Gevra: Geleentheid van Gauteng na Hoedspruit asb!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

SlowMo

Pack Dog
Joined
Jun 4, 2013
Messages
198
Reaction score
8
Bike
Honda CTX200
Geagte Honde.

Ek het ‘n al ‘n geruime tyd gelede ‘n klein Honda 250 gekoop wat in Hoedspruit staan. Dit raak nou effe van ‘n groter “challenge” om die fiets in Gauteng te kry as wat ek gedink het.

Ek het twee “ kenisse”  in Hoedspruit, wat ek gehoop het sal vir my ‘n geleentheid kan reël . Dan het ek natuurlik ook oorweeg om die fiets te laat “courier”. Beide hierdie opsies werk nie in die stadium nie. Dus wil ek vriendlik versoek of daar nie dalk ‘n wildehond is wat van Gauteng af in daardie rigting gaan wat vir my ‘n geleentheid kan gee nie? (Ek is in Centurion)  Sal natuurlik meer as bereid wees om petrol by te dra en ‘n ontbytjie te koop ,of so iets. :)

Nog beter sal wees as iemand betroubaar die fiets vir my sal saambring in ‘n bakkie of sleepwa…  Ek sal natuurlik meer as bereid wees om petrol by te dra en ‘n ontbytjie te koop of so iets… :) ;)

Nietemin, as iemand kan help sal ek dit baie waardeer…(dis nou te sê as die arme verkoper nie al intussen die fiets weer verkoop het, nie…)

Dankie by voorbaat!
 
Top