Geluk met jou eerste fiets, en veral die DR.
Dis 'n fantastiese fiets, en met 'n oop pyp en paar carb en airbox mods hardloop hulle dat dit bars.
Lees die DR 650 SE thread in die tegniese afdeling, en gebruik die "Search" funksie om ander DR 650 SE threads op te spoor.
Ek is al op DR No.4, maar het ook 'n Husqvarna 610 TE bygekoop.
Die TE is so 6 kg ligter, maar die rede vir aankoop was die fantastiese suspensie.
Die DR se suspensie is maar rof op my 53 jarige lyf. Ek geniet my "hard core" ritte in Swaziland!
Ek het 'n stel DRZ 400 voorvurke, asook 'n Sachs agter skokbreker vir die DR.
Oorweeg dit egter om die DR, asook alle ekstras en onderdele te verkoop, maar het nog nie 'n finale besluit geneem nie.

Sent from my iPad using Tapatalk