Moordenaars Karoo - Video -

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Andre01

Pack Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
224
Reaction score
49
Location
Malmesbury
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Ons Roete was as volg

Malmesbury - Du Toits kloof - Witteberge pad - Laingsburg - Moordenaars Karoo - Sutherland - Ceres - Malmesbury

Die plan was om vroeg Saterdagoggend te vertrek en op Sutherland te slaap. Ons kom toe eers 11h by die huis weg en besluit toe om slaapplek te soek in die Moordenaars Karoo.

Ek het van te vore op Kyknet (Jan Braai) gesien van n gastehuis in die middel van die Moordenaars Karoo, Brinksfontein. Ek google hulle nommer en bel Saterdagoggend om te hoor of ons daar kan slaap omdat ons bang is ons maak dalk nie Sutherland voor sononder nie. Hulle het net n gastehuis, geen kamp plek nie, maar ons is welkom om by die gastehuis tent op te slaan. Daar is 'n buite stort en toilet wat ons kan gebruik.  Shap shap, dit klink goed.

Kom toe so 4h se kant by Brinksfontein aan. Paar biere gedrink, wors en chicken wings gebraai, en so net na 10h gaan slaap.

Volgende oggend het ons vroeg begin, vinnig n draai gemaak by die sterrewag en toe huiswaarts gedraai.

[youtube]https://www.youtube.com/watch?v=LQbUZ0xCbNU&t=17s[/youtube]
 
Top