Raad groot asb oor Lesotho trippie in Des

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Nov 9, 2014
Messages
186
Reaction score
1
Location
Centurion
Bike
KTM 1190 Adventure
Hi Honne

So rukkie terug ook jul raad gevra, maar ek het roete verander en moet asb weer raad vra.

Dis ek net ek en my vriendin as pillion, op KTM1190AR, is dit doenbaar?  Ek sien dag 2-4 is nogal baie ure in die saal, bang ek misjudge die stadige spoed en afstande en kom nie by die aande se eindpunte nie.  Dis haar eerste lang trip so ek is bang om haar skrik op die lyf te jaag. 

• Dag 1, 27 Des:  Bethlehem – Golden Gate – Monantsa Grens – Afriski (132km, plek geboek om oor te slaap in Afriski)
• Dag 2, 28 Des:  Afriksi – Katse Dam – Bushman’s Pass (389km, plek geboek om oor te slaap in Seilatsatsi B&B in Maseru)
• Dag 3, 29 Des:  Maseru –Seshelabathebe – Sehonghong (357km, plek geboek om oor te slaap in Thaba-Tseka wat nog entjie verder weg is, bekommerd veral oor hierdie dag se ry??)
• Dag 4, 30 Des:  Sehonghong – Sani – Underberg (181km, plek geboek om oor te slaap in Underberg)

Is hierdie doenbaar met bietjie grasie as daar probleme opduik?  Is hier genoegsame pertrol plek op hierdie roetes?  Enige ander goed wat ek ingedagte moet hou soos as die reën ons dalk vang, sal hierdie paaie doenbaar wees as dit gebeur.  Ek probeer maar agterdeur opsie hou as dinge verkeerd loop om so vinnig as moontlik terug in Bethlehem te kom (waar my bakkie en trailer by iemand oorbly).

Sien Basecamp map attachment asb

Thx ouens
 

Attachments

  • 5 day Lesotho trip.gpx v3.zip
    296 KB · Views: 28
Top