Stil-stil deur n dors land.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bokveld

Race Dog
Joined
Aug 16, 2012
Messages
1,047
Reaction score
55
Bike
BMW F650GS / Dakar
    Ses maande gelede nooi ek vir Wim saam op n trip deur die Noord-kaap en suide van Namibia.Gebore op Stilfontein,is hy n man van min woorde.Ons praat nie veel meer oor die trip nie,maar Saterdag ,9 Januarie,vertrek ons vanaf n reenerige Montagu.By die Tankwa Padstal is dit alreeds aansienlik warmer en teen Gannaga-pas,raak dit aan 40 grade.My ekstra petrol het langs die pad afgeval en die kan begin lek.By die uitkykpunt bo-op Gannaga maak ek die kan leeg en groet hom op Middelpos. Saterdagmiddag en Middelpos bak roerloos in die son.Dis droog en die Calvinia-pad laat dink my aan die Pofadder/Onseepkans riller.Ons slaan ons tente  by Kleinplasie, buite Calvinia, op.Die plek is skitterskoon en ons kamp vir net meer as die prys van n sak hout.
 

Attachments

  • DSCN7850.JPG
    DSCN7850.JPG
    122.2 KB · Views: 660
  • DSCN7851.JPG
    DSCN7851.JPG
    120.3 KB · Views: 656
  • DSCN7854.JPG
    DSCN7854.JPG
    98.4 KB · Views: 674
  • DSCN7849.JPG
    DSCN7849.JPG
    133.4 KB · Views: 651
Top