Die Sneeuberge doen hulle naam gestand

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,191
Reaction score
1,677
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Soos 'n goeie boer hou ek die weervoorspelling van verlede week af al dop en sien hoe YR bly voorspel dat ons dié week hier in die Oos-Kaap lekker reën en sneeu gaan kry.  Dinsdag is sommer 'n mooi lentedag en ek loop kortmou hemp en amper kortbroek rond.  Dinsdagnag tot so 03h00 is dit nog helder sterreskyn buite.  Maar Woensdagoggend toe is dit al mooi toegetrek en reeds teen 08h00 sak daar 'n lekker los bui uit.  Oppad dorp toe val dit sommer lekker.

Deur die loop van die dag trek dit dig toe en begin dit lekker sag te reën en dit hou aan.  Teen Donderdagoggend meet ek 17mm by die huis en 11mm in die berg maar die reënmeter se tregter is vol sneeu so ek vermoed dit sal meer wees as dit eers gesmelt is.  Vanoggend gaan ry ek my rondtes en neem 'n paar kiekies (https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=138800.msg3893694;boardseen#new).

Omdat ons so te sê vandag maar boerevakansie hou, gaan ry ek en die 2IB so 'n 100km draai om te gaan sien hoe lyk die Sneeuberge hier agter.

Die passe is almal toe, maar mens kan met mooi stadig ry deurkom.

Lootsbergpas

507de70ab52851dffcd88bf34ae46430.jpg


094a1386faf770b86103cde717f07826.jpg


1b5d8e804b8a694cb5bec2287bfb3698.jpg





'n Peperboom is darem maar 'n blerrie geharde boom. Dié arme ou versukkelde boompies is al jare oud, tydens die droogte verlede jaar het hulle al hulle blare afgegooi en tog, hier staan hulle nogsteeds.


d0eb247f42e3a812a0647f390996c402.jpg



'n Sipresboom ook:

83930f194ccf9a023f4125ca9d76b11b.jpg





Mens moet maar trapsuutjies ry so deur die sneeu en ys deur.

307bbd4b6f2b9114c9ff51201bd36ecd.jpg
 
Top