Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie  (Read 5333 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ruan 87

Re: Ons doen nooit wat on se ons gaan nie
« Reply #80 on: August 20, 2018, 06:06:10 pm »
Saterdag: Lusaka Chisamba loop...

Ek het op die trip nog steeds nie geleer om voor uit roetes te beplan nie en het staat gemaak op Google earth om so half en half n roete te beplan..... Daar is baie ry plek rondom Lusaka en ek reken ek sal lekker daar kan bly!

Ek groet my maats en beplan n loop voor ek weer later by hulle aansluit.

Met n moerse gesukkel van verdwaal en kopskud vir my swak besluite vind ek wel later die plek waarna ek gesoek het.

Dit was lekker ry maar meestal op goed onderhoude stof paaie tussen spog plase deur.

Daar was wel een stroom waar ek moes stop en my kop skud vir die Fkkkkn mesDOM,  moeder natuur bied so baie maar sy kry verseker meer stank as dank.

By Chisamba, kap ek n koue een en vetkoek voor ek verder soek na n roete terug Stad toe.  Oppad terug sukkel ek n ent lank langs 'n trein spoor af voor ek weer 'n prominete pad opspoor.  Ek is seker ek het oor n paar karre se dakke gery wat in die reent seisoen in die diep poele verdwyn het....


Daar was bek en klou gewees daar was 'n hele paar beheerpunte waar ek gedip moes word... die beheer het my beindruk.

Na amper 150km van baie plesier,,,,  trek ek by my maat se huis in vir n laaste kuier vir n lang tyd.....