Ek wil nou nie enige xcx eienaar in die gesit vat nie en ek is seker daar is n paar wat mal is oor hulle fietse, maar dit gaan my verstand tebowe hoekom mens R160k sal betaal vir so n fiets - Dit geld vir die gs800 ook. Daar is tonne beter offroad fietse, tonne beter pad fietse en tonne goedkoper fietse wat beter sal wees van die pad af.
Kyk as jy een moerse Triumph aanhanger is, sure, maar djirre ek verstaan nie dar-deng nie

Ek het n ruk terug een gery en dit het gevoel soos n chinese motorfiets van die godkoop variante. Alles voel redelik goedkoop, die susoension is hard tog te sag vir lekker offroad, krag voel ok solank jy hom GEE en die manne huil om n redelike prys te kry wanneer hulle moeg raak.
Ok hy lyk nie te sleg nie, dit kan ek erken.
Is daar enige iemand wat julle van weet wat die xcx gekies het bo n KTM of AT wat altwee gaan toetsbestuur het? Ok ek praat nou nie van dat as n man sy laaste 10000 uit die bank uit gekrap het en nie bietjie kan rek na iets anders nie. Tog is die XCX nie veel goedkoper as wat n sub4000km 1190R gaan wees nie, selfs die 1090R.