Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Gebottelde of ingelegde groente en slaaie  (Read 481 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,207
  • Thanked: 28 times
    • View Profile
Gebottelde of ingelegde groente en slaaie
« on: February 27, 2018, 10:57:36 am »
Goeie more almal

Ek soek n paar voorstelle en resepte van groentes en slaaie wat n mens kan maak en in bottels bere.

Tans het ek net groenboontjies en wortels in kerrie in bottels gesit. Gemaak met n resep wat uit die Huisgenoot Wenresepte kom. Ek plaas dit sommer hieronder indien iemand sou belangstel.

Kerrie wortel/groenboontjie resep:
- Sny of kap 1kg wortels/groenboontjies
- Kap 500g uie fyn
- Voeg wortels/groenboontjies en uie bymekaar in n pot saam met 25ml sout, bedek met kookwater en kook tot sag
- Gooi water af en voeg 400ml asyn by
- Meng 100ml asyn, 50ml maizina, 15ml kerrie poeier en 200g suiker (ek het 5ml borrie ook bygevoeg) en voeg by die res van die wortels/groenboontjies met asyn
- Laat prut oor matige hitte tot die sous dik is en plaas in gesteriliseerde bottels

Baie eenvoudige resep en smaak heel aangenaam. Herinner nogal aan van die gebokste slaaitjies wat n mens in die winkel kan koop. Plaas asseblief nog resepte op hierdie draad  :thumleft:
« Last Edit: March 26, 2018, 02:52:42 pm by Namakwalander »
 

Offline corne.l

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,101
  • Thanked: 12 times
  • Say what?
    • View Profile
Re: Gebotlede of ingelegde groente en slaaie
« Reply #1 on: February 27, 2018, 11:17:25 am »
Ingelegde beet

2 groot uie fyn gekap
500ml bruin asyn
300g wit suiker
15ml kerrie poeier (afhanged van hoeveel byt hy moet hÍ, besluit self of medium, mild, hot poeier)
5ml sout
50 ml maizina

verhit asyn en suiker to kook punt
roer tot suiker opgelos
voeg beet by en prut vir 10 min
voeg kerrie poeier en suiker by and prut vir nog 5 min
maak maizina met bietjie water aan en roer by beet-mengsel
laat goed deur kook
bottel warm en verseel dadelik

in vino veritas, in cervesio felicitas

Yamaha XT660Z (2009) - SOLD
Yamaha XT1200Z (2011)
BMW F650GS Dakar (2004) - SOLD
 

Offline Edgar

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Husaberg (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,524
  • Thanked: 28 times
    • View Profile
Re: Gebotlede of ingelegde groente en slaaie
« Reply #2 on: February 28, 2018, 01:38:12 pm »
My mond water al klaar. Nou weet ek wat ek die naweek gaan doen :thumleft:
There are no more barriers to cross. All I have in common with the uncontrollable and the insane, the vicious and the evil, all the mayhem I have caused and my utter indifference toward it I have now surpassed. P.B

Light cannot exist without darkness. Each has it purpose. And if there's a purpose to my darkness, maybe it's to bring some balance to the world. Dexter
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,207
  • Thanked: 28 times
    • View Profile
Re: Gebotlede of ingelegde groente en slaaie
« Reply #3 on: February 28, 2018, 01:40:56 pm »
My mond water al klaar. Nou weet ek wat ek die naweek gaan doen :thumleft:

Nou waar is jou resep om by te voeg?  :biggrin:
 

Offline corne.l

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,101
  • Thanked: 12 times
  • Say what?
    • View Profile
Re: Gebotlede of ingelegde groente en slaaie
« Reply #4 on: February 28, 2018, 01:52:15 pm »
so met DIE gesprek gisteraand, grou ons 'n boek van die rak af wat alle soort jams en inlÍ konkosies het.

Tot 'n komkommer blatjang ... wil daai bietjie probeer.

in vino veritas, in cervesio felicitas

Yamaha XT660Z (2009) - SOLD
Yamaha XT1200Z (2011)
BMW F650GS Dakar (2004) - SOLD
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,207
  • Thanked: 28 times
    • View Profile
Re: Gebotlede of ingelegde groente en slaaie
« Reply #5 on: February 28, 2018, 02:25:00 pm »
so met DIE gesprek gisteraand, grou ons 'n boek van die rak af wat alle soort jams en inlÍ konkosies het.

Tot 'n komkommer blatjang ... wil daai bietjie probeer.

Klink interessant. As hy mooi uitkom, gooi hom hier asseblief
 

Offline Edgar

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Husaberg (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,524
  • Thanked: 28 times
    • View Profile
Re: Gebotlede of ingelegde groente en slaaie
« Reply #6 on: February 28, 2018, 07:56:33 pm »
My mond water al klaar. Nou weet ek wat ek die naweek gaan doen :thumleft:

Nou waar is jou resep om by te voeg?  :biggrin:

Nog nooit probeer nie. Dis n eerste :-\
There are no more barriers to cross. All I have in common with the uncontrollable and the insane, the vicious and the evil, all the mayhem I have caused and my utter indifference toward it I have now surpassed. P.B

Light cannot exist without darkness. Each has it purpose. And if there's a purpose to my darkness, maybe it's to bring some balance to the world. Dexter
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,207
  • Thanked: 28 times
    • View Profile
Re: Gebotlede of ingelegde groente en slaaie
« Reply #7 on: March 13, 2018, 02:18:06 pm »
OK hierdie is nie n slaai nie, maar die winter is oppad...

Ek is nie iemand wat graag op spesifieke hoeveelhede werk nie so ek gee eerder n paar riglyne hieronder vir droe vrugte wat in brandewyn ingele word. Het eintlik hierdie begin maak toe ek nog op universiteit is om my lekker warm te maak in die winter as ek moes stilsit en boeke vat.

Benodighede:
- Droe vrugte (gedroogte perskes/ pere/ apelkose/ pruime)
- Suiker
- Water
- Brandewyn
- Katspoegie sout

Proses:
- Gooi droe vrugte in pot met bietjie water, katspoegie sout en genoeg suiker om vrugte te bedek. Jy kan maar baie suiker gooi, maar water moet net genoeg wees om die suiker te laat smelt
- Laat die storie bietjie kook/prut oor matige hitte tot die vrugte begin sag word en al die suiker gesmelt is.
- Wanneer die vrugte sag is, skep uit in gesteriliseerde bottels.
- Die sousie wat in die pot agterbly kan nou verder gekook word om bietjie taaier te word.
- Gooi brandewyn by die droe vrugte in die glasbottels. Ek gooi gewoonlik tot die helfte van die bottel om dit lekker sterk te maak, maar jy kan minder ook gooi afhangend van hoe sterk jy dit wil he. Op geen stadium word die brandewyn verhit of gekook nie, jy wil al die alcohol en smaak daarvan behou.
- Die warm suiker sous kan nou by die vrugte en brandewyn gevoeg word tot die bottels vol is en die proppe kan dan styf vasgedraai word.
- Steek dit weg agter in n donker kas en vergeet daarvan vir n paar maande. Geniet dan in die kouer maande net so of saam met roomys.

Waarskuwing:
- As daar van die suiker sous oorbly na al die potjies volgemaak is, moenie dit skoon drink/eet nie. Dit werk as n goeie lakseermiddel in sterk konsentrasies.
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,207
  • Thanked: 28 times
    • View Profile
Re: Gebotlede of ingelegde groente en slaaie
« Reply #8 on: March 13, 2018, 02:59:07 pm »
En terwyl ek nou honger is, hier is nog n lekker resep vir n vinnige eetding vir sommer net of in die bar. Man, jy kan selfs mense oortuig dat dit "Banting" vriendelik is.

Ek het die eerste keer as kind gepekelde eiers (pickled eggs) op Simpsons gesien as klein kind en vir my ma gese ek wil dit maak. Eerste keer as was dit lekker. So hier volg hy

Bestandele:
- Eiers (kliener eiers werk beter)
- Water
- Wit asyn
- Suiker
- Sout
- Opsioneel kan jy goed soos rissies en knoffel en diesmeer byvoeg. Beet sorg vir pragtige pienk eiers.

Proses:
- Kook eers die eiers. Ek sit die eiers in koue water met sout en sodra die water begin kook, tel ek so 6min af. Hang af van hoogte bo seespieel en sulke klas dinge.
- Dop die eiers af en plaas in n (groot) gesteriliseerde bottel
- Dan in n aparte pot, kook asyn, water, sout en suiker (en ander speserye)
- Gooi die gekookte asyn en speserye mengsel oor die eiers en seel die bottel.
- Laat die bottel oornag afkoel en plaas in die yskas.
- Laat staan vir ten minste twee dae en gebruik dan die eiers op binne n paar weke (dit sal nie baie lank hou nie omdat dit so lekker is)

Eet dit net so, of sit dit in slaai of op toebroodjies. Ook lekker saam met lekker sterk mostert.
 

Offline Ouman

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Mpumalanga
  • Posts: 729
  • Thanked: 8 times
    • View Profile
Re: Gebotlede of ingelegde groente en slaaie
« Reply #9 on: March 13, 2018, 04:22:36 pm »
Re: Gebotlede of ingelegde groente en slaaie

OOooooo! Jy soek resepte vir gebottelde goed!

Gedog jy praat van lede van een of ander sekte of iets!! :pot:
The more bugs in the  teeth....the happier I get!!!!!
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,207
  • Thanked: 28 times
    • View Profile
Re: Gebotlede of ingelegde groente en slaaie
« Reply #10 on: March 26, 2018, 02:52:23 pm »
Re: Gebotlede of ingelegde groente en slaaie

OOooooo! Jy soek resepte vir gebottelde goed!

Gedog jy praat van lede van een of ander sekte of iets!! :pot:

 :spitcoffee: dit het my n rukkie gevat om daai spelfout raak te sien
 

Offline scarycat

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 84
  • Verry nice! Thank you!
    • View Profile
Re: Gebottelde of ingelegde groente en slaaie
« Reply #11 on: April 03, 2018, 03:56:38 pm »
Beproefde resep. M.A.W. ek het dit al gemaak en dis hond lekker!!
Gebottelde aartappel slaai
4 kg Aartappels
3 Uie fyn gesny
2x 750g Mayonaise
1 blik kondensmelk
Aromat

Kook die gesnyde aartappels tot sag, dreineer en hou dit warm.
Verhit die Mayonaise en kondensmelk, nie kook nie net goed warm.
Meng die uie by die aartappels en dan die mayonnaise. Gooi aromat bo-oor en skep dan in bottels. Verseel
What others think of you,
is none of your business!
 

Offline scarycat

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 84
  • Verry nice! Thank you!
    • View Profile
Re: Gebottelde of ingelegde groente en slaaie
« Reply #12 on: April 03, 2018, 04:02:29 pm »
Dit het ek nog nie gedoen nie.
Bottel noedel slaai
1 pak Skroefnoedels
Kook gaar soos gewoontlik en hou warm.
500g gekapte rooi, geel en groen rissie
1 groot ui gekap
Opsioneel kan jy 'n 1 koppie gekapte tamaties  saam met die ui en rissies by die pasta byvoeg.
Sous verhit:
1 kop Asyn
1 kop Olie
1 kop Suiker
Roer tot suiker opgelos is.
Voeg 2 kop Mayonaise by.
Meng met noedels en skep in bottels.
What others think of you,
is none of your business!
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,207
  • Thanked: 28 times
    • View Profile
Re: Gebottelde of ingelegde groente en slaaie
« Reply #13 on: April 05, 2018, 07:00:32 am »
Beproefde resep. M.A.W. ek het dit al gemaak en dis hond lekker!!
Gebottelde aartappel slaai
4 kg Aartappels
3 Uie fyn gesny
2x 750g Mayonaise
1 blik kondensmelk
Aromat

Kook die gesnyde aartappels tot sag, dreineer en hou dit warm.
Verhit die Mayonaise en kondensmelk, nie kook nie net goed warm.
Meng die uie by die aartappels en dan die mayonnaise. Gooi aromat bo-oor en skep dan in bottels. Verseel

Die een sal ek definitief prober sodra ek weer genoeg bottels het. Dankie vir jou bydrae
 
The following users thanked this post: scarycat