Orania terug Kaap toe....nou hoe nou nou wat nou? Benodig raad asseblief?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Carrots

Grey Hound
Joined
Aug 18, 2010
Messages
5,647
Reaction score
1
Bike
KTM 990 Adventure
Jis,

Ek en die baas gaan so 3 weke road trip (ja ok met die bonzai 4x4  8) ) doen van einde September af.

Die eerste week help ons my Toppie Arno op sy MTB toer so ons begin in Prince Albert (Toppie bly daar)....dan George, Sedgefield, Knysna, Uniondale, De Rust, Prins Albert, Oudtshoorn en eindig dan weer in George. Slaap elke dag op 'n ander dorp. Dan as die toer klaar is in George gaan ons weer terug Prince Albert toe en van daar af gaan ek vir haar die Vallei van Verlatenheid wys by Graaff-Reinet, Nieu-Bethesda en dan Orania toe by my Moeder se huis vir 'n paar dae.

So van Orania af terug Kaap toe is ek nie mooi seker nie. Ons het so 2-3 (kan 4 ook doen indien nodig) dae om terug te kom in die Kaap.

Wat is die mooiste roete soos wat ek dit op die kaart gemerk het asseblief en wat moet ons nie mis nie? Waar is die beste plekke om te slaap en oor bly? Die hele toer en tot by my Moeder gaan ons in gastehuise bly so ons het geen problem om bietjie te kamp ook nie.

Ek het vroeer in die jaar vir haar Oasis, Katbakkies, Tankwa Nationale Park, Middelpos en Sutherland gaan wys so ons hoef dit nie weer te doen nie.

Help so bietjie asseblief man.

Baie dankie.

Kêrritz.
 

Attachments

  • Road trip.jpg
    Road trip.jpg
    156.3 KB · Views: 178
Top