Skud-skud deur die Suide van Nambië

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Flatout

Race Dog
Joined
Oct 24, 2010
Messages
1,236
Reaction score
0
Location
Cape Town
Bike
Honda TransAlp XL700V
Ek en my broer Martin met sy vriendin Adi besluit skielik om sommer net te ry tot in Namibië. Oudergewoonte maak ons nie veel planne nie maar pak wat ons dink nodig sal wees en mik Noord.
Dis so koud dat ons by Piketberg moet stop en eers ’n lekker Spur ontbyt wegsit vir branstof. Hiervandaan was dit reguit grens toe. Ons kry gelukkig kamplek by Amanzi net anderkant Noordoewer vir die eerste aand.Hierna het ons roete soos volg verloop. Tweede dag: Amanzi deur Aussenkehr na Ai-Ais waar ons twee dae gekamp het. Dag 4: Ai-Ais na Afgronde, Canon Roadhouse, Grunau, Keetmshoop waar ons by die Kokerboomwoud geslaap het. Dag 5: Keetmanshoop teer tot in Luderitz. Dag 6: Luderitz, Rosh Pinah, Sendelingsdrif en weer tot by Amanzi. Dag 7: Van Rhynsdorp Dag 8: Huis toe.

Die paar grondpaaie wat ons wel gery het was uiters sleg en dit was omtrent ’n geskud. Padkontrakteurs het ontrek van paaie oor betalings geskille. My een crashbar het weer mors-af gebreek maar wonder bo wonder het die Transalp se skokbrekers darem gehou. My niere nie en ek moes weer ’n draai by die dokter gaan gooi. By Rosh Pinah het een van die Sinkmyn bestuurders ons van agter ingejaag en gestop om te keer dat ons die grondpad Oranjerivier toe ry. Volgens hom is hulle al moeg van Bikers red en was hy juis weer oppad om ’n 1200 gs te gaan optel. Die pad het dik sand op en vol poeier-gate. Sinkplaat maak alles nog erger maar ons het maar gery en heelhuids anderkant uitgekom. Ons twee sit maar gewoonlik en ry sodat jou bene daar is om die swaaie en tap-danse te kan hanteer. "Stand up, look up and open up" eindig glad te veel in gebreekte skouers en sleutelbene!

Die volgende drie foto's is in die omgewing van Aussenkehr geneem.
 

Attachments

  • IMG_2697.JPG
    IMG_2697.JPG
    245.5 KB · Views: 473
  • IMG_2704.JPG
    IMG_2704.JPG
    288.3 KB · Views: 470
  • IMG_2694.JPG
    IMG_2694.JPG
    201.1 KB · Views: 475
Top