Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: 'n Groot Karoo draai: Dorsland in 'n dors land  (Read 7475 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline katana

  • One day when I grow up, I want to be a
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Western Cape
  • Posts: 4,897
  • Thanked: 120 times
  • Sheer Smiling Pleasure
Re: 'n Groot Karoo draai: Dorsland in 'n dors land
« Reply #40 on: September 21, 2017, 08:27:45 pm »
Goed geskryf en baie geniet.  Ek moet self daai wreld nog gaan ry.  Dankie vir die moeite.
"The only man that has to remember anything, is the man who tells a lie" Mark Twain
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: 'n Groot Karoo draai: Dorsland in 'n dors land
« Reply #41 on: September 21, 2017, 08:30:15 pm »
Dankie Katana, jammer vir die sloer en dat ek hom so in paaiemente moet skryf  Photobucket het ons mooi verneuk met hulle nonsies.  More pos ek die volgende vertelling.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Karoo Rider

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 998
  • Thanked: 32 times
Re: 'n Groot Karoo draai: Dorsland in 'n dors land
« Reply #42 on: September 21, 2017, 08:52:09 pm »

Dis stories soos die wat maak dat mens nie more oggend met 'n lied in jou hart opstaan vir werk nie...  Nou mis ek die Karoo se grootsheid en kalmte.
« Last Edit: September 21, 2017, 08:52:52 pm by Karoo Rider »
 

Offline NoRush

Re: 'n Groot Karoo draai: Dorsland in 'n dors land
« Reply #43 on: September 21, 2017, 08:57:46 pm »
Dankie Dorsland, ons land bly n mooi land met bekooring vir die wat dit raaksien, soms as mens deur iemand anders se oe kyk sien jy raak wat anders verlore gaan.  :thumleft:
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,742
  • Thanked: 177 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: 'n Groot Karoo draai: Dorsland in 'n dors land
« Reply #44 on: September 21, 2017, 09:09:56 pm »
Dankie Johan. Ek ry lekker saam :ricky:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Klein Torkar

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Mpumalanga
  • Posts: 567
  • Thanked: 4 times
Re: 'n Groot Karoo draai: Dorsland in 'n dors land
« Reply #45 on: September 21, 2017, 09:14:02 pm »
Dankie vir die saam vat, jy laat n mens verlang na pleke en mense wat ek nie eers ken nie.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: 'n Groot Karoo draai: Dorsland in 'n dors land
« Reply #46 on: September 22, 2017, 09:28:03 am »
Voor my rit het ek vir my 'n stel fncy No Noise oorpluisies gekoop om my oues mee te vervang.  Ek lees die inligting oor die pluisies: keramiek insetsels, gemaklik, sagte silikoon rubber wat maklik in die oorkanaal indruk, doodstil, filtreer skadelike frekwensies uit, warrawarrawarra.

R290 plus posgeld later en die goed bly nie in my oor nie, hou aan uitdop en is g'n stiller as my vinger in my oor.  Na 'n dag en 'n half van sukkel gooi ek hulle onder in my een sak en hal my ou R20 koperasieproppies uit en dis doodstil, ek ry soos in 'n Mercedes Benz.

So by so, dat net na ek my laatmiddag siesta geneem het soos per di foto:




.... ry ek met my YamaBenz wat nou so lekker stil is, vinniger as wat ek moet en woerts, hier spring 'n steenbokkie voor my uit.  Ek gooi brieke en die agterwiel begin die voorwiel te wil verbygaan.  Ek los die remme en dis genoeg tyd vir die steenbokkie om met 'n dolle gejaag die veld in te hardloop.

Die R20 koperasie pluisies:




Die R290 (plus posgeld) Nonoise pluisies.  Ek dink hulle moes hulle liewers Nonsens pluisies genoem het.  Kos seker 30c vir die pluisies en R10 vir die aluminium houertjie.  Ek sit nou my koperasie pluisies in die aluminium houertjie.


« Last Edit: September 22, 2017, 03:08:48 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: 'n Groot Karoo draai: Dorsland in 'n dors land
« Reply #47 on: September 22, 2017, 09:33:02 am »
Met die dat dit so droog is, wei heelwat wild op die skouers van die paaie en het ek al 'n paar klein wildsbokkies gesien wat raak gery is.  Gelukkig het die steenbokkie soos hierbo beskryf, nie so opge-eindig nie:


« Last Edit: September 23, 2017, 06:51:33 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: 'n Groot Karoo draai: Dorsland in 'n dors land
« Reply #48 on: September 22, 2017, 09:45:33 am »
Ek ry laat die middag Victoria-Wes binne, dis warm en bedompig met sulke eienaardige wolke wat die wind oor die dorp waai.  Soos meeste dorpies, is die arme plekkie maar vervalle en vuil.  Ek ry 'n draai deur die dorp opsoek na oornag slaapplek.  Ek ry verby winkels met name soos SalOmien, die drankwinkel Pick-a-Bottle (hy doen seker goeie besigheid hier maandeinde se kant toe) en die skrynwerkers Grib & Vos.  Hier is nie so iets soos 'n mall nie.  Ook nie Woolworths, Mugg & Bean en ander moderne verskynsels nie. Voor die hotel staan 'n stuk of 15 bakkies.  Meestal Cruisers, Isuzus en Hiluxe.  Almal met tralies, dik van die stof en 3 of 4 met skaaphonne agterop wat geduldig vir hul base wag.   Seker boerevereniging vergadering.  Vanaand sal daar keelstof afgespoel word daar binne.

Die platteland ......  Lekker, man, lekker.

 Uiteindelik kry ek toe aan die rant van die dorp 'n gastehuis waar ek oornag.



 As ek sien hoe simpel laag hulle die wasbak gebou het sou ek darem afslag verwag het.  :peepwall: 8:



Nietemin, dis gemaklik en ek neem stelling op die agterstoep in waar ek, ja alweer, biltong geniet om die grommende maag te stil.  Daar is darem vars melk in die yskassie maar o wee, die Ingilse teekoppies maak dat ek die keteltjie weer so 3 keer moet stook om my teelus gedemp te kry.



Daar is effe ongemaklikheid onder die bruin huisbediendes nadat die twee katte 'n koggelmander my kamer ingejaag het.  Die bediendes wil nou glad nie oormore die kamer kom diens nie want daai koggelmandertjie het onder die bed nes geskrop.  mens sou sweer dis 'n blrrie krokodil wat onder die bed l.
 8: 8:


« Last Edit: September 23, 2017, 06:52:44 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,742
  • Thanked: 177 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: 'n Groot Karoo draai: Dorsland in 'n dors land
« Reply #49 on: September 22, 2017, 09:50:05 am »
Hoop jy het die bed toe maar op 2 bakstene maak staan.

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: 'n Groot Karoo draai: Dorsland in 'n dors land
« Reply #50 on: September 22, 2017, 09:51:10 am »
Hoop jy het die bed toe maar op 2 bakstene maak staan.

4 x 5 liter Plascon blikke  :lol8:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,742
  • Thanked: 177 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: 'n Groot Karoo draai: Dorsland in 'n dors land
« Reply #51 on: September 22, 2017, 10:10:03 am »
Ek sien die kamer kom ook met 'n voet wasbak.  :peepwall:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: 'n Groot Karoo draai: Dorsland in 'n dors land
« Reply #52 on: September 22, 2017, 10:13:56 am »
En so arriveer my laaste dag t vinnig na my smaak.  Dis maar dikwels so: dag 1 worstel mens jou nog los van die daaglikse dinge wat so 'n ruk lank saam my ry en eers van dag 2 af begin mens losraak.  En nou is dit al dag 3 van 'n 3-dae rit.  Maar wat, 'n hele volle dag op die Karoopaaie l nog voor en ek sien baie daarna uit.  YR voorspel dat die wind hier rondom Victoria-Wes 14m/s gaan waai.  Dis woes sterk daai so ek wil darem 'n ent gery kry alvorens die wind beginne blaas.

Die gastehuis se rekenaarjoggie sukkel om die rekenaar op te start en my faktuur gedruk te kry so ek gaan pak maar solank my fiets.  Ek smeer ook weer sy ketting - wat dik onder 'n stoflaag sit - tot groot belangstelling van die huispersoneel wat eers oggend koffie geniet.  Daarna ry ek tot by Bester Auto waar ek volgooi.  Terwyl ek volgooi kom 'n oom met silwergrys hare uit en kom groet my heel vriendelik.  Dis die 77-jarige Oom Christie Bester wie se pa di Ford handelaar "met niks" in 1946 beginne het.  Nou is dit 'n groterige bedryf wat 2 geboue in die hoofstraat besit.

"Ek is sommer negatief vanoggend en toe ek sien hier staan 'n motorfiets, wil ek eers my gedagtes bietjie kom afskud" seg die oom.  En daar gesels ons toe sommer meer as 'n uur lank terwyl my fiets daar op die vulstasie se ryvlak staan.  Hy het 'n Triumph Bonneville, sy 2 seuns ry ook fiets (1200 Adventure LCs) en sy kleinseun 'n 125 Tornado.  Oom Christie vertel hy is so lief om te gaan ry maar hy moet dikwels alleen gaan ry en hy is bang vir papwiele of omval dat hy op sy ouderdom nie meer die fiets kan orent optel nie. 

Ons gaan kyk fotos in sy kantoor, hy vertel van sy kinders, sy dogter wie se man vir iemand in die Langkloof boer, sy een seun wat nou die handelaar oorgeneem het. "eintlik moes ek al hier gewaai het dat hy kan aangaan maar dis my lewe die Ford agentskap." vertel hy.  Ons gesels oor die land en sy politiek (natuurlik  ), oor hoe hulle maatskappy 'n wa gekoop het en teen 'n onkoste van R12000 per maand, self die dorp skoonmaak, oor die munisipaliteit wat hulle 2 bakkies by die werkswinkel wil kom haal maar hulle het nie die R16000 om vir die werk te betaal nie, oor Ford se nuwe bakkies, oor hoe lank van die werknemers al by hulle werk, oor sy oupa se fiets met die karbied koplig, oor die droogte, boere wat swaarkry en alles en watnog.

En ek besef net weer dat elkeen 'n storie het om te vertel en elkeen is op sy eie manier interessant en die moeite werd om die tyd opsy te sit om daarna te luister en deel te neem.  Ek is baie lief om met ou mense te gesels.  Ek dink hulle is so dikwels opsy geskuif in die gejaag na die lewe elke dag dat hulle voor hulle tyd al oud is.  Dit was onbeplan en tog het ek dit baie geniet om met die oom te lag en te gesels en sy geskiedenis te hoor en die bitter interessante fotos te bekyk.






Julle ouens wat so slordig aantrek as julle gaan fietsry beter julle sokkies optrek en julle onderbaadtjies afstof voor julle volgende rit.









Wat s julle van die pryse!?


« Last Edit: September 23, 2017, 06:57:01 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 729
  • Thanked: 6 times
Re: 'n Groot Karoo draai: Dorsland in 'n dors land
« Reply #53 on: September 22, 2017, 12:26:00 pm »
AI Dorsland wat 'n lekker reis verslag, gelukkig op 'n Vrydag raak gelees, want het so pas die hele verslag gelees.
Dankie dit is so mooi geskryf en jou foto's uitstekend. Ek is net so ma oor die klein dorpies en hulle mense.
SJoe dit is erg droog daar, hier by ons het dit ook so gelyk laasjaar, ek voel vir die mense met my hele hart.

Kan nie wag vir die res nie
Life is great LIVE IT!!
 

Offline punisher

  • DILLIGAF
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,749
  • Thanked: 221 times
Re: 'n Groot Karoo draai: Dorsland in 'n dors land
« Reply #54 on: September 22, 2017, 12:58:58 pm »
sjoe , dankie meneer vir die deel

ek wil so graag stofpad karoo reis
just wanna have fun , and ride ... and ....... ride
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: 'n Groot Karoo draai: Dorsland in 'n dors land
« Reply #55 on: September 22, 2017, 02:03:39 pm »
sjoe , dankie meneer vir die deel

ek wil so graag stofpad karoo reis

Hel Punisher,  I thunk you wuz a Scotsman!? Jy praat dan mooi Afrikaans man  :thumleft:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: 'n Groot Karoo draai: Dorsland in 'n dors land
« Reply #56 on: September 22, 2017, 02:07:51 pm »
Dankie MFN, jy gaan my moeilik glo maar ek het vroer jare Nam stukkend gery. Dit was vir my die grootste grootse bederf gewees en nou was ek seker 18 of meer jaar laas op toer daar gewees. Dit maak my baie hartseer.  Die plaas hou my vas vas vas.  Nou steel ek 'n paar dae hier en 'n paar dae daar maar almal is t kort om julle pragtige land te besoek. Ek was al in meeste lande suid van die Sahara gewees en daar is geen, maar geen land wat Nam kan troef nie.
« Last Edit: September 22, 2017, 03:40:42 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: 'n Groot Karoo draai: Dorsland in 'n dors land
« Reply #57 on: September 22, 2017, 02:08:40 pm »
Nou ja, laat ek die volgende deel skryf, staan by .......
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline punisher

  • DILLIGAF
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,749
  • Thanked: 221 times
Re: 'n Groot Karoo draai: Dorsland in 'n dors land
« Reply #58 on: September 22, 2017, 02:33:26 pm »
sjoe , dankie meneer vir die deel

ek wil so graag stofpad karoo reis

Hel Punisher,  I thunk you wuz a Scotsman!? Jy praat dan mooi Afrikaans man  :thumleft:

agg  ek probeer so bietjie ..........  maar moet asseblief vir niemand se nie  ne   :laughing4:
just wanna have fun , and ride ... and ....... ride
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: 'n Groot Karoo draai: Dorsland in 'n dors land
« Reply #59 on: September 22, 2017, 02:55:52 pm »
Ek vertrou nooit 100% 'n GPS nie en bestudeer altyd 'n padkaart vooraf dat ek weet waarheen ek ry.  Met die uitryslag ry ek toe sommer so 'n Kaapse draai deur Victoria-Wes voor ek die kort stukkie teerpad tot by die Hutchinson afdraai ry.  Soos ek Hutchinson nader ('n spoorweg sylyn dorpie amper soos Rosmead hier buite Middelburg) is daar 'n paar grondpaaie wat regs afdraai.  Ek ry stadiger dat ek nie verkeerd ry nie.  Dis toe die laaste van drie paaie wat afdraai, Biesiespoort is my mikpunt. 

Hel en dis 'n lekker stuk pad.  Lyk my hy is net so 'n dag of wat vantevore geskraap.  Maar die ding is hy is nou so stowwerig dat dit lyk asof daar 4 groot lorries agter my ry so skop ek stof op.  Ek draai bietjie die fiets se oor dat die stof daaaaaar trek, 'n moerse stofwolk agter my.  Lekker om weer 14 jaar oud te voel!  >:D

Naderhand moet ek my mik mooi ken want die pad raak redelik sanderig en met die wind wat nou behoorlik beginne waai, dreig hy om my op die sanderige middelmannetjie te waai.  En dit gaan 'n geneuk wees.

Ek kom by Biesiespoort en sy onooglike windplaas tussen niks en nrens aan.  Ek sien daar staan een van die turbiene se vlerke nog in sy vervoerraam.  Dis darem 'n tamaai vlerk, mens besef dit eers as jy langs hom gaan staan.






Die wind waai nou 'n barshou maar gelukkig is dit amper reg van agter af en dis vir my die lekkerste fietsry.  My YamaBenz sweef sommer oor daai Karoospore, ek voel waaragtig ek kan vlieg.  Dis amper doodstil hier in my kletterpet, ek kry skaars wind voor by my baadtjie in waar ek hom oopgerits het, so sterk waai die wind van agter.  As mens 'n beesganna in die wind sien briekdans dan weet jy hy waai behoorlik.  Maar ai, dis lekker.  Ek kan sommer heeldag so ry.

Die weer is eienaardig, baie deinserig met sulke dun vlieswolkies wat nou en dan die son totaal versteek.  Dit wilwil lyk asof iets vir ren wil opbou maar ek weet die wind is gans en al t sterk daarvoor.



Ek merk 'n paar gasteplase wat ek verbygaan op die GPS.  Hulle is nou binne bereik van my af dat ek een dag na hulle toe kan uitry, oorslaap en die volgende dag weer huistoe ry.  Kan 'n baie lekker naweek bederf wees.  Ek dink een of twee van hulle het seker lekker geskep met die bou van die windplaas.  Ek is bly die boere het ook geleentheid gekry om pap te skep.  :thumleft: :thumleft:

Ek nader die N1 waar ek moet oor.  Net voor ek by die grootpad kom, staan di mooi stuk water agter 'n damwal.  Dis weereens soos 'n oase in die woestyn.  Langs die pad agter die wal is dit klam, met 'n leivoor wat bietjie water na die plaas se lammerkampies toe lei.  Ai, dis groen en die grassies groei welig, die bome is sommer 'n tevrede groen skakering en daar is lewe na die dorheid van die afgelope paar dae.





En dan is ek by die N1.  Trokke, vullis langs die pad, geraas, gejaag.  Ek neem gou 'n kiekie of twee en maak dat ek oor hom ry, die vlaktes weer in.





Dit raak nou waaragtig warm.  Ek het gesien hulle voorspelling was vir 35C vandag en dit voel nou baie naby daaraan.  Gelukkig is die wind nog van agter en ek ry lekker.  Ek laat weet my vrou Murraysburg l nou voor my, ek sal oor so 2 ure by die huis wees.  Ek sien uit om weer op die plaas te wees.  Maar tog is daar 'n heimwee dat 3 dae s vinnig kan verbygaan.

My laaste stop voor ek op Graaff-Reinet weer volgooi is die Afrikashoogtepas, die plaas Towerfontein l so vlak onder die ho kranse. 




Van Graaff-Reinet af plaas toe is die wind van amper 90 links teen my, hy waai my amper van my fiets af.  Daai laaste 60km is die mees vermoeiend van die hele rit so waai daai wind.  Nou ja, oppie plaas gekom, vanoggend alles deurgegaan, net 1 bokooi weg.  Rooikat.  Bliksem!

My brandstof verbruik oor die drie dae en vir 3 keer volgooi was 23.53km/l; 28.99km/l en 22.88km/l.  Ek kan baie ver op 'n tenk brandstof kom.

Tot volgende keer (wat gans en al t lank is)
« Last Edit: September 23, 2017, 06:59:05 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven