk na die inner. Dit is soos jy sê perfek om die dun materiaal te gebruik. Kudos vir al die werk wat al in dit ingegaan het.
Mag ek vra.... sjoe die is soos 'n wish list wet dream.... enige kans vir 'n auto one way deflation valve op daai sak vir waneer jy hom oprol en sommer op hom gaan sit? sorry ek pak tiiiiiight.
Ps, opinies is soos 'n neus, ons almal het een

ek ook maar.
pps sodra flying brick een inkry koop ek hom, my trip begin 1 September....