Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie  (Read 11607 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ruan 87

Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #100 on: February 04, 2020, 03:35:35 pm »
Dankie Kerels,

Ek gaan nie die storie vooruit vertel nie maar kan wel se! dit gaan jul verbaas.

Hier kom die res...
 

Offline Ruan 87

Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #101 on: February 04, 2020, 04:44:41 pm »
13 Mei 2018 - Harare - Eastern Highlands

Ek kan nie presies onthou wanneer ek vir 0012 laat weet het ek is in sy kontrei nie, maar al wat ek weet dit was bitter kort kennisgewing.  Die maat en sy vrou ontvang my met ope arms in hul huis en bederf my met n heerlikke ontbyt en koffie, jammer ons kon nie langer kuier nie maar dit was verseker nie die laaste keer nie!

Na die welkome Wilddog gasvryheid, en na ons so bietjie roetes bespreek het vertrek ek oos.

Ek was nie ver uit die stad nie en die landskap verander, sulke snaakse moerse ronde klippe orals!  Ek is paar keer gestop deur geslote plaas hekke maar het darm redellik lekker grond paaie ontdek.

Soos ek gesoek het na besienswaardighede in Zim het ek op Diana's Vow afgekom en ek laaik nogal van rots tekeninge bekyk en om te probeer verstaan wat die ouens vir ons probeer vertel.  Dit is ook tedanke aan die pit stop dat ek een van my mees onvergeetlikke dae om n bike nog gehad het.

Maar wag eers:  Het ek julle vertel van die dag wat ek man alleen 'n milletere basis ingeval het.....?   Nog nie……?

Wel hier kom dit nou:

Ek was so vasgevang in die natuurskoon dat ek glad nie enige ander waarskuwing tekens gesien het dat ek nou verbode grond betree nie!  so toe ek die ''Granade Range'' bord sien toe reken ek ek moet afdraai soontoe om nou regtig in gevaar te wees!  ek neem n paar fotos en besef toe dat dit darm Sondag is en mens gooi moes nie bomme op die Sabbat nie…..

Ek ry nog a paar km's verder en ry by die basis verby, aan my linkerkant! niemand probeer my stop of kyk my snaaks uit nie so ek reken toe die ergste is verby…. toe nou nie soooo gelukkig nie!

Ek kom by n sirkel met n moerse hek…. Ek is aan die verkeerde kant van die hek(die klokkie is aan die ander kant) en die Moerse kannonne en vuurkrag daar is gerig in die rigting waaheen ek oppad was!  hier trek die manne my af en raak bietjie taai met my! ek moet se ek het nogals geskrik en geweet ek het dalk so effens oor die lyn getrap….

Maar fok wat maak mens as jy in die sop is en begin stress jy se sorry en jy rook.... Ek glo tot vandag toe dat daai boksie Kent Special my gat gered het! Ek offer die 2 manne aan diens n siggie elk en ek kan sien dat selfs hulle nou bietjie rustiger is!  Ek blameer alles op my GPS en gelukkig werk dit vir my!

Ek wou nog my luck push en vra vir n foto maar toe dink en aan daai Movie van ou Leon, julle weet van daai stuk wat die ou se "Mens sit mos nie n Tolhek op n grondpad nie" daar was mos daai een ou wat nie wou betaal nie toe word hy moertoe geskiet!  Ek besluit toe ek wil nie soos daai ou wees nie….

Ek is gelukkig ongeskonde daar uit!  my nuwwe tjommas met n paar pyle gelos! nou kort ek n dubbele dubbel!

Ek trek in by Rhodes Nyanga Hotel,  Ek gaan sit by die bar bestel n bier, n Forel en tel my seening. 

Dinge kon seker veel erger gewees het!

Maar vanaand leef ek n Koloniale lewe niks kan my pla nie…

Dit was alles wat ek gedink het dit gaan wees en nog meer… Dit was vir my lekker daar al het ek die hele hotel vir myself gehad.

Tevrede

 

Offline Ruan 87

Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #102 on: February 04, 2020, 04:48:47 pm »
Nog Fodies
 

Offline Ruan 87

Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #103 on: February 04, 2020, 04:51:59 pm »
My luukse verbly moes tent opslaan by die Nationale Park maar sit toe te lekker by die bar en hulle gee my n ''special price'' all in was dit nie meer as 80usd nie!
 

Offline DRme

Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #104 on: February 04, 2020, 09:52:51 pm »
Hi Ruan,
Dam De Wal. Watter dam is hierdie, in watter rivier en waar gelee?
Dankie vir n baie nice RR.