Pa en seuns gaan ry bietjie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

MRK Miller

Pack Dog
Joined
Feb 24, 2014
Messages
419
Reaction score
0
Location
Springs
Bike
Kawasaki KLR 650
So vroulief en ons dogter beplan om n mark op Endicott te gaan doen vir die sat. So dit los die twee seuns en myself met n paar opsies vir Saterdag. 1) tiunwerk  :huh:,visvang :whistle: boogskiet :) , bikery :woohoo: . So die vrydagmiddag na skool rammel ons gou deur die tiun. Mamma is happy, so saterdag oggend trek ons almal saam weg. Ons mik vir naaste grondpad grotte se kant toe. Ons is vroeg en die spietkops slaap seker nog, want ons kry nie een nie. Ons kom by die grondpad wat ons na vogelspriut dam vat, dan oor die damwal, waar Eben nog bietjie sukkel met sy 125cc minie fiets wat hy laat lê. Hy sukkel nog met rat seleksie as dit by sulke goed kom. Het hom geleer, as fiets wil lê laat hom lê, moet hom nie probeer keer nie dan vererg hy hom net en dan is daar moles. Maar hy is weer op kry hom aandie gang en ouboet help hom om die fiets damwal af te kry. Van daar grotte toe waar ons stop vir n koue een elk. Van daar is dit agter mynhope verby en Eben maak dit amper oor die klippe. Die knapie gaan lê nie sommer en ons is weer oppad, oor die blesbok waar ons n leka ooppad tref na die kruising by N17. Ek meet Eben op so 60 km/h. Leka wintie dink ek by myself. Oor die N17 deur n paar leka kronkil paaitjies verby Largo, tot ons R29 kruis. Maar nie eers voor ons n sandmonster teekom nie. Eben staan op boude effe agtertoe en ry net. Hel dink ek. Hy doen dit beter as ek. Gelukkig maak ek dit ook.
Oor die R29 al langs schoeman se grond op. Baie stof hier. Gelukkig is ek pa en ek ry voor  >:D , Eben in middel en Rikus agter redelik ver agter. :patch:. Ons kom by die steenoonde aan en gaan deur n paar nie so erg tegniese seksies, in die hoop dat Eben sy rat seleksie sal oefen. Maar hy stop eenvoudig kry eerste rat en ry dan deur. Ag wat tog,dit sal kom, sê ekmyself. Solank hy ry. Die dors tref ons en ons ry die laaste km na die plot waar die meisies die mark doen, om ons dors te verlig. Leka yskoue koeldrank, en dan natuurlik n pannekoek of drie. Ons kuier n ruk en dan vat ons weer pad. Hiustoe. Maar nie selfde pad nie. Gedink ons gaan by gauteng grens draai en dan om aston lake dam ry huistoe. Die pad is onlangs geskrap en in baie goeie kondisie. Ek ry rustig, en vergeet vir n oomblik om Eben in my trispieël dop te hou, toe hy skielik langs my opduik, en besig is om my verby te steek. Genade dink ek by myself, teen die spoed gaan ons nooit huis maak nie, tot ek afkyk n sien ek sit op 80km/h. Ek skrik my eers boeglam, en toe ek weer opkyk sien ek daai mini fiets vat net hier en daar grond soo daai agterwiel vastrap plek soek. Ek kom tot my sinne en dag wel laat ek ry. Ek kom tot langs om en verminder spoed oor eenkomstig met syne. 88km/h. Dis nou op die klr se klok so ek weet nie hoeveel om daarin te lees nie. Ek weet die afdraai kom so ek ry vooruit en begin liggies em sodat hy stoplig sien. Ons oorskiet die afdraai effe en draai terug ne waar Rikus vir ons wag. Neem eers n foto. Draai toe links aston lake se kant toe. Die paaitjie is bietjie meer uitdagend met baie gruis, maar ons maak dit tot by die dam sonder voorval. Seuns verbaas my elke dag. Van daar is dit terug tot by largo en selfde pad huistoe van daar. Wat n voorreg om dit met julle te kon deel Rikus en Eben
 

Attachments

  • 20170701_154534.jpg
    20170701_154534.jpg
    133.8 KB · Views: 362
  • 20170701_154532.jpg
    20170701_154532.jpg
    137.7 KB · Views: 325
  • 20170701_151111.jpg
    20170701_151111.jpg
    144.5 KB · Views: 316
  • 20170701_113054.jpg
    20170701_113054.jpg
    142.2 KB · Views: 321
  • 20170701_090743.jpg
    20170701_090743.jpg
    88 KB · Views: 321
  • 20170701_113045.jpg
    20170701_113045.jpg
    124.2 KB · Views: 333
Top