Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Karoo Krismis: Dorre Karoo na Groene Tuinroete  (Read 5272 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ri

  • Stray DR Collector
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,495
  • Thanked: 335 times
  • DR650 Admirer
Karoo Krismis: Dorre Karoo na Groene Tuinroete
« on: January 24, 2018, 10:49:39 pm »
"Ry jy altyd alleen?!" vra die skraal ouerige omie bruusk.

"Nee!" antwoord ek verskrik.

"Ek het haar klaar gevra," paai Susan van Tankwa Padstal. "Sy het verduidelik."

"O," sÍ hy bietjie kalmer, "So ek hoef nie vir jou 'n praatjie af te steek nie."

Dit is waar, ek het nog nooit alleen verder gery as die ontmoetingsplek vir 'n rit nie. My verduideliking aan Susan dra ook waarheid: skielike verlof, onbeskikbaarheid van ruiters wat in my rigting ry, en, dringeste van alles, hoe nooi mens nou iemand saam vir Kersfees by jou mense? Hulle het tog hulle eie mense en hulle eie planne?

Wat ek versuim om vir die streng omie te sÍ is dat, as hierdie rit goed afloop, ek beplan om nog baie kilometers op my eie te ry 8)

Die plan om met die motorfiets vir my familie by Fraserburg te gaan kuier, het skielik vorm gekry nadat ek die Tuinroete Honde se pos oor Desemberritte gesien het. Ek wou saam met hulle ry! Maar hoe kom ek in die Tuinroete met die motorfiets as ek Kersfees op die plaas moet wees? Eenvoudig - kombineer dit met iets wat ek wou doen vandat ek my leerlinglisensie gekry het - ry met die motorfiets :ricky:

Die plaastoe ry is al lankal op my wenslys, vandat 2StrokeDan na voorlaasjaar se Thumper Bash 'n weggooi aanmerking gemaak het oor Anysberg: hierdie is nie besonders nie; dit is die pad na 'n boer se plaashuis. Ek het met nuwe oŽ gekyk na die bykans 10km plaaspad na my sus-hulle se huis, en dit het my doelwit geraak om hierdie paaie baas te raak.

Maar ek het altyd gedink om dit oor 'n lang naweek te doen, ver in die toekoms, vergesel van 'n mederuiter of twee. Nou, met my versigtige swaer se versigtige goedkeuring, en onverwagse verlof van die werk (ek is nog in my eerste 6 maande), rek my rit skielik uit van 'n langnaweek na 'n hele 10 dae. Ek stuur koorsig e-posse op soek na verblyf, en vra almal se raad, en uiteindelik is alles gereŽl.

Die week voor my vertrek is 'n nagmerrie van laat werksnagte, verpaste sperdatums, afwisselende slaap en stygende temperature. Die weertoep dui aan dat daar deurentyd 'n wind gaan waai Vrydag en Saterdag, en dat temperature nie onuithoubaar hoog gaan wees nie. Inteendeel, 'n koue(rige) front word voorspel vir Saterdag. Vir eens is die toep akkuraat.

Ek pak eers teen 00:00 Donderdagaand die motorfiets, en val in die bed. Vrydagoggend staan ek vroeg op om teen 06:00 by die werk te wees om dringende werk te probeer afhandel. Ek besluit om met die motor werk toe te ry, en nie met die gelaaide motorfiets nie. Ek werk gejaagd om klaar te kry want ek moet op die laatste 12:00 wegspring. Ek is doodmoeg.

Teen 11:20 kry ons toestemming om klaar te maak, en ek dwing myself om rustig die laaste goed aan die motorfiets vas te maak. Ek ry eers omtrent 14:00 uit Stellenbosch uit Ceres se kant toe, heelwat later as die 12:00 wat ek beplan het, maar ek is weg! 

Ek kyk weer af na die handgetekende kaart in my hande en probeer die afstande en draaie memoriseer, want selfoonopvangs het al weggeraak en ek het nie 'n GPS nie. Ek het ook net 'n vae idee van waar my eindbestemming lÍ, diť dat ek gedink om gou by Tankwa Padstal te stop vir aanwysings.

Verbasend is hier is nie 'n enkele motorfiets nie, al is dit 16:00 se kant op 'n Vrydagmiddag. Hier staan net 'n paar stowwerige bakkies, en op die stoep sit 'n paar stowwerige omies wat my uitdrukkingloos aankyk.

Enige gedagte om 'n oomblikkie hier te verwyl met 'n koeldrank of 'n bottel water, verdamp. Ek vou die kaart op en haas my na my motorfiets waar ek vinnig en onhandig my helmet op my kop forseer, my handskoene aanrem, op my voetstut klim en my been oor die saal gooi, en wegtrek terwyl ek bid dat ek nie onder hierdie afkeurende blikke die enjin laat stol, of neerbliksem nie. Ek ry vinnig by die hek uit en mik regs op die R355, weg van Ceres en beskawing, in die droŽ hitte en die stof in.
« Last Edit: March 14, 2018, 06:38:46 pm by Ri »
Tales of the Purple Turtles: Ride Reports
PROJECT SAS WILDEHOND III Contributions: R Snyman Capitec Savings Account 1545860511 Balance (2017/12/07): R3005,00 - R1,600 for steel purchase
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 27,656
  • Thanked: 296 times
    • dustriders.co.za
Re: Karoo Krismis: Dorre Karoo na Groene Tuinroete
« Reply #1 on: January 24, 2018, 11:00:12 pm »
Hier kom n lekker lees.......... :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,692
  • Thanked: 307 times
Re: Karoo Krismis: Dorre Karoo na Groene Tuinroete
« Reply #2 on: January 25, 2018, 05:35:27 am »
Hier kom n lekker lees.......... :thumleft:
Nee kyk, dit gaan goed wees.
 :sip:
Dakar 650
KLR650
 

Offline Matewis

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,715
  • Thanked: 24 times
Re: Karoo Krismis: Dorre Karoo na Groene Tuinroete
« Reply #3 on: January 25, 2018, 08:03:50 am »
Sub
ďDonít go where the path my leadÖ  Go instead where there is no path and leave a trailÖĒ ~ Ralph Waldo Emerson
https://kettingsaag.wordpress.com/
https://witvosblog.wordpress.com/
 

Offline Black_Hawk

  • BackroadRiderZA
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,375
  • Thanked: 62 times
  • Follow our blog: https://mytownsatoz.wordpress.com
    • My Towns A to Z
Re: Karoo Krismis: Dorre Karoo na Groene Tuinroete
« Reply #4 on: January 25, 2018, 08:21:46 am »
Klink of hier 'n interesante RR kom  :thumleft:

Subscribe  :sip:

Follow our blog: https://mytownsatoz.wordpress.com

2010 F650GS (Sold), 2009 BMW F800GS, 2002 BMW F650GS (Sold), 1982 Honda XR 200R
 

Offline FrancoisTz

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 894
  • Thanked: 20 times
Re: Karoo Krismis: Dorre Karoo na Groene Tuinroete
« Reply #5 on: January 25, 2018, 08:31:23 am »
Kan beswaarlik wag vir die res, hoop die pad is lank en ontlok nog baie van hierdie uitsonderlike Afrikaans.
Far better is it to dare mighty things, to win glorious triumphs, even though checkered by failure, than to rank amongst those poor spirits who neither enjoy much nor suffer much, because they live in the grey twilight that knows neither victory nor defeat.
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,013
  • Thanked: 113 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Karoo Krismis: Dorre Karoo na Groene Tuinroete
« Reply #6 on: January 25, 2018, 08:36:38 am »
 :ricky:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Tony the Boney

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,624
  • Thanked: 36 times
  • Threw away the key and locked the door
Re: Karoo Krismis: Dorre Karoo na Groene Tuinroete
« Reply #7 on: January 25, 2018, 08:47:11 am »
Its already good :thumleft: Mooi so Ri
The older I get, the earlier it gets late
 

Offline Lem

Re: Karoo Krismis: Dorre Karoo na Groene Tuinroete
« Reply #8 on: January 25, 2018, 09:00:25 am »
lanklaas iets wat met so 'n mooi aanloop begin gelees  :thumleft:

Sien beslis uit na die res  :thumleft:
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline the ruffian

Re: Karoo Krismis: Dorre Karoo na Groene Tuinroete
« Reply #9 on: January 25, 2018, 09:05:33 am »
Gooi, tannie, gooi....!
 

Offline Oupa Foe-rie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 4,847
  • Thanked: 5 times
  • Oom Foe-rie was hacked by a Mod.
Re: Karoo Krismis: Dorre Karoo na Groene Tuinroete
« Reply #10 on: January 25, 2018, 09:27:21 am »
Dit is n lekkerlees begin .......... :thumleft:
Ri wys vir ons n paar prentjies ook asseblief ........ ;)
Yamaha XT1200Z ........... Take your soul everywhere and back
 

Offline Ri

  • Stray DR Collector
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,495
  • Thanked: 335 times
  • DR650 Admirer
Re: Karoo Krismis: Dorre Karoo na Groene Tuinroete
« Reply #11 on: January 25, 2018, 09:38:13 am »
Dit is n lekkerlees begin .......... :thumleft:
Ri wys vir ons n paar prentjies ook asseblief ........ ;)

Gooi, tannie, gooi....!
:laughing4:

Patience, young Padawans... (Padawanu? Padawana? Padawena?)  :sip:
« Last Edit: January 25, 2018, 09:40:32 am by Ri »
Tales of the Purple Turtles: Ride Reports
PROJECT SAS WILDEHOND III Contributions: R Snyman Capitec Savings Account 1545860511 Balance (2017/12/07): R3005,00 - R1,600 for steel purchase
 

Offline Enzo

  • Vendor
  • Vendors
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 979
  • Thanked: 16 times
  • Morning lab rats
    • You Said It, Tech startup Incubator
Re: Karoo Krismis: Dorre Karoo na Groene Tuinroete
« Reply #12 on: January 25, 2018, 11:34:22 am »
Dankie, ek sal by die radio verder luister - gooi


Sent from my iPhone using Tapatalk
 

Offline Operator

  • is a Forum Vendor and a
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Husqvarna (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,454
  • Thanked: 109 times
  • Official Vendor
    • Vendor
Re: Karoo Krismis: Dorre Karoo na Groene Tuinroete
« Reply #13 on: January 25, 2018, 11:39:28 am »
 :sip:
 

Offline BikerJan

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,593
  • Thanked: 92 times
Re: Karoo Krismis: Dorre Karoo na Groene Tuinroete
« Reply #14 on: January 25, 2018, 11:59:18 am »
 :sip:
 

Offline MiniDan

Re: Karoo Krismis: Dorre Karoo na Groene Tuinroete
« Reply #15 on: January 25, 2018, 01:36:09 pm »
Hello????
Hoe lank moet n mens wag...



Sent from my iPhone using Tapatalk
 

Offline Rouxman

Re: Karoo Krismis: Dorre Karoo na Groene Tuinroete
« Reply #16 on: January 25, 2018, 02:18:17 pm »
 :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip:
Actions express priorities - Gandhi
 

Offline Tony the Boney

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,624
  • Thanked: 36 times
  • Threw away the key and locked the door
Re: Karoo Krismis: Dorre Karoo na Groene Tuinroete
« Reply #17 on: January 25, 2018, 05:18:11 pm »
Hello????
Hoe lank moet n mens wag...



Sent from my iPhone using Tapatalk
hahaha  :imaposer: still waiting for your RR  :imaposer:
The older I get, the earlier it gets late
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,013
  • Thanked: 113 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Karoo Krismis: Dorre Karoo na Groene Tuinroete
« Reply #18 on: January 25, 2018, 06:17:31 pm »
We know women by now.. takes FOREVER.  :peepwall: :pot: :imaposer:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline boere

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XL1000V Varadero
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,507
  • Thanked: 28 times
Re: Karoo Krismis: Dorre Karoo na Groene Tuinroete
« Reply #19 on: January 25, 2018, 08:05:51 pm »
We know women by now.. takes FOREVER.  :peepwall: :pot: :imaposer: AND A DAY :pot: :pot: :pot: