Warning !! My ondervinding met hierdie 2 Bike Shops.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Status
Not open for further replies.

Swannie 685

Pack Dog
Joined
Aug 1, 2014
Messages
468
Reaction score
0
Location
Western Cape
Bike
Kawasaki KLR 650
01)  A1 Bikes Oudtshoorn :
Was daar om kwotasie te kry vir spesifieke werk.
Eienaar vra R350.00 vir kwotasie alleen,aangesien "almal" slegs kwotasies by hom vra en hy nooit die werk  kry nie.

Ek het nie kans gesien daarvoor nie en op pad na my bike, het Gerhard (die eienaar) my gevolg met sy werktuigkundige. Op sy vraag wie die bout "gestrip"het, het ek geantwoord dat dit Thundercycles in George was. Ek het hom weer gevra wat die werk sal kos, waarop hy geantwoord het sonder die R350.00 in sy sak ,terugbetaalbaar as hy die werk kry, is hy nie bereid om my te antwoord nie. Ek het hom toe maar net uitgelag.

02 ) Thundercycles George:

Nadat ek die heel eerste keer bande vervang het by hierdie plek, was die "hub" stukkend binne 48 uur.Bestuurder het ontken dat fout in werkswinkel ontstaan het. Indien dit reeds foutief was, sou die werktuigkundige dit tog gerapporteer het ,of hoe ? So, volgens die bestuurder was die hub 100% voor die tyd en na die tyd en kan hulle nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige skade na die tyd opgedoen nie.

Nadat die bande op `n latere geleentheid  weer vervang is, moes ek die volgende dag weer teruggaan, sodat die werktuigkundige `n plan kon maak met die band wat
geweldig teen die ketting beskermer ( chain guard) skuur.

Geen kliënt word toegelaat om by te staan wanneer aan n fiets gewerk word nie. Ek het egter om die gebou gestap ( wel nog op hul perseel) en van `n afstand dopgehou ( buite die werkswinkel) hoe die probleem herstel sou word. Ek is egter onmiddellik gevra om die gebied te verlaat en liewer voor  in die winkel te gaan wag.

Ongelukkig het `n baie lang tyd verloop en slegs 2 weke gelede het ek `n ekstra "Allen Key" gekry en wou toe sien waar dit sou pas.Dit het toe op die wiel se as gepas waar dit in die skokbreker indraai. Groot was my verbasing toe dit slegs in die rondte draai. Na `n gesukkel kon ek die bout uitkry met `n tang en gesien dat die gat in die skokbreker heeltemal "gestrip"was.

`n Klomp eposse na en van Thundercycles het gevolg en ek is versoek om vandag, 30 Jan. 2018 om 08h00 by hulle aan te meld sodat die probleem bespreek kan word.

Die eienaar het gevra wat my probleem is ( na al die eposse en hy weet nou nog nie ? )
Daarna het hy gevra wie die probleem veroorsaak het. Toe ek antwoord dat dit sy werktuigkundige is het hy gesê ek moet ophou k@k praat van sy werktuigkundiges of so nie sal hy my donner. Gerhard (eienaar van A1 Bikes) het hom reeds gesê dat ek k@k praat van sy werktuigkundiges.

Toe ek beswaar maak teen sy taalgebruik en houding, het hy gesê  ek moet "f*koff"van sy plek of hy donner my daar weg. Ongelukkig was hy te bang om daad by die woord te voeg.Op pad uit het hy al 5  werktuigkundiges geroep en my uitgedaag om my bewering te herhaal, sodat ek kan sien wat dan sal gebeur.

Slegs `n Heli-Coil wat `n paar rand is, sou die probleem opgelos het, maar hy beweer ek v@k my bike self op en beskuldig dan sy werktuigkundiges. Sy besigheid se naam is dus minder werd as `n Heli-Coil se prys !

Ek sien dus nou die rede waarom `n kliënt nie mag kyk terwyl aan sy fiets gewerk word nie. Dit het 4 ure geneem om 2 bande te vervang, so ek vermoed die werktuigkundige het wel probeer om die skade te herstel, maar kon dit nie regkry nie.


******************************************************************************************************************************************************************************************

Aan al die WD Bouncers en selfaangestelde lyfwagte: Enige persoonlike aanval of beledigings sal nie gelees word nie,aangesien ek nie weer terugkeer na hierdie forum nie.

Dit was wel vir my belangrik om ander Bikers te waarsku wat als kan gebeur indien besigheid met die 2 winkels gedoen word. .

Cheers!
 
Status
Not open for further replies.
Top