Ompad na Vredenburg - 2 dag trippie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Steeks

Pack Dog
WD Supporter
Joined
Nov 30, 2016
Messages
250
Reaction score
51
Location
Stellenbosch
Bike
Yamaha Super Tenere
Dag manne,

My vrou en kinders het by skoonma gaan kuier vir die week en die plan was dat ek deur gaan Saterdag - great verskoning vir 'n lang ompad weskus toe  8)

Saterdag oggend vroeg uit Brackenfell, Bainskloof oor Ceres toe, daar gestop vir 'n koffie en toe deurgestoot Gydo Pas toe. Pragtige view van bo af, maar teen daai tyd was ek reg vir bietjie stof en, al is die grond deel nie baie nie, is Middelberg pas 'n baie lekker stukkie pad en 'n goeie alternatief Citrusdal toe.

Citrusdal op 'n Saterdag oggend is wild, net gestop vir petrol en toe koes koes met die hoofpad uitgery Clanwilliam toe - heerlike lang stuk grondpad al langs die Olifants rivier af, verby die dam tot in die dorp. Daar wemel dit ook en stop toe oppad uit by 'n vulstasie en praat met 'n paar ander manne op blink fietse..

Trug op die N7 vir 'n kort entjie teer en kies to koers regs by die "Paleisheuwel" bordjie. Aarde maar is dit nou 'n pragtige stuk pad - river en kloof vir 'n lang stuk tot dit later oopmaak en lang draaie maak deur 'n paar plase. Ry jy die pad uit, kom jy by die "dirt highway" R365 uit - breed en reguit.. Hom gevat al die pad tot by Het Kruis en daar regs vir 'n klein stukkie teer.

Net voor die brug weer links op grond oppad Banghoek toe. Rustige stukkie stof totdat hy begin klim op na die reservaat - daar verander die plantegroei en kan jy die agterwiel bietjie rond gooi om die draaie  ;) Ek het 'n paar spore gesien  en toe ek by die R399 T aankom sien ek 'n hele gesin dirtbikes wat ook Velddrif se kant toe draai. Toe is dit maar rustig trug sit en oopmaak Vredenburg toe Via Velddrif. Lang jare trug het daai einste pad my bobber amper uitmekaar geskud, maar daar was duidelik baie werk gedoen van daai tyd af..

Volgende oggend 'n vinnige stop by Paternoster en toe (sanderige) grond pad om trug Vredenburg to vir petrol. Van daar 'n lang stukkie teer tot buite Hopefield en toe regs by die Malmesbury bord - Darling toe!

Van daar is dit tyd vir die laaste stuk grond van die trip - +- 30km se spoorweg dienspad reg deur tot by Riverlands langs die N7. Al wat na dit oor was, was trug sit op die teer huis toe en planne maak vir die volgende trip  ;D

Alles saam was dit so 650km en kan seker in een dag ook gedoen word, maar het goed gewerk vir twee dae.



 

Attachments

  • Bainskloof 1.jpg
    Bainskloof 1.jpg
    264.5 KB · Views: 254
  • Ceres 2.jpg
    Ceres 2.jpg
    228.8 KB · Views: 259
  • Gydo pas.jpg
    Gydo pas.jpg
    247.3 KB · Views: 261
  • Middelberg pas.jpg
    Middelberg pas.jpg
    275 KB · Views: 262
  • Citrusdal - Clanwilliam.jpg
    Citrusdal - Clanwilliam.jpg
    285.2 KB · Views: 262
  • R365.jpg
    R365.jpg
    236.9 KB · Views: 245
  • Paternoster.jpg
    Paternoster.jpg
    269.9 KB · Views: 264
  • Heopefield - Darling 2.jpg
    Heopefield - Darling 2.jpg
    234 KB · Views: 238
  • Spoorlyn dienspad - Darling.jpg
    Spoorlyn dienspad - Darling.jpg
    284.5 KB · Views: 252
Top