Born to be mild (nie n motorfiets rit verslag nie)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Namakwalander

Grey Hound
Joined
Nov 19, 2013
Messages
7,324
Reaction score
2,105
Location
Centurion
Bike
Honda XR250 Tornado
Jy lees die titel en dink daar is eintlik n spelfout. "Die liedjie sing dan born to be wild?" Maar nie hierdie Namakwalander nie. Nee, as ek n aanbieder vir die destydse Top Gear reeks was sou ek James May gewees het (al wil ek dit nie eintlik erken nie). Basies geniet ek die vervelige dinge in die lewe.

So toe die tyd gekom het om vir my vrou n meer geskikte voertuig vir haar werk te koop het ek eers probeer om iets lekkers te kry wat ek self ook so nou en dan kan ry, maar dan skakel my brein weer oor na vervelige dinge soos brandstof verbruik en onderhoud en diesmeer. 'n Geleentheid spring toe op om n Corsa bakkie van n mede forum lid te koop, 'n geleentheid wat vir ander mense te goed gelyk het om waar te wees, maar ek het kans gesien om die "risiko" te vat. Niks is mos n geheim op hierdie forum nie  :lol8:.

Die volgende stap sou wees om in Mossel Baai uit te kom. Ek hou nie juis van vlieg nie, maar het hierdie opsie oorweeg. Die volgende vraag was, hoe kom ek vanaf Centurion op die lughawe. Vroulief seg sy kan my net voor 7 op die lughhawe aflaai, n hele 5 ure voor my vlug. Hmmmm, ok miskein. Ander opsie is Uber teen R400 (F dit) of Gautrein teen R175 en dan moet ek eers stasie toe ry om geld op n kaart te gaan laai en vloek-vloek met die trein ry tot by die lughawe. Ek verpes die Gautrein.

Weereens het nog n parmantige forum lid tot my redding gekom toe hy aanbied dat ek sy Jeep Wrangler kan af ry tot in George. Goed, "watter Jeep is dit?" "dis n 4L petrol". Dit beteken tog seker die ding kan swaar wees op sous? Ek sien toe die manne praat op die wêreld wye web van 5km/L... Challenge accepted!

Lang storie kort, word n ander voertuig se sleutels per koerier gestuur vanaf George na Johannesburg. Daar vat n drywer die voerrtuig se sleutels om te gaan kyk of die Jeep se sleutels daarin is en die drywer, Moses, bring die sleutels vir my waar ek in sy werkgewer se kantore se ontvangs vir hom wag. Moses vat my af na die Jeep, sluit die deur oop en skakel dadelik die enjin aan en beduie ek kan maar ry. Ek vra nogal hoe om daar uit te ry en hy verduidelik " jy ry hier by die hek uit dan ry jy sooo, so, so, sooo, so tot by die hek en sekuriteit maak daar vir jou oop". Ek en Moses groet mekaar met altwee hande en ek besef net daar dat my sogenaamde avontuur so pas begin het.
 
Top