Oubergpas

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

dual

Race Dog
Joined
May 2, 2010
Messages
3,256
Reaction score
626
Location
Hermanus
Bike
BMW R1200GS
Dit was al lankal weer tyd vir ‘n trip
Vrydag vinnig besluit, ek het nog nie die Oubergpas by Sutherland gery nie
So paar manne gekontak, maar almal vas op so kort kennisgewing
Sal maar wag tot Saterdag en kyk hoe die dag loop en dan besluit
Saterdag oggend en die besluit is gemaak, ek ry 10:00, al ry ek alleen
Nou akkomodasie kry, slaap nie die tyd van die jaar in my tentjie nie
Sutherland is vol geboek, al die plekke is vol, blykbaar Woensdag gesneeu en almal wil kom sneeu kyk, en kom blomme kyk en blykbaar kan ek al wat ‘n motorfiets verwag die naweek
Kry uiteindelik by Driefontein plek, self catering, R 300.00 p/p/n
Maar, daar is nie meer sneeu nie
Teen 09:00 is daar darem een maat wat sê hy gaan saam, maar kan eers later wegkom, als in orde, ek wag tot hy reg is, dan ry ons saam
Eers teen 11:00 weggespring, so dis maar teerpad Sutherland toe

36666533226_d0ed5a72f8_b.jpg


36666523346_61d5105ed3_b.jpg


36542995772_da2573b43a_b.jpg


Matjiesfontein, altyd ‘n stop werd

36542990102_b63b391262_b.jpg


36542985052_281b8dedca_b.jpg


Verlatekloofpas, wye draai, maar gevaarlik daarby

35877784634_7a6dcf337e_b.jpg


Bene rek en tyd om ‘n geocache te vind

35877780094_3690a6692f_b.jpg


35877773784_1f96c29e1a_b.jpg


Was blykbaar die tolhuis jare gelede

35902864763_021a3491a8_b.jpg


Die plek waar my goeie vriend Brian Geyer verongeluk het, nie lekker om dit te herleef nie, gestop en gery

35902858383_606bb7f7e3_b.jpg


Sutherland

36542944722_8d75760129_b.jpg


Grondpad akkomodasie toe

35877739404_49fd557499_b.jpg


Gerieflike ou huis, kombuis met binnebraai, 6 slaapplek, badkamer, baie lekker

36542935902_536f1ca709_b.jpg


Lekker kuier

36542934112_029f150524_b.jpg


35877726404_5a4f7d35e3_b.jpg


Glad nie so koud soos wat Sutherland voor bekend is nie, geen sneeu, geen blomme, geen motorfietse nie

Vroeg op en uit

36542929822_61f36c87ea_b.jpg


Dis waarvoor ons gekom het

36712404505_7ef6fda6f0_b.jpg


Eers nog ‘n geocache en dan aan met die dag se sake

36712394225_220b21aa63_b.jpg


Dis nog vroeg en die wind is besig om sewe soorte hel te waai, en dis so sny wind, sny so in die vleis in

35877701944_525fdd92a6_b.jpg


Ek het in my lewe nog nie so wind beleef nie, ons van die pad afgewaai, dit was benoude oomblikke vir die eerste paar honderde meter, dit het maar skuifel skuifel gekos en kort kort gestop en net die fiets regop gehou en die wind uit te wag

36717028865_4314d50f98_b.jpg


Stadig teen die pas af, dit het maar kruip kruip gegaan

36573831571_3b732dcc94_b.jpg


En toe ons laer afsak was die wind beter en seker boo or ons gewaai, van hier af kon ons ontspan en die pas se asemrowende uitkyk waardeer, sopnat gesweet en geen koue meer nie

36573815091_d752288fea_b.jpg


36666367456_af42ecbc14_b.jpg


36573798661_35906f62bd_b.jpg


35877649224_ed1f9fe96a_b.jpg


Die pas afgehandel en nou is dit gelykpad, dis windstil en heerlike weer

36666334546_9d2a261b96_b.jpg


Dor en droog, maar tog so anders mooi

36542856772_609a4e5a83_b.jpg


Die padpredikant het beter dae geken

36666321306_9c203265cc_b.jpg


36712293305_20f5172f07_b.jpg


Tankwa toe

35902732693_8b66913301_b.jpg


35877584124_daf70523bd_b.jpg


36666289586_1c4d1af3c0_b.jpg


Tankwa watervalle, dit, as daar water is, behoort fantasties te wees om dit te beleef as daar sterk water sou
vloei

36317107600_0eea9ea8b7_b.jpg


En nog ‘n geocache

36317097980_4d8749d748_b.jpg


36317089680_0784fe49d4_b.jpg


Lekker grondpaaie hier

36712251725_6acea1338c_b.jpg


Terug in die Wes-Kaap

36666263356_493e789232_b.jpg


Tankwa Nasionale Park, op pad uit, geen wild gesien nie

36666257046_69841fbcf0_b.jpg


Net buite die park, die prag Gemsbok, maar hy is vrek maer, die veld is kurkdroog en seker nie baie om van te oorleef nie, die ou gaan dit nie lank maak as dit so aanhou nie, die natuur het maar sy manier van dinge hanteer

36712241105_7a9cf95556_b.jpg


36666239646_927d5ba126_b.jpg


R355, op pad Tankwa padstal toe, dis tyd vir iets vir die keel en die maag

35877525314_63abf0ca2d_b.jpg


36573663101_26500214f6_b.jpg


36542772282_220efbc119_b.jpg


Die behoeftes is vervul en tyd om huis toe aan te stoot, laaste grondpad

36712224015_d0ccf6c840_b.jpg


800 km oor die twee dae, ‘n ongelooflike heerlike naweek uitstappie, batterye propvol gelaai

36712216745_f7ce2b36d7_b.jpg

 
Top