Ons jaarlikse kop skoon maak toer.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Man from Nam

Race Dog
Joined
May 7, 2013
Messages
769
Reaction score
1
Location
Windhoek
Bike
Yamaha Super Tenere
Net as inleiding,  as gevolg van die vakansie dae einde April, begin Mei, doen ons eke jaar 'n kort motorfiets toer. Hierdie jaar was nie anders nie. Ons het egter besluit om hierdie jaar nie met die Tenere's te ry nie , maar met ons GTL's. Ons het beplan om net teerpad te ry en in gaste huise te bly.
Die voorlopige roete was deur Botswana tot in Pretoria, dan Dullstroom toe, Sabie, waar ons die areas daar rond sal besoek en die lekker paaie daar ry. Dan verder noord tot in Tzaneen, waar ons ook die areas daar sal besoek en dan weer die lang pad huis toe deur Botswana.
Roeteplan is uit gewerk, plekke is bespreek en ons kon nie wag vir Vrydag die 27ste om weg te kom nie.
Hier volg so paar foto's en verskoon maar, alhoewel ons nie met ons prentjie fietse (soos Woema dit noem) gery het nie was dit steeds 'n avontuur.
Daar is nie 'n beter manier om mens se kop skoon te kry as om die oop pad te vat met jou motorfiets nie.
Ek sal die RR so daagliks pos soos ek die foto's uit sorteer.
 

Attachments

  • 880.jpg
    880.jpg
    178.1 KB · Views: 615
  • 1139.jpg
    1139.jpg
    47.9 KB · Views: 593
  • 1346.jpg
    1346.jpg
    120.7 KB · Views: 589
  • 1349.jpg
    1349.jpg
    110.6 KB · Views: 582
  • 1416.jpg
    1416.jpg
    128.5 KB · Views: 583
  • 1454.jpg
    1454.jpg
    160.2 KB · Views: 590
  • 1517.jpg
    1517.jpg
    150.9 KB · Views: 593
  • 1715.jpg
    1715.jpg
    190.9 KB · Views: 576
  • 1768.jpg
    1768.jpg
    150.8 KB · Views: 585
  • 863.jpg
    863.jpg
    112 KB · Views: 591
Top