Vinngie koffie in Bedford, petrol en olie en dan wikkel ek weer. Nou vir Baviaansrivier reservaat.
Dit raak duidelik dat ek my bestemming vir die aand moontlik nie gaan maak voor donker nie. Ek lig die spoed en via Tarkastad, Sterkstroom en Dordrecht eindig ek teen skemer in Barkley Oos. Tud vir fotos is min, maar wel ń paar benoude oomblikke. Pad is op plekke sleg verspoel en ek twyfel of mens met 4x 4 daar kan deur.
