Die pellets gaan in “hopper” wat met ‘n auger na die firepot gaan


Daar word dit aan die brand gesteek met ‘n ignitor en ‘n fan harloop die heeltyd wat die pellets aan die brand hou. Maar die auger voer bietjie vinniger (in siklusse) as wat dit brand en dit maak dan die rook. Bo oor die firepot is n stainless deksel wat die vlamme van die vleis weg hou

As ek wil vlamme he skuif ek net die vents oop en braai op oop vlamme

Die temp word beheer met n termostaat, so die auger voer meer as ek wil warmer he of minder vir kouer. Die temp swaai bietjie op en af afhangende van hoeveel pellets die auger gryp as hy draai, maar dit wissel met so 10 grade op of af van waar jy hom gestel het.

Dis nie vir “kom ons braai gou wors” nie. Dis ‘n 3 tot 4 uur gedoente. Maar die resultaat is die moeite werd. Mens kry verskillende pellets, appel, mesquite, hickory, bourbon en verskeie blends. Ek wil volgende week brisket op gooi - dis so 12 ure se braai maar saam met vriende en koue bier is dit nie te bad nie
Op die “smoke” setting kan ek kies hoeveel sekondes die auger pellets voer, en hoeveel sekondes dit moet “wag”. Dan kan jy nogals kwaai rook maak
