Ek het die week vantevore 'n paar ou tracks wat ek al voorheen gery het, sowel as 'n paar nuwes na my swaer gemail sodat ek dit by my aankoms op die nuwe GPS kan laai. Na 'n lekker aand uit met te veel rooiwyn en Gin, laai ek die tracks oor op my nuwe Garmin, maar iets lyk nie reg nie........ Totale afstand van my beplande roete is bykans 2750km

Dis so titseltjie meer as die 300km / dag waarop ek my tyd beplan het.
Roete vir eerste dag vat by kuslangs na Kleinmond waar ek eerste keer petrol gooi en sekermaak die Tubliss sisteem se druk is nog reg.

