Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Born to be mild (nie n motorfiets rit verslag nie)  (Read 1646 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,071
  • Thanked: 87 times
Born to be mild (nie n motorfiets rit verslag nie)
« on: January 22, 2018, 10:56:49 am »
Jy lees die titel en dink daar is eintlik n spelfout. "Die liedjie sing dan born to be wild?" Maar nie hierdie Namakwalander nie. Nee, as ek n aanbieder vir die destydse Top Gear reeks was sou ek James May gewees het (al wil ek dit nie eintlik erken nie). Basies geniet ek die vervelige dinge in die lewe.

So toe die tyd gekom het om vir my vrou n meer geskikte voertuig vir haar werk te koop het ek eers probeer om iets lekkers te kry wat ek self ook so nou en dan kan ry, maar dan skakel my brein weer oor na vervelige dinge soos brandstof verbruik en onderhoud en diesmeer. 'n Geleentheid spring toe op om n Corsa bakkie van n mede forum lid te koop, 'n geleentheid wat vir ander mense te goed gelyk het om waar te wees, maar ek het kans gesien om die "risiko" te vat. Niks is mos n geheim op hierdie forum nie  :lol8:.

Die volgende stap sou wees om in Mossel Baai uit te kom. Ek hou nie juis van vlieg nie, maar het hierdie opsie oorweeg. Die volgende vraag was, hoe kom ek vanaf Centurion op die lughawe. Vroulief seg sy kan my net voor 7 op die lughhawe aflaai, n hele 5 ure voor my vlug. Hmmmm, ok miskein. Ander opsie is Uber teen R400 (F dit) of Gautrein teen R175 en dan moet ek eers stasie toe ry om geld op n kaart te gaan laai en vloek-vloek met die trein ry tot by die lughawe. Ek verpes die Gautrein.

Weereens het nog n parmantige forum lid tot my redding gekom toe hy aanbied dat ek sy Jeep Wrangler kan af ry tot in George. Goed, "watter Jeep is dit?" "dis n 4L petrol". Dit beteken tog seker die ding kan swaar wees op sous? Ek sien toe die manne praat op die wÍreld wye web van 5km/L... Challenge accepted!

Lang storie kort, word n ander voertuig se sleutels per koerier gestuur vanaf George na Johannesburg. Daar vat n drywer die voerrtuig se sleutels om te gaan kyk of die Jeep se sleutels daarin is en die drywer, Moses, bring die sleutels vir my waar ek in sy werkgewer se kantore se ontvangs vir hom wag. Moses vat my af na die Jeep, sluit die deur oop en skakel dadelik die enjin aan en beduie ek kan maar ry. Ek vra nogal hoe om daar uit te ry en hy verduidelik " jy ry hier by die hek uit dan ry jy sooo, so, so, sooo, so tot by die hek en sekuriteit maak daar vir jou oop". Ek en Moses groet mekaar met altwee hande en ek besef net daar dat my sogenaamde avontuur so pas begin het.
Born to be Mild
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,380
  • Thanked: 378 times
    • dustriders.co.za
Re: Born to be mild (nie n motorfiets rit verslag nie)
« Reply #1 on: January 22, 2018, 11:05:52 am »
Gawe storie die :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,071
  • Thanked: 87 times
Re: Born to be mild (nie n motorfiets rit verslag nie)
« Reply #2 on: January 22, 2018, 11:08:46 am »
So nou begin jy wonder watter pad het ek eerste gevat en waarheen, maar daar is nog so paar besonderhed oor die reis.

Uit by die hek waar sekuriteit aansienlik minder vrae gevra het as wat ek verwag het en ek soek my koers oppad terug huistoe na Centurion. Dis reeds 17:30 in die middag en verkeer staan byna doodstil. Dis op hierdie punt dat ek besef ek, die eienaar van die Jeep en die verkoper van die Corsa al drie gegaan het op die word van die ander een. Nie een van ons het mekaar al vantevore ontmoet nie. Dit maak my toe beide senuagtig en opgewonde. Ek maak die ent huistoe met die Jeep se petrol liggie wat helder skyn.

Oppad huistoe maak ek die Jeep se tenk vol en maak n mental note van die 60L kapasiteit.

By die huis aangekom, kry ek vir die eerste kans om gou die vloeistowwe en ligte te kyk. Moses het my half verplig laat voel om aan die ry te kom toe hy dadelik die enjin gestart het. Alles op die Jeep lyk reg tot my vrou my aandag op die lisensie skyfie let. Die Jeep se baas raai my aan om net breed vir die spietkop te glimlag, maar ek weet dat sulke gedrag van iemand soos my die boete meer sal maak.

Ek pak gou my goedjies vir die een aand se oorslaap op George en kom 21:30 in die bed en stel my wekker vir 01:15 die volgende oggend.
Born to be Mild
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,071
  • Thanked: 87 times
Re: Born to be mild (nie n motorfiets rit verslag nie)
« Reply #3 on: January 22, 2018, 11:27:03 am »
Die nag voel soos n ewigheid en van 12:00 af hou ek daai klokradio soos n valk dop. Soos voorspel gaan my wekker 01:15 af en ek spring op en trek aan en borsel tande en so aan. Gooi gou my goedjies in die Jeep en groet my vrou asof ek vir n week weggaan. Klim daar in die Jeep en net voor ek tru rat haak kry ek die gedagte om gou so twee CDs te gryp uit die motorhuis vir die langpad. Soen weer my vrou en kry rigting na die N1.

5min in my reis in besef ek die Jeep het nie n CD speler nie  :lol8: en ek is oorgelaat aan die genade van die RSG platejoggie. Gelukkig geniet ek darem om radio te luister en bere maar die CDs om oppad terug te luister...

Dit is n aanpassing om die Jeep te pilot, maar ek geniet dit en die ergste vaak word sommer gou deur die vars oggend lug weggewaai (of dalk tot in die agterste sitplek om my later te kom byt). Met RSG se herhaal programme in die agtergrond begin ek somme maak oor die Jeep se reik op n tenk petrol en raai sommer wat die brandstof verbruik is. Die plan was egter om tot by die Kroonvaal Engen te ry en daar vol te maak en dan die brandstof uit te werk om as n grondslag te gebruik vir dit wat voorle. Ek moet by las dat die stilstaande naald vir die eerste paar liter nogal bedrieglik is.

Ek hou aan met n spoed wat varieer tussen 110km/h en 120km/h en kom uiteindelik by die Kroonvaal Engen aan. Laat die Jeep volmaak terwyl ek die ruite was. Ek skryf die syfers wat die pomp gee op n papiertjie neer en maak gou n sommetjie. 7 punt iets km/l. Ek maak vrede daarmee en skuif die Jeep na die parkeer area en eet gou n kookeiertjie wat my liewe vrou vir my ingepak het. Terwyl ek so aan die vrug kou wat afkomstig is van die agterent van n hoender, belsuit ek om eerder te kyk wat maak die Jeep teen n spoed van rondom 100km/h tot 110km/h. Dis op hierdie punt wat mense met my wil raas oor ek glo te stadig ry, maar hierdie is ook n ander man se ryding en wil dit graag aan hom terugbesorg in n goeie toestand.
« Last Edit: January 24, 2018, 07:12:39 am by Namakwalander »
Born to be Mild
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,071
  • Thanked: 87 times
Re: Born to be mild (nie n motorfiets rit verslag nie)
« Reply #4 on: January 22, 2018, 11:30:20 am »
Die plakker op die agterkant van die Jeep het glo iets uit te waai met n ander lid van hierdie forum  :deal:
Born to be Mild
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,380
  • Thanked: 378 times
    • dustriders.co.za
Re: Born to be mild (nie n motorfiets rit verslag nie)
« Reply #5 on: January 22, 2018, 11:32:52 am »
Die plakker op die agterkant van die Jeep het glo iets uit te waai met n ander lid van hierdie forum  :deal:

Daai lid het gesit en luister hoe die menigte oproepe gemaak is om die sleutels by jou te kry. Dit was n behoorlike span poging. :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,347
  • Thanked: 142 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Born to be mild (nie n motorfiets rit verslag nie)
« Reply #6 on: January 22, 2018, 11:38:34 am »
 :ricky:  As jy nie so vroeg gery het nie het ons mekaar raakgery iewers.
Ek is Saterdag oggend 04h30 uit Brakpan met my seun se stadige blou fietsie. :ricky:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,071
  • Thanked: 87 times
Re: Born to be mild (nie n motorfiets rit verslag nie)
« Reply #7 on: January 22, 2018, 11:46:50 am »
So vanaf die Kroonvaal Engen af hou ek by my nuwe 100km/h tot 110km/h spoed al die pad tot by Bloemfontein.

Ek geniet die ervaring vreeslik op hierdie stadium. Die Jeep hou n mens besig en die windgeraas oor die dakrak maak seker ek weet wanneer my spoed onder 100km/h val.

Na n ewigheid op die pad, kom die son op en ek besluit om te stop vir n vinnige foto en bene rek. Dit was van die begin af my plan om gereeld te stop om te verseker dat ek nie moeg word nie.

In Bloemfontein stop ek by die Star stop op die bult om vining die Jeep se tenk vol te maak en myne leeg te maak voor ek weer in die pad val Colesberg toe.

In Colesberg fluit die petroljoggie al van ver af en beduie my tot by sy pomp. Hulle moes net voor my aankoms die hele plek skoongespuit het, want daar het orals water gele. Terwyl die jong man die Jeep volmaak sÍ hy aan my "meester moet tog daai venter toemaak dat ek gou die Jeep was", ek se vir hom "ek is haastig, as jy iets wil was, was dan asseblief die voorruit." En ek draai weer die Jeep op die N1 rigting Noupoort op die N9.
Born to be Mild
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,071
  • Thanked: 87 times
Re: Born to be mild (nie n motorfiets rit verslag nie)
« Reply #8 on: January 22, 2018, 11:56:15 am »
Ek hou vol met my ry en stoppery om die bene te rek en die brein wakker te hou met ondersteuning via WhatsApp van my vrou.

In Graff Reinet doen ek weer die vol/leeg storie en hou op die N9 in die rigting van Aberdeen.

Die vorige aand het ek nogal die weervoorspelling van n paar plekke op my roete gekyk en dit wou voorkom of hierdie gedeelte rondom Aberdeen die warmste sou wees. n Hele 37 grade C. Ek hou maar die ruite so op skrefies om die ergste brand te voorkom en sit dan so nou en dan vorentoe sodat die wind my afkoel deur middel van die verdamping van die sweet op my rug. n Ou vriend van my het dit altyd n "poelies Írkon" genoem. Ek is wel nie 100% seker waarvandaan hierdie uitdrukking kom nie.
« Last Edit: January 24, 2018, 07:15:39 am by Namakwalander »
Born to be Mild
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,071
  • Thanked: 87 times
Re: Born to be mild (nie n motorfiets rit verslag nie)
« Reply #9 on: January 22, 2018, 12:14:37 pm »
Soos wat ek en my nuwe vriend, die Jeep, Uniondale nader begin ek al uitkyk vir die spook, maar heelaas was sy seker besig om hare te doen. Die wolke het ook dik gepak gestaan in die Suide en die lug het effe koeler begin word terwyl die humuditeit opgegaan het. Ek is seker daarvan dat ek soos n arm hawelose geruik het teen die tyd wat ek in George aangekom het. Arm omdat n ryk hawelose darem n rooiprop of iets sou gevat het om die harde hoeke van die lewe net bietjie af te rond.

In Uniondale het die plaaslike Spar se koue Coke my weer n tweede asem gegee en het ek sommer van daar die laaste ent in een sitting klaargemaak. Erens op hierdie pad het dit ook begin reen. Die reen was baie welkom vir n koeler luggie en verseker ook vir die omgewing.

Uiteindelik kom ek in George aan, boek in by my gastehuis en lewer die Jeep af en ontmoet sommer ook sy baas. Ek moet se ek het darem twee keer na daai Jeep gekyk soos ek van hom af weggestap het. Ons het baie lekker gery.

Dis ook hier waar ek die aanbod van n koue bier van die hand moes wys omdat ek te bang is vir drink as ek moet bestuur (ek moes weer needankie se vir n koue bier later in hierdie dag). Ek was so slegte invloed op die ander klomp daar dat iemand anders kwaai getwyfel het oor sy tweede bier, maar op die ou einde het hy net nie kans gesien om die ketel aan te sit nie en was hy weer op die regte pad. Kort voor lank was my potensiele nuwe Corsa bakkie ook daar en kon ons die pad vat na Mossel Baai.

In Mossel Baai gaan ons die baie netjiese Corsa bakkie na en ek word sommer genooi vir n heerlike aandete ook waarna ek in die gou sakkende son en fyn reen weer terug George toe gery het.

20:00 se kant was ek by die gastehuis waar ek net weer my goedjies vir die volgende dag reggesit het en die vrou gebel het net om teen so 22:00 weer in die bed te kom

Die laaste foto is wat die GPS gese het my syfers vir die dag is (die topspoed was net toe ek n trok verby moes steek  :deal:)
« Last Edit: January 24, 2018, 07:18:35 am by Namakwalander »
Born to be Mild
 

Offline m0lt3n

  • Ervare noob
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1190 Adventure
    Location: Northern Cape
  • Posts: 4,704
  • Thanked: 102 times
Re: Born to be mild (nie n motorfiets rit verslag nie)
« Reply #10 on: January 22, 2018, 12:50:16 pm »
Willie jy laat een boring trip heel aangenaam klink!
Dooie visse gaan saam met die stroom...
 

Offline sidetrack

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 11,317
  • Thanked: 204 times
  • Beware the 250 roost !
Re: Born to be mild (nie n motorfiets rit verslag nie)
« Reply #11 on: January 22, 2018, 01:31:40 pm »
Baie mooi, watse jaar model Jeep is daai ?
Little by little, one travels far

J.R.R Tolkien
Ride reports :
http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=134175.0 Penge's pass and the Old Forest http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=9421.0 - Orange Atlantic adventure http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=7514.0 - 805 km day trip http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=20260.0 - East Cape Bash http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=70199.0 - Two KTM thumpers head north
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,071
  • Thanked: 87 times
Re: Born to be mild (nie n motorfiets rit verslag nie)
« Reply #12 on: January 22, 2018, 01:44:15 pm »
Met die terugkom slag kon ek al by opstaan tyd voel dat ek bietjie moŽr is as die vorige dag. Ek het die vorige aand 22:00 gaan slap en weer 1:30 opgestaan. Dis seker n bietjie min slap vir so lang rit, maar ek wou graag voor 17:00 by die huis wees omdat my vrou mense oorgenooi het en ek graag wou braai.

Dinge was so bietjie vaag in die donker en die reen en by die vulstasie ontdek ek dat toe ons die vorige aand goed tussen rygoed oorgepak het, die radio se gesiggie in Mossel Baai agtergebly het. Dus, vir die volgende 1250km was ek sonder CD speler en sonder RSG. My nuwe "slimfoon" het ook nie n FM radio funksie nie. Ek weet ook nie eens wat die presiese tyd is wat ek George verlaat het nie, maar dit moes om en by 02:00 gewees het.

Die reen teen die pas uit was fyn en het sig nogal moeilik gemaak, maar daar was gelukkig min tot geen ander karre op die pad nie wat beteken het dat ek die ligte op brights kon los waar die mis nie te dig was nie.

Dit was erens oppad Uniondale toe wat ek stil gehou het om water af te tap en sommer net die veld te ruik in die reen. Dis darem n reuk wat nie nageboots kan word nie. Die veld bedoel ek, nie die reuk van urine nie.

n Ent na Uniondale oppad Willowmore toe het ek groot geskrik toe ek eers die stilstaande bok sien toe ek klaar reg by hom is. In my vaakheid het ek hom net nie gesien nie en ek glo ek is net so haarbreedte langs hom verby. Net daar het ek belsuit om af te trek en so 20min power nap te maak. Vir wat dit ook al werd is. Na my slapie het die son ook begin opkom wat toe die hele ervaring verander het.
« Last Edit: January 24, 2018, 07:23:46 am by Namakwalander »
Born to be Mild
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,071
  • Thanked: 87 times
Re: Born to be mild (nie n motorfiets rit verslag nie)
« Reply #13 on: January 22, 2018, 01:45:10 pm »
Baie mooi, watse jaar model Jeep is daai ?

Ek het eerlikwaar geen idee nie, maar hy is baie netjies
Born to be Mild
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,071
  • Thanked: 87 times
Re: Born to be mild (nie n motorfiets rit verslag nie)
« Reply #14 on: January 22, 2018, 01:52:51 pm »
By Graaff Reinet het ek besef ek moet n plan maak en stop toe by die Seattle Coffee vir n kaffiŽne fix en ietsie vir die maag. Dis ook vanaf Graaff Reinet wat ek eers lekker met die Corsa begin ry het. Die klank van die 1400 wat sy werk doen en die sagte doef wat die onderstel oor die ongelykhede in die pad gemaak het. Ek moes hierdie klanke geniet het omdat ek nie n radio gehad het nie  :lol8:

Ek sien toe ook daar by Noupoort is daar heelwat wind turbines opgesit. Iets wat deesdae orals opkom soos onkruid en dan hoor ek vanoggend op die radio ons land maak te veel krag... Ten minste is dit groen of wit of wat ook al.

Born to be Mild
 

Offline Dwerg

Re: Born to be mild (nie n motorfiets rit verslag nie)
« Reply #15 on: January 22, 2018, 02:10:44 pm »
Het ek nou gemis? Wat was die Jeep se verbruik op 100-110?
KTM 690R, 790ADV
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,071
  • Thanked: 87 times
Re: Born to be mild (nie n motorfiets rit verslag nie)
« Reply #16 on: January 22, 2018, 02:16:01 pm »
So net na 09:00 het ek by Colseberg aangekom en besluit ek sal die dorp invaar opsoek na n klein draadloos. Net ietsie wat radio kan opvang en hard genoeg speel. Ek het geweet ek sal so iets by n Clicks kan kry, maar dink nou of ek n Clicks in Colesberg kan opspoor? Ek stop op die ou einde by n IndiŽr se winkel omdat hulle mos altyd so bietjie elektronika verkoop. Ek verduidelik mooi aan die man dat ek net n FM radiotjie soek wat op batterye kan loop. Hy begin n hele reeks goed uitpak waarvan nie een voldoen aan my vereistes nie. Uiteindelik kry hy een aan die speel wat hy meen die beste koop is vir R200. MAAR, die ding het n interne battery wat ek net van n muurprop af moet laai wat die man so gaaf sal wees as om vir my die kabel te voorsien. Ek se toe nou maar op die ou einde vir die man baie dankie en soos wat mens in die laerskool by jou maatjie se huis weg is sonder om te help speelgoed wegpak, is ek net so daar weg en weer op die pad terug huistoe.

In Bloemfontein moes ek stop omdat ek my groot man belowe het ek bring vir hom iets saam. Ek onthou toe gelukkig van die helikopter wat ek die vorige dag by die Star stop gesien het en maak toe n punt daarvan om weer daar te stop. Gelukkig het hulle erens deur die loop van my reis nog van die goed uitgepak en kon ek n werkende een kry.
« Last Edit: January 24, 2018, 07:26:58 am by Namakwalander »
Born to be Mild
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,071
  • Thanked: 87 times
Re: Born to be mild (nie n motorfiets rit verslag nie)
« Reply #17 on: January 22, 2018, 02:23:05 pm »
Die laaste gedeelte was die moeilikste en die min slaap het my weereens kom inhaal. Ek het nog so paar keer gestop en gesig gewas en water gedrink en geraas en met myself gepraat, maar daai vaak wou nie weg nie. n Burgertjie daar by Ventersdorp kon gelukkig weer die energie vlakke so effe lig en ek was weer sterk oppad huistoe in n reis teen tyd.

Daars n foto van my waar ek wou kyk of mens kan sien hoe moeg ek is, maar dit lyk net of bestuur n moerse ernstige affering is.

16:50 stop ek voor my huis se hek en my vrou is so bly sy groet my met blink ogies (bly oor my of die bakkie??  :patch:). Die groot man was net so bly om my te sien (of was dit die helicopter??) en ek het net genoeg tyd gehad om gou vleis reg te sit voor die kuier mense opgedaag het en daar n vuur aangesteek is.

Die laaste foto is weer van die GPS se data wat my gemiddelde spoed aandui en so aan. Daar was ook een moerse lang lorrie erens langs die pad, maar meeste van die tyd was die Corsa se naald aan die stadige kant van die 120km/h merkie gewees.
Born to be Mild
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,071
  • Thanked: 87 times
Re: Born to be mild (nie n motorfiets rit verslag nie)
« Reply #18 on: January 22, 2018, 02:29:00 pm »
Het ek nou gemis? Wat was die Jeep se verbruik op 100-110?

Nee, jy het niks gemis nie. Ek het dit nie eintlik genoem nie omdat ek nie juis seker was of my syfers sin maak nie. Vanaf die Kroonvaal Engen tot by Bloemfontein het ek n gemiddeld gekry van so net meer as 8km/l. En vanaf Bloemfontein tot by Colesberg het die windpompe vir my gese die wind is van agter en het ek 10km/l gekry. Van daar tot by Graaff Reinet was die wind dalk van die kant af gewees en is verbruik weer af na 7.5km/l. Ongelukkig het ek nie die syfers vir die laaste stuk tot by George nie waar ek doelbewus nog 5km/h stadiger gery het as gevolg van sterk wind. Ek vermoed dit kon nie meer as 8km/l wees nie.
Born to be Mild
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,071
  • Thanked: 87 times
Re: Born to be mild (nie n motorfiets rit verslag nie)
« Reply #19 on: January 22, 2018, 02:31:00 pm »
Die plakker op die agterkant van die Jeep het glo iets uit te waai met n ander lid van hierdie forum  :deal:

Daai lid het gesit en luister hoe die menigte oproepe gemaak is om die sleutels by jou te kry. Dit was n behoorlike span poging. :thumleft:

Ek was baie bly toe ek hoor die sleutels het dit tot in Gauteng gemaak en het verstaan daar was redelik wat agter die skerms aangegaan het.
Born to be Mild