Die blinde sambok slat seer

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,191
Reaction score
1,680
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Daar is al 'n hele paar freds van boere en hekke en slotte en eiegeregtigheid van fietsryers op die forum.  Die stadsjapies is altyd bitter slim oor hoe boere met hulle hekke moet maak.

Wel vandag het die blinde sambok 'n groep wille waaragtigs van die Baai hard geslat.

Vanmiddag is ek doenig hier rondom die huis met 'n paar dinge toe ek hoor hier kom 'n klomp fietse aan.  Ek hoor sommer van ver af daar is 'n paar KTMs met pype op onder hulle.  Met 'n gejaag is so 8 of 9 fietse en 'n bakkie hierdeur.  Die feit dat bordtjies op my veehekke het wat vra dat mense stadig ry omdat daar vee in die padkampe wei, skeel hulle min.  Dis oop ketels met oop pype hierdeur.  Die trop bokke wat teen die pad in kwarentyn staan, hol deurmekaar die verste hoek in om van die geraas af weg te kom.

Ek kyk op die kamera en sien hulle is almal deur my hek, los hom net so oop na hulle weg is.  Hier na 'n ruk kom stop daar 'n bakkie hier by my hek en neem die naambord af.  Ek maak die hek oop en roep na hulle.  Hulle hoor my dalk nie, klim in die bakkie en ry. 

Ek ry maar op om die veehek wat hulle oopgelos het, te gaan toemaak maar sien die bakkie het hom seker weer agter hom toegemaak.

Vanaand lui my foon, dis 'n boer daar naby Nieu Bethesda.  Daar is 'n groep motorfietsryers wat by hulle oorbly die naweek maar een het sy fiets in die kloof nie te ver van my af omgedop en 'n gat in die "sump" geslaan.  Die fiets staan nog daar (maar nou sonder olie), kan ek hom gaan oplaai en na my toe bring totdat BMW hom kan kom haal en herstel.

>:D O0

Ja, einste jakkalse wat hier verby gejaag het sonder enige respek vir boer, vee, wild, hekke en diesmeer nie.

Nouja, na ek hom mooi verduidelik het dat hekke en spoedgrense vir 'n rede daar is en kan hulle dit asseblief in die vervolg respekteer, is dit gereel dat Dorsland Insleep Dienste die manne moreoggend sal gaan help.

Ek pos 'n paar kiekies van die "drysump" BMW model as ek terug is.

:biggrin:

Hou maar 'n oog oop vir die blinde sambok.  Hy kan seer slat.
 
Top