Meerjarige gras
ek wens ek kan so n meerjarige gras kry om in my besproeiingskampies te saai. Raaigras strooi ek sommer uit en maak liggies nat elke tweede dag en hulle kom op soos hare op n honde se rug, maar soek iets wat n pol maak en deur beeste benut kan word saam met die kikoejoe, raaigras,witklawer,lusern en laastens die ou staatmaker kweek wat alreeds daar is.