18 de wittebrood

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

MRK Miller

Pack Dog
Joined
Feb 24, 2014
Messages
419
Reaction score
0
Location
Springs
Bike
Kawasaki KLR 650
“Genade, ek was nog nooit so bly om n grondpad te sien nie”, sê sy. Woorde wat ek nie sommer uit Monica se mond hoor nie. Hoe het ons daarby uitgekom vra almal. Wel ry saam met, ons dan vind julle uit. Hier het alles begin. Mense hou huweliks herdenkings want hulle vier die jare wat verby is, wat hulle saam spandeer het. Ons verkies om elke jaar n witte brood te hê om die jaar wat ons saam gaan spandeer te vier van voor af, so asof dit n nuwe begin is. Nie seker of dit leka sin maak nie, maar dit is hoe ons dit doen. So die jaar was dit geensins anders nie. Ons reel met bekendes waar die kinders gaan bly, en ons werk aan die roete. Daar is n bietjie van n moles, want Monica is nie te erg oor grondpad ry nie, en ek is nou weer nie te erg oor teerpad ry nie. So ons elkeen moes maar bietjie kompromie tref. Die fietse word na gegaan en die nodige aanpassings gemaak met rake, en die nodige vir sou die onheil ons tref, pad wiel, verlore boute of moere ens. Na heelwat veranderinge en oor doen kom ons toe tot n vergelyk oor n roete wat albei pas. So 60/40, so het ons eers gedink maar soos julle saamry sal julle ook die verskil agter kom. Ons het alby heelwat uit ons gemak zones gekom. 
Die Vrydag breek aan en Monica gaan werk toe vir die oggend, want dit is Vrydag en sy werk net halfdag. Ek het verlof ingesit want my eerste dag sou die Vrydag begin het. Ek gaan die laaste goed na en maak seker al die bagasie is goed vas. Wil nie iets verloor langs die pad nie. Ek is nog besig toe kon ek sweer ek hoor die bus. Die honde kondig ook af, daar is iets by die hek. So waar as vet dit is Monica. Sy glimlag breed en sê, ”ons was nie juis besig nie en ek het Jaco(haar baas) so gekarring, dat hy gesê het, “ek moet tog net ry, en die naweek gaan geniet”. Wel dit was nou die presiese woorde nie, maar wil nou nie die storie versuur met ongewense taalgebruik nie. Die fietse is gepak en die kinders se goed is reg.
Ons wag net vir die kinders dat ons darm kan groet, alhoewel die opgewondenheid kook in ons om te ry. Die kinders en kinderoppassers daag so gelyk op van die skool af en ons groet almal, toe breek die groot oomblik aan. Ons groet almal varwel, en die twee yster esels brul in die pad af in die rigting van Springs sentraal waar ons verby die brandweer en polisie stasie uit in die rigting van die N12. Op die N12 sink die realiteid van die oomblik goed in en die globale posisieneerings systeem, by name e-trex, en van 20X, beduie vir my, dis tyd om af te draai, op die R42 in die rigting van Bronkhorst spruit, waar ons moet deur, op die soeke na die eerste grondpad avontuur. Ek wys vir Monica so in die ry eers die verkeerde afdraai na die bronkies reservaat waar ek en die seuns al gaan visvang het, en toe later die regte afdraai, maar dit is n heel ander verhaal. Ons is deur Bronkhorstspruit, en hou reguit aan op die R25 oppad na ons eerste afdraai op die eerste grondpad vir die naweek. Dit is n hele ruk voor ons die afdraai kry, en ek en E-trex argumenteer n paar keer, of is ons op die regte pad. So hier en daar wys hy vir my sommer n afdraai net om my nog meer om te krap. Op die pad kom ons ook op n herwinning af, waar n konstruksie trokkie n argument met die kant van die pad gehad het en sy sand sommer so uit frustrasie op die pad uitgegooi het. Tenspyte daarvan dink ek die kant van die pad en die pad het beter daarvan afgekom as die trokkie. Nie seker waaroor die argument gegaan het nie, en wil ook nie inmeng nie. Ons het sover n goeie verhouding met die pad en wil dit nie opmors nie. My yster esel beur aan en luister eerder vir E-trex as vir my. Om elke draai en heuweltjie verwag ek die afdraai. Toe einde laaste is hy daar. Zusterstroom pad.
Ons saal eers af en gee die esels en ons agterente n blaaskans. Wonder soms wie dit die nodigste gehad het.
Monica gebruik die geleente om n brandstokkie deur te werk, en ons bespreek die argument wat die trokkie met die pad, en kant van die pad gehad het. Daarna gaan verlig Monica haar blaas van oortollige koffie en ek vra vir E-trex omverskoning omdat ek hom wantrou het, en prys my yster esel dat hy vertroue gehad het. Ons kry n rol netjiese toedraai papier by name Ben beer, nog nuut onder die boom lê.
“Shame aan wie behoort jy” vra ek hom ewe gedwee en skuif hom in die koelte van die boom. “Shame iemand se geskenk gaan in koerant papier toegedraai word”, sê ek vir Monica.  “Ek wonder wie die ongelukkige een gaan wees wie se geskenk in koerant papier toegedraai gaan wees”, sê sy. “Ons laat hom maar daar in die hoop dat hy wel iemand se hard sal blymaak”, las sy by.
Ons saal weer die yster esels op en vat die pad in die rigting van ons eerste grondpad sessie vir die naweek. Stop eers om die groot oomblik op die digitale geheue vas te vang.
Dit is n netjiese pad wat goed onderhou is. Ek kyk in my spiel vir Monica en sien haar nêrens nie, en my moet sak in my skoene. Dalk was haar verhouding met die grondpad nie so goed as die verhouding met die teerpad. Net so rukkie toe kom sy te voorskein,
en ek besef dis baie lank vandat sy op n grondpad was en ons sal dit moet rustig vat, en dan is daar die kwessie van die stof. Met my gewoonte om sommer skielik te stop vir fotos of iets om te sien, kan sy nie te naby agter my ry, vra maar vir Hendrik. En die stof veroorsaak ook dat sy n hele end agter gaan moet ry, anders kan sy nie sien nie. So ek ry maar n ent vooruit en as ek haar lig nie in die truspieël sien nie stop ek en luister en wag.
 

Attachments

  • 2018 honeymoon trip (2).JPG
    2018 honeymoon trip (2).JPG
    181.9 KB · Views: 451
  • 2018 honeymoon trip (3).JPG
    2018 honeymoon trip (3).JPG
    191.8 KB · Views: 417
  • 2018 honeymoon trip (4).JPG
    2018 honeymoon trip (4).JPG
    146.6 KB · Views: 418
  • 2018 honeymoon trip (5).JPG
    2018 honeymoon trip (5).JPG
    187.4 KB · Views: 424
  • 2018 honeymoon trip (7).JPG
    2018 honeymoon trip (7).JPG
    204.2 KB · Views: 438
  • 2018 honeymoon trip (8).JPG
    2018 honeymoon trip (8).JPG
    137.8 KB · Views: 424
  • IMAG0026.JPG
    IMAG0026.JPG
    180.8 KB · Views: 423
  • IMAG0030.JPG
    IMAG0030.JPG
    131 KB · Views: 421
  • IMAG0031.JPG
    IMAG0031.JPG
    123.1 KB · Views: 416
  • IMAG0032.JPG
    IMAG0032.JPG
    160.3 KB · Views: 411
Top