My AT wil nie lekke start nie.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Haboob

Pack Dog
Joined
Oct 21, 2011
Messages
460
Reaction score
0
Location
Durbanville
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Gaan hierdie in Afrikaans doen.

So Dinsdag het ek lekker draai gaan ry. Die middag het ek die bakkie gewas en goed af gespuit met die high pressure. Was en spuit toe sommer die AT ook af met die high pressure. Iets wat ek nooit normaalweg sal doen nie, maar ai, die spuit was uit en die bike baie vuil...

Woensdag is ek werk toe en terug, no problem.
Donderdag oggend start ek die bike. Swaai so bietjie meer as normaal en toe hy vat en ek los die throttle, vrek hy dadelik. Try toe maar weer. Bietjie meer gesukkel, maar vat toe eventually met n gehoes en gepoepery.
Die middag sukkel ek my gat af om hom gestart te kry. Swaai, en swaai, en swaai net. So nou en dan sal hy vat; weer met n groot gehoes en gepoepery. Arme ding later gefloud, maar elke keer as hy vat en ek los die throttle, dan vrek hy dadelik. Eventually kry ek hom aan die gang en ry huistoe.

As hy eers vat en hou, dan idle hy mooi, asof daar niks fout is nie.

Toe ek die middag by die huis kom, sit ek af en try weer. Gedink dis dalk omdat hy koud is of te lank staan, maar nee, selfde kak. Sukkel om hom aan die gang te kry en as hy vat, vrek hy dadelik weer.

Vanoggend try ek toe maar weer, en dinge nog dieselfde. Wat ek wel oplet is dat as jy eers die oortjie draai en dan die start druk, vat hy maklikker, dan moet jy hom daar hou tot die hele buurt wakker is, voor jy weer die throttle los. Dan hou hy en as hy eers loop, idle hy asof daar niks issues is nie.

Eers het gedink dis die battery, maar al die ligte brand mooi helder en hy swaai sterk.

Toe dog ek dis dalk n fueling probleem. Dalk hak die throttle kabel, vuil fuel, of so iets, maar as hy eers gevat het, idle hy tog mooi.

Miskien het hy bietjie water gekry met die high pressure was. Dalk nattigheid in die plugs? Maar met 2 keer se werktoe en terug, moet die chamber seker al droog wees?


Enige idees?

Dankie
 
Top