Jy kan myne kom ry as jy in Bloem is

Die 990 is 'n awesome bike en sal vir nog lank die "benchmark" wees vir iemand wat tegnies wil ry met 'n groot adventure bike maar tye het aanbeweeg en dit is nou 2017.
'n Paar hoogte punte van die Africa Twin:
Baie lae centre of gravity, dus die hantering is baie maklikker in tegniese terein.
Die bike is super stabiel, veral in sand en het ook nie 'n "steering dampner" nodig nie.
Petrol verbruik, awesome brieke (teer en gruispad), gemaklike sit posisie, betroubaarheid, ens, ens.
'n Paar negatiewe punte:
Die Africa twin is egter duur invergelyking met dit wat jy kry as jy byvoorbeeld die 1090R sou koop.
Die volgende goed moet jy ook nog by koop: centre stand, crash bars, grooter voetpegs.
Die standaard suspensie is bietjie sag, dit kos ongeveer R6500 om voor en agter te vervang met Hyper Pro en is by verre die beste "upgrade" wat ek gedoen het.
Die voetpeg attachments is baie wyd en as jy tegniese terein ry haak dit maklik vas aan klippe ens.
Die Africa Twin is 'n awesome bike, jy sal nie 'n fout maak nie, ek is super happy met myne.