Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Die Sneeuberge doen hulle naam gestand  (Read 1362 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,895
  • Thanked: 248 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Die Sneeuberge doen hulle naam gestand
« on: August 17, 2017, 01:01:02 pm »
Soos 'n goeie boer hou ek die weervoorspelling van verlede week af al dop en sien hoe YR bly voorspel dat ons diť week hier in die Oos-Kaap lekker reŽn en sneeu gaan kry.  Dinsdag is sommer 'n mooi lentedag en ek loop kortmou hemp en amper kortbroek rond.  Dinsdagnag tot so 03h00 is dit nog helder sterreskyn buite.  Maar Woensdagoggend toe is dit al mooi toegetrek en reeds teen 08h00 sak daar 'n lekker los bui uit.  Oppad dorp toe val dit sommer lekker.

Deur die loop van die dag trek dit dig toe en begin dit lekker sag te reŽn en dit hou aan.  Teen Donderdagoggend meet ek 17mm by die huis en 11mm in die berg maar die reŽnmeter se tregter is vol sneeu so ek vermoed dit sal meer wees as dit eers gesmelt is.  Vanoggend gaan ry ek my rondtes en neem 'n paar kiekies (http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=138800.msg3893694;boardseen#new).

Omdat ons so te sÍ vandag maar boerevakansie hou, gaan ry ek en die 2IB so 'n 100km draai om te gaan sien hoe lyk die Sneeuberge hier agter.

Die passe is almal toe, maar mens kan met mooi stadig ry deurkom.

Lootsbergpas










'n Peperboom is darem maar 'n blerrie geharde boom. Diť arme ou versukkelde boompies is al jare oud, tydens die droogte verlede jaar het hulle al hulle blare afgegooi en tog, hier staan hulle nogsteeds.





'n Sipresboom ook:






Mens moet maar trapsuutjies ry so deur die sneeu en ys deur.

« Last Edit: August 17, 2017, 01:10:51 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,895
  • Thanked: 248 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Die Sneeuberge doen hulle naam gestand
« Reply #1 on: August 17, 2017, 01:07:45 pm »
Kyk hoe mooi lyk die heinings:





En die windpomp

« Last Edit: August 17, 2017, 01:09:07 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Andre E

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,265
  • Thanked: 19 times
  • McDonalds Accommodation, Queenstown
Re: Die Sneeuberge doen hulle naam gestand
« Reply #2 on: August 17, 2017, 01:16:54 pm »
Lekker. Hier is Hogsback, Nico Malan en Dordrecht.
Don't be kak, be lekker.
What is this life, if full of care,
we have no time to stand and stare.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,895
  • Thanked: 248 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Die Sneeuberge doen hulle naam gestand
« Reply #3 on: August 17, 2017, 01:23:46 pm »
Lyk my hy sneeu nogal wyd Andre.  Baie dankbaar vir die water.  Ek kyk maar die vee en die wild so en kry hulle maar jammer.  met die droogte is baie van hulle in swak kondisie en as dit so kom koud en nat raak dan kry hulle baie swaar.
« Last Edit: August 17, 2017, 01:25:02 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,895
  • Thanked: 248 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Die Sneeuberge doen hulle naam gestand
« Reply #4 on: August 17, 2017, 01:25:58 pm »
En toe ry ons bietjie Wapadsbergpas uit.  Lekker stil gewees met geen verkeer nie.

 ;)









Ek moes toe eers my vrou onder die sneeuballe toegooi.








En toe 'n sneeumannetjie bou:



Draaiysie eet




Vannag gaan dit hondkoud hier wees:






« Last Edit: August 17, 2017, 01:31:17 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,060
  • Thanked: 116 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Die Sneeuberge doen hulle naam gestand
« Reply #5 on: August 17, 2017, 01:28:46 pm »
Pragtig man.  Bly vir julle part.
Hoop daai damme kry nou ook bietjie water.  :thumleft:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline pietas

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R80GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,171
  • Thanked: 20 times
  • Gryskop seuntjie
Re: Die Sneeuberge doen hulle naam gestand
« Reply #6 on: August 17, 2017, 01:30:02 pm »
Fotos van die sneeu op die drade is pragtig
Groot berge en lang grond paaie
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,094
  • Thanked: 22 times
  • East London
Re: Die Sneeuberge doen hulle naam gestand
« Reply #7 on: August 17, 2017, 01:30:55 pm »
Johan se die 2IB moet solank begin met die pannekoek.  Ek is nou-nou daar  :biggrin:
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,895
  • Thanked: 248 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Die Sneeuberge doen hulle naam gestand
« Reply #8 on: August 17, 2017, 01:35:08 pm »
Johan se die 2IB moet solank begin met die pannekoek.  Ek is nou-nou daar 
Jy moet voet innie hoek sit Jaco, hulle is oppie stoof.

Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,895
  • Thanked: 248 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Die Sneeuberge doen hulle naam gestand
« Reply #9 on: August 17, 2017, 01:40:26 pm »
Fotos van die sneeu op die drade is pragtig

Dis vir kilometers aaneen so Pietas.  Elke individuele draad is so dik soos my duim van die ys en sneeu. Rerig besonders mooi.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,895
  • Thanked: 248 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Die Sneeuberge doen hulle naam gestand
« Reply #10 on: August 17, 2017, 01:43:51 pm »
Pragtig man.  Bly vir julle part.
Hoop daai damme kry nou ook bietjie water.  :thumleft:

Hier was nog nie afloop water nie Woody.  Ook maar goed so, die grond is baie droog en die sagte reŽn en die sneeu wat oor 'n paar dae gaan smelt in insak is perfek.  Ons soek nie nou stortreŽn nie. 
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Tom van Brits

Re: Die Sneeuberge doen hulle naam gestand
« Reply #11 on: August 17, 2017, 01:47:47 pm »
Daai heining!! Dis nou wragtig pragtig  :thumleft:
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,011
  • Thanked: 47 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Die Sneeuberge doen hulle naam gestand
« Reply #12 on: August 17, 2017, 03:29:13 pm »
Johan se die 2IB moet solank begin met die pannekoek.  Ek is nou-nou daar  :biggrin:

Is jy mal ? Daar is n monster van n modderpad daar as dit gereen het  :eek7:
Ons het amper 2 wilddogs daar verloor n paar jaar  terug  :eek7:
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline bud500

Re: Die Sneeuberge doen hulle naam gestand
« Reply #13 on: August 17, 2017, 03:31:07 pm »
Ongelooflik!
May the bridges I burn light the way...
 

Online Mev Vis Arend

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-250L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,118
  • Thanked: 12 times
Re: Die Sneeuberge doen hulle naam gestand
« Reply #14 on: August 17, 2017, 03:33:00 pm »
Jis, maar dit is mooi.  Ek het vetkoek bestel vir vanaand. 
Honda XR250 - Given to daughter.  BMW 1200 GSA met Karretjie  -  Suzuki 125 Scoota with a KTM topbox - sold.  Honda CRF 250 L
 

Offline bud500

Re: Die Sneeuberge doen hulle naam gestand
« Reply #15 on: August 17, 2017, 03:37:48 pm »

Draaiysie eet



Onthou net wat hulle sÍ van geel ys....
May the bridges I burn light the way...
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,895
  • Thanked: 248 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Die Sneeuberge doen hulle naam gestand
« Reply #16 on: August 17, 2017, 04:26:09 pm »
Johan se die 2IB moet solank begin met die pannekoek.  Ek is nou-nou daar  :biggrin:

Is jy mal ? Daar is n monster van n modderpad daar as dit gereen het  :eek7:
Ons het amper 2 wilddogs daar verloor n paar jaar  terug  :eek7:

Hahahaha.  Jy spot so Subie, my buurman stuur beeste veiling toe vandag.  Hulle moes die sleepwa hier 'n ent van my af afhak en met die 4 wiel trekker diť kom haal om tot by die teerpad te kom waar hulle hom weer aan die trok gehak het. :eek7: Pad is natuurlik weer moertoe.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,895
  • Thanked: 248 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Die Sneeuberge doen hulle naam gestand
« Reply #17 on: August 17, 2017, 04:29:35 pm »
Daai heining!! Dis nou wragtig pragtig  :thumleft:

Die omgewing is werklik besonders mooi so onder sy sneeukombers Tom.  Die sonnetjie probeer so nou en dan gesig wys maar die wolke bly hang.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 27,770
  • Thanked: 309 times
    • dustriders.co.za
Re: Die Sneeuberge doen hulle naam gestand
« Reply #18 on: August 17, 2017, 04:29:57 pm »
Johan se die 2IB moet solank begin met die pannekoek.  Ek is nou-nou daar  :biggrin:

Is jy mal ? Daar is n monster van n modderpad daar as dit gereen het  :eek7:
Ons het amper 2 wilddogs daar verloor n paar jaar  terug  :eek7:

Hahahaha.  Jy spot so Subie, my buurman stuur beeste veiling toe vandag.  Hulle moes die sleepwa hier 'n ent van my af afhak en met die 4 wiel trekker diť kom haal om tot by die teerpad te kom waar hulle hom weer aan die trok gehak het. :eek7: Pad is natuurlik weer moertoe.
Ons het amper 2 wilddogs daar verloor n paar jaar  terug

Daai pad as hy nat is is nie n grap nie. n 4x2 bakkie loop gly gly en spin spin teerpad toe. :eek7: :deal:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,895
  • Thanked: 248 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Die Sneeuberge doen hulle naam gestand
« Reply #19 on: August 17, 2017, 04:30:47 pm »

Draaiysie eet



Onthou net wat hulle sÍ van geel ys....

Piesang geur?  >:D :lol8:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven