[/quote]
Jip ek weet, maar kon nie verstaan hoekom hulle nooit die KZ in 4x4 uitgebring het en as mens vra gee hulle jou die stoepid cruiser of loop koop n Ford 2.5 antwoord.
Gelukkig het hulle met die 2.5 en 3.0 D4ds bygekom.
Die 3.0 DE het in single cab 4x4 uitgekom, maar net nie die KZ en baie manne wou hom hê.
Nou onlangs weer die antwoord gekry op my vraag hoekom Toyota so min auto modelle het. As jy auto modelle soek loop koop n Ford en dis wat baie manne doen as jy maandeliks by ons veeveilings kom. Daar is baie meer nuwe Fords as nuwe Toyotas.
Indien jy wonder, ek is n Toyota fan en indien ek die Lotto wen wat ek nie speel nie sal ek my n extended cab 2.8 4x4 auto Toyota koop. Oh ja en ek het net een voet wat werk dus kan ek net auto ry. My ou 2,4 diesel het n vierspoed Cressida auto box in.

[/quote]
Ek self maar my 2.8 het soveel klein pyntjies dat ek sommer de hel in raak darm niks groot meganies nie , maar nou ja myne werk elke dag plaas pad grond pad teerpad min 120km 'n dag werk toe en huistoe. Nie een van my voriges het die klein fouties gehad nie maar nou ja hulle ook nie so fensie nie dis my 6de ene, anderdag vir my n cruiser gx105 2007 gekoop 4.2d hy is 'n donkie maar ek wens ek kon so een in n bakkie kry damn man daai ding ry nou vir jou lekker.