Nawakwaland en die weskus pad ;D

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

katana

Grey Hound
Joined
Dec 5, 2011
Messages
5,627
Reaction score
281
Location
Cape Town
Bike
Yamaha T7
My skoonpa boer net buite Groenrivier.  Ek het die Kersfees my TTR saamgevat en vir die eerste keer daar in die veld gaan ry.  Die plaas is wyd en vol twee spoor paadjies deur die veld.  Te danke aan die wind, was die paadjies elke dag weer mooi gelyk gevee.  Dit was hemels gewees om die paar dae rond te ry in die veld 

'n Mens weet van die droogte en die boere wat sukkel, maar dit was hartseer om te sien net hoe droog dit daar is.

Nog 'n bucket list item, was om langs die see terug te ry na die Kaap.  Tot net buite Koekenaap die sand paadjies gery.  Van daar was dit teer tot in Strandfontein voordat ek op die spoorweg pad Lambertsbaai toe gery het.  Van daar tot in Elandsbaai, ook met die spoorweg pad.  My port pas was toe nie aanvaar as 'n permit nie ;) :imaposer:  Ek dink die wag wou my omdraai, gelukkig toe nie.

Van daar al die pad Kaap toe op die R27 teen die wind.  Dit was nie pret nie.

Die TTR het homself bewys as 'n baie handige fietsie.  Ongelukkig was 80km/h my top spoed teen die wind.  Môre gaan my nek lekker seer wees.  Die Tubliss was ek laas week opgesit het werk baie lekker.  Geen pap wiele of gebuigde rims nie.  :thumleft:
 

Attachments

  • 2.jpg
    2.jpg
    691.4 KB · Views: 531
  • 1.jpg
    1.jpg
    531.7 KB · Views: 529
  • 4.jpg
    4.jpg
    610.6 KB · Views: 515
  • 3.jpg
    3.jpg
    579.9 KB · Views: 500
Top