Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie  (Read 5335 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ri

  • Stray DR Collector
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,738
  • Thanked: 432 times
  • DR650 Admirer
Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #40 on: February 27, 2018, 12:35:35 pm »
:sip: Dankie, Ek was op Kazangula en Pandamatenga in 1972 tydens die Bos-oorlog ek  weet van daai sand.  :bueller:

So jy was daar saam met my pa... Oom? :biggrin:
Tales of the Purple Turtles: Ride Reports
PROJECT SAS WILDEHOND III Contributions: R Snyman Capitec Savings Account 1545860511 Balance (2017/12/07): R3,190.23 - R1,600 for steel purchase
 
The following users thanked this post: Laban

Offline Let's Ride

  • Member
  • **
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Western Cape
  • Posts: 143
  • Somewhere out there....
Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #41 on: February 28, 2018, 10:12:18 am »
Awesome man! Ek geniet jou RR baie! Volgende episode?
 

Offline MonkeyNot

Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #42 on: February 28, 2018, 10:44:54 am »
Sub  :sip:
Cool storie
Current: KTM 950 Super Enduro R,  KTM 500 XCW-F
Previous: KTM 990 Adventure, BMW G650 X-Challenge x3,  Yamaha XT 660R,  Honda XR650L, BMW R1200GS
 

Offline Ruan 87

Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #43 on: February 28, 2018, 03:53:29 pm »
Dag 4 Na my valle na nie Valle:

Net soos die aand by elephant sands is die Twee gidse weer op hulle stukke en asof die twee nie genoeg was nie sluit daar later nog 2 van hulle gids vriende by ons aan en toe kom die stories en die filters verdwyn.  Ons kuier toe weer asof ons mekaar nooit weer gaan sien, ek is slim en gebruik my ninja move en verdwyn sonder dat iemand agterkom.

Ek word wakker die Dinsdag oggend maar dit voel meer soos Donder dag my lyf is styf en ek verlang nou 'n bed, my algemene reel met die langer tipe trips is dat ek 2of3 rowwe aande het en dan een luukse aand met tenmiste n dak en warm water.  Dit het weer lekker gereen deur die nag en die weer was swaar die keer was ek wel bewus van die donderweer.  Faffa reel vir ons Koffie en ek begin solank pak.  Hy het 'n ou ontmoet wat die dorp ken wat hom gaan help om n ketting te soek vir sy bike en ons groet mekaar net so sa 8.  Ek pak rustig klaar en val in die pad.

Nes ek brandstof inneem val dit my by Ek is laat Arthur het my gewaarsku dat ek voor 9 by die Zim kant van die grens moet wees voor al die toer groepe daar opdaag. Ek is laat en sien glad nie kans vir tou staan nie.  By die grens gekom en ek bars amper in trane uit daar is n helse ry.  Ek val maar in soos n skaap en wag my beurt af ,ek gesels met n Kanadese oom en hy verduidellik my dat hulle blykbaar meer betaal as die Amerikaners om dat hul glo baie uitgesproke was teenoor Boss Robert. 

Net toe die laaste bietjie moed in my boots wou sak verskyn daar n Engel in die vorm van my toergids tjom, hy smokkel my tussen sy groep in wat reeds besig was by die toonbanke en maak vir my verskoning die Hollanders is gaaf en maak vir my plek.  Behalwe vir die toustaan was die laglag die gemaklikste grenspos.

Nie eers 'n Kilometer van die grens af nie sien ek 'n paaidjie soortgelyk aan die een wat hansie en grietjie moes gevat het. Nes hulle kon ek dit nie weerstaan nie en ek draai van die hoof roete af en gaan verken.  Ek volg die pad en kom by n weemag basis af ek waai vriendellik en ry waar weer uit waar ek toe op n privaat grondpad beland hier is nie hekke nie so dit voel nie of ek inbraak maak nie.  Die pad is nou en ry lekker, ek sien paar stukke wild en olifante. Hier het ek egter nie die kans gewaag om te stop om foto's te neem nie.  Veral nie na laasnag se kroegstories waar die een man reken dat die Zim Olifante nie sulke goeie maniere het soos hulle neefs in Bots nie!  Ek moes iewers n verkeerde draai gevat het ek sluit weer so 30 km verder by die hoofpad aan.  Is nie te bekommerd nie aangesien ek uit sien na my twee rusdae by die valle.

Ek kom in die VF en sien waar die Shoestrings backpackers is waar ek beplan om herberg te soek.  Ek ry eers verby en gaan kyk hoe lyk die dorp en hoe ver die valle is ens om seker temaak alles is loopafstand.  Ek sien toe n lekker straat kafee (Shearwater ek vind toe later uit dat die helfde van die dorp aan die groep behoort) Ek geniet middag ete en n melkskommel voor ek vir Chris gaan parkeer en n was reel.

Ek bederf myself met 'n kamer met lugreeling en gaan le bietjie voor ek die strate invaar.  Om julle n idee te gee van Victoria valle, dit kan vergelyk word met Clarens en Cullinan met so touch van Sun City, oja en jy betaal in Dollars.

Die Woendag besluit ek om Victoria valle tegaan bekyk soos die Vis arende hom sien voor ek hom van die grond af gaan beloer. Wat n belewenis. Sowaar 'n wereld wonder!  Die aand gaan ek ek saam n vriend by Zambezi house voor ons die aand afsluit by The River Brewing Company met n lekker stout.

Die enigte negatiewe ding van die dorpie is die klomp kansvatters en smouse wat daar rond hang as daar nog een ou 'n stel Zim dollars wil verkoop mag ek dalk in die tjoekkie beland. 

Almal met wie ek gesels het reken dit gaar reeds beter in die land en dat daar baie mindeof amper geen meer padblokkades en rampokkelary is.

 

Offline Ri

  • Stray DR Collector
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,738
  • Thanked: 432 times
  • DR650 Admirer
Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #44 on: March 01, 2018, 10:39:15 am »
Victoria Falls is beslis 'n "bucket list" item, dankie vir die mooi foto's. Net te min foto's :P
Tales of the Purple Turtles: Ride Reports
PROJECT SAS WILDEHOND III Contributions: R Snyman Capitec Savings Account 1545860511 Balance (2017/12/07): R3,190.23 - R1,600 for steel purchase
 

Offline Ruan 87

Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #45 on: March 10, 2018, 12:17:53 pm »
Dag 6 Zambie toe.

Les 3: Neem meer foto's ( Maklikker gese as gedaan as 'n ou so lekker ry)

Na n lekker rustige 2 dae in Victoria se dorp en genoeg Zambezi's besluit ek om aan te stoot ek trek Donderdag my kit aan en pak my wa. Livingstone toe. By Die Zambie grens begin die nonsense. Die ander grens poste was n breeze teenoor die bul. Betaal hier in Kwatcha daar in dollar waar is Police clearance en en en hulle is vol stront.  Gelukkig het ek nie so kwaad geword soos die Runner wat ek nie betaal het nie.  Hy het ongevraagd soos 'n brommer om my gehang nadat ek hom paar keer in my beste brits gese het No fank you I r fine!  Uit eindellik is ek deur en gaan verken so paar stofpaaie naby die grens voor ek dorp toe gaan om slap plek te soek.  Ek bestluit toe op Jollyboys backpackers en kry vir my 'n bed in 'n mixed dorm nou al geleer dat as n mens aleen travel is dit die maklikste manier om mense te ontmoet. Plean werk weer mooi.  Dit is n moerske nice backpackers lekker vibe soos hulle se.  Die weer steek op en dit reen omtrent die hele middag. Dit het my min gehinder want ek sit onder dak en gesels met Mosi en nog n paar mense!

Nes ek rustig raak en my wifi uitsorteer kry ek n boodskap van Die Runner wat my by Kasumbalesa genspos sou help Sondag soos on vroeer bespreek het.  hy laat weet toe dat dit nie moontlik sal wees om dit sondag te doen nie en ek saterdag of Maandag daarmoet wees. Maandag is uit want dan moet ek al rapporteur vir werk.  Ek se toe maar ek sal doen wat ek kan en hom laat weet....

Die was psiegies vir my die moeilikste dag gewees.... Moet ek terug Suid afrika toe en dan maar terug vlieg Kongo toe of moet ek maar deur druk en soos Meatloaf sou se soos 'n vlermuis deur hel deur Zambia jaag.  Omdraai is weereens nie n opsie nie en ek besluit om maar vir Jacob te laat weet ek sien Hom Saterdag Dit beteken amper 1100 Km in 2 dae op n single... Nie onmoontlik nie maar ook nie so lekker soos dit moet wees nie.

Vydag vroeg val ek in die pad my bestemming vir die dag Lusaka of dalk Mpongwe afhangend van tyd.  Ek moet se Zambie het my verras ek het gedink dit is plat soos die Vrystaat aangesien daar soveel landbou aktiwiteite is.  Ek ry rustig en die Pad is baie mooi tot en met Mazabuka ( die suikerriet staan hoog omenby 28 000 hektaar se die manne).  Na die suikerriet mekka is die pad baie sleg amper so sleg soos die pad wat ek gery het Baltimore toe!  Ek het stukke langs die pad gery waar hulle besig was om n tydelikke Detour te bou om en halfpad na Kafue maak die sluise van die hemel oop.  Dit is hier waar ek besef het dat ek glad nie by my friend in Mpongwe gaan uitkom nie en dat ek sal moet herberg soek in Lusaka.  By Kafue is dit prentjie mooi lower groeg berge en so 2 klein teerpassies laat my amper voel soos Rossi...  Daar was 'n Boksburg Pub waar ek volgende keer moet stop.....

17:00 en ek ry in Lusaka in, dit is n malhuis en ek moet prober om Wifi iewers te kry sodat ek n plan van aksie kan bewerkstellig.  En soos n Oasis verskyn n bekende advertensie bord leeg KEG and "Hippo" (nie seker???) ek daai af en proe al hoe geniet ek iets kouds daar terwyl en hul geriewe misbruik wees my tekrort aan beplanning. Ek stop vir Chris so dat ek darm n ogie kan hou oor by "most prized possession" ek lek al my lippe af...  Ek is toe wel nie so gelukkig soos ek gedink het nie hulle het nog nie Wifi geriewe nie en ek moet n ander plek gaan soek ek stap toe maar stert tussen die bene terug na Chris toe.  Ek gebruik toe solan my GPS om die backpacker's op te spoor vanaand ry ek nie verder nie.  Soos ek daar staan en n pyl maak na ek my rigting bepaal het kom daar n paartjie uit die winkel sentrum gestap ons kop knik groet mekaar so half op n afstad voor die tannie af haak en se " Jy is F#kk!n ver van die huis af" HAHA lag ek en ons begin gesels....  Toe hulle hoor ek soek nog slap plek toe skroom hul glad nie en dring daarop aan dat ek by hulle gaan slap en dat ons gaan braai.  Net so voor  ons ry se die Man "ek hoop jy drink Branna's" Ek antwoord soos gewoonlik solank dit nie Horlosie olie is nie geniet ek dit graag! 

Ek ry Agter hom aan en tot by hul baie baie netjiese Huis in n estate net so voor Lusaka! Dit is hier waar ons toe nou vir die eerstekeer formeel ontmoet.  Pieter en Diena is albei in die vleis bedryf en al vir 6 jaar in Zambie.  Hulle dra my op hulle hande en ons braai en kuier soos ou vriende hin hond uit 'n bos... dit is immers Vrydagaand en hulle maak dit vir my moeilik om my ninja move te gooi.

Elke donker wolk.....
 

Offline Bokveld

Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #46 on: March 10, 2018, 08:30:00 pm »
  Lekker.Jy mag maar toer!!!
 

Offline hedleyj

Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #47 on: March 11, 2018, 03:25:05 am »
Nice ride so far
I'm sure the sun goes around the earth twice a day.
 

Offline Herklaas

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Triumph (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,348
  • Thanked: 58 times
  • Do it, you only live twice.
Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #48 on: March 11, 2018, 12:18:56 pm »
 :sip: Jy kan darem seker 'n foudie neem al staan jy met 'n brannas in die hand.  :bueller:
Yamaha 50, Yamaha 400, 2 x Yamaha DR 350 LC, Honda CBX 550 F2, Honda TransAlp 650, Triumph Tiger 800 Xc,
Now 2015 Triumph Tiger 800 Xcx.and.. my favorite... 1996 Yamaha Tenere 660 5 valve single.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,043
  • Thanked: 270 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #49 on: March 11, 2018, 12:58:25 pm »
Ou Ruan, jy mag maar 'n RR skryf. Ek het nou 'n paar keer sommer hardop gelag. Sien uit na nog.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Tom van Brits

Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #50 on: March 11, 2018, 01:48:40 pm »
RRen n half, ek geniet dit!  :thumleft:
 

Offline 0012

  • Double-oh-Tkwarf
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Rest of Africa
  • Posts: 2,732
  • Thanked: 70 times
  • Race the rain. Ride the wind. Chase the sunset.
Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #51 on: March 14, 2018, 11:55:00 am »
RR en n half, ek geniet dit!  :thumleft:

+1

ek ook, gooi nog, ek ry saam   :sip:


->    TransAlp 650 - sold
:(    Yamaha XT1200Z - written off - R.I.P.
 

Offline Ruan 87

Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #52 on: March 19, 2018, 12:24:31 pm »
Die Laaste dag: Saterdag 3 Februarie 2018

Ek is vroeg op na ons lekker kuier en groot praaitjie oor hoe ons die werel 'n beter plek gaan maak.  Pieter en Diena was goed vir my, twee vreemdelinge wat my soos 'n ou vriend onthaal het.  Hulle het my gelos om myself uit te laat in die vroee oggend ure.  Koffie en beskuit is vir my reggesit en na ek so stil as moontlik probeer pak het, stoot ek vir Chris soos 'n dief in die nag tot buite hul kompleks voor ek rigting noord vat.

Net na 5 na die 3de probeerslag kry ek n vulstasies wat al besigheid doen en maak my tank vol.  Ek is elke keer verbaas met die brandstof verbruik gemiddeld so 22km/L.  Laat my dink aan wyse woorde wat ek iewers raak gelees het oor alleen ry, Die ou het gese op so solo trip moet jy net 2 goed doen Jy moet jouself en jou Ysterperd oppas soos goud.  Die woorde het oor en oor deur my gedagtes gegaan en elke keer net meer sin gemaak.

Die dag het uit niks anders bestaan as net ry nie, my doel was om teen middag ete by die Kasumbalesa grenspos uit tekom waar Jacob vir my wag.  Die pad het besiger geraak soos die son opkom en padreels waar meeste van die tyd geignoreer.  My eerste stop is net voor Kabwe by die Fig tree regte boere tiepe padstal... Hier het ek n koffie en bacon en kaas toebie geniet en die mense bewonder. Baie blankes in die area maar hulle is nors groet nie en maak nie maklik geselsies nie. die ander ouens groet en gesels lekker....

Van hier af mik ek toe vir Ndola en hier maak ek toe ietwat van n berekenings foutjie ek draai links by Chikoti om vir Ndola mis te ry die pad is tog geteer..... nee meneer jy maak n fout dit is duidelik dat hulle hier moeg is vir die teer pad en weer n grond pad wil he... groot gate orals.  "in England they drive on the left in Africa we drive on what is left"  #unknown

Ek is tog dankbaar dat geen konstabels my op die pad gehinder het nie en vorder goed ek gaan betyds wees.....  Ek is meer as 10 keer gestop by padblokades in Zambia maar nooit moeilikheid gekry nie almal wil maar net bietjie geselsies maak en jou tyd mors.

Volgende stop is in Chingola,  hier het ek gestop vir brandstof en om n hand vol Faackyous pille te drink vir die nagmerrie wat vir my wag daar by die grens.  Ek wonder of dit nie dalk my gesindheid was oor die spesifieke grenspos wat dit vir my so moeilik gemaak het nie.

Net na 12:00 kom ek by die grespos, ek sien hoekom niemand ooit handopsteek om hier heen te kom as hulle nie hoef nie.  Ek Kan nie een grenspos vergelyk met die een hier is dit Chaos trokke staan vir kilometres opgehoop in een helse verkeersknoop.  Ek vleg deur die verkeer soos n warm koeksister "When in Rome"  met meeste van my geduld reed gebruik word ek gegroet deur Jacob en sy span van so 5 runners wat my groet soos ou vriend. Dit laat my glimlag terwyl die hemele weer oop maak...

Hier begin die stront elke grenspos amptenaar het Gupta bloed in hom van Zam tot in DRC.... Aan die Zam kant betaal ek my heel eerste bribe in my kort lewe 20 USD omrede ek nie 'n Police clearance gehad het nie.  Na dit afgehandel is moes ek hoor dat die res van die staff op ete is en ek so bietjie moet wag geen problem nie ek wag ons het moes baie tyd. Gelukkig nie te lank gewag nie en ons is deur.

DRC kant, hier het ek geweet gaan ek betaal en wag so was reg vir dit ek het my self baie mooi gedra al moet ek dit nou self se.  My ervaring en onkostes hier gaan dalk buitensporig klink maar ek het voorberei vir dit en dalk nog beter afgekom.  Omrede ek n werkspermit het is hulle vol stories want baie ouens bring hulle rygoed op en bring dit nooit weer terug nie.  Die Clearing agents het aanvanklik gese ek gaan tussen 2000 en 3000 USD deposito moet betaal voor ek 'n TIP kry net omdat hulle dit kan doen en daai geld kan ek maar op my maag skry se hulle.  Dit is toe nou hier waar Jacob handig ingekom het kyk ek weet hy het my nogsteed ietwat sonder olie gery maar alles het goed uitgewerk. 

Ek het nie eers self gegaan om my paspoort gestempel te kry nie.  Behalwe dat ek my hele bike moes aflaai en my goed uitpak en toe later nog die seat afhaal en airboks oopmaak was dit regtig nie te onaangenaam nie en verseker 'n belewenis en n half. 

Ek is net na 17:00 klaar met alles en deur die grens met al my papiere.  Hier is baie motorfiets taxies en die ouens het hulle omtrent verkyk aan my YSTER.  Ek was trots en my hart het weer lekker geklop soos hy moet al was my sak amper 500USD ligter.

Van hier af is dit nog so 140 km plaas toe en ek is bitter bang om in die donker te ry veral hier.  Ek het nie n ander uitweg nie ek moet maar druk,  Die tweede grootste stad in die Kongo le tussen my en my eind bestemming 20 km van kak en hare daar is nie ander woorde wat dit kan beskryf nie. Ek is daar deur en niemand het my gehinder nie!

Skuins na 19:00 stop ek op die plaas, die vuur het reeds gebrand en ek het vir 'n slag gedoen wat ek gese het.....







 

Offline ClemS

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 510
  • Thanked: 38 times
Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #53 on: March 19, 2018, 12:47:40 pm »
Freakin awesome!! Jy mag dit maar weer doen, al doen jy nie wat jy se nie.....  :thumleft: :thumleft:
 

Offline Grunder

  • Muscles can't buy mad dog!
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,841
  • Thanked: 175 times
Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #54 on: March 19, 2018, 01:27:34 pm »
Wat 'n lekker lees. Dankie dat jy dit met ons geshare het!!  :thumleft:

 :ricky:
honda nc700x; bmw f800gs
 

Offline FJR

Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #55 on: March 19, 2018, 01:31:06 pm »
Baie mooi geskryf, nou wag ons vir die terug huis toe kom RR. :biggrin: :thumleft: :thumleft:
 

Offline Tom van Brits

Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #56 on: March 19, 2018, 02:26:15 pm »
Ysterballe mater, welgedaan. Ek hoop nou nie jy gaan die thread vergeet nie? Skryf gerus verder van jou ervaringe van wat jy daar maak ens ens? Leefstyl, enige kak is lekker om te lees man en sit not fotos op!  :thumleft:
 

Offline 0012

  • Double-oh-Tkwarf
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Rest of Africa
  • Posts: 2,732
  • Thanked: 70 times
  • Race the rain. Ride the wind. Chase the sunset.
Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #57 on: March 19, 2018, 02:35:33 pm »
lekker Ruan! dankie vir die RR, het lekker saamgery (en by grensposte gewag)    :biggrin:   :thumleft:


->    TransAlp 650 - sold
:(    Yamaha XT1200Z - written off - R.I.P.
 

Offline Ri

  • Stray DR Collector
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,738
  • Thanked: 432 times
  • DR650 Admirer
Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #58 on: March 19, 2018, 03:00:46 pm »
Kyk, jy het voorwaar 'n YSTER en daardie motorfiets gaan jou nog ver paaie vat, met geen probleem nie :ricky:

Ek ken iemand wat werk by daardie Bolloré Logistics - hier naby Kaapstad lughawe - maar hy't hom vir iemand vererg en van WD afgeklim... sug.

Dankie vir 'n baie lekker RR. Neem asb meer foto's, hoe kan mens op jou spore volg as mens nie weet waar hulle lê nie :imaposer:

Ai, en nou droom ek van 'n DR650 Africa Bash...

Tales of the Purple Turtles: Ride Reports
PROJECT SAS WILDEHOND III Contributions: R Snyman Capitec Savings Account 1545860511 Balance (2017/12/07): R3,190.23 - R1,600 for steel purchase
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,380
  • Thanked: 378 times
    • dustriders.co.za
Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #59 on: March 19, 2018, 03:43:34 pm »
Ruan indien jy nie n runner/fixer by die grenspos gehad het hoe lank sy dit jou neem om deur te gaan en hoeveel sou dit jou dan gekos het?
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za