Around Lesotho in 4 Days

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

karooblom

Pack Dog
Joined
Dec 27, 2017
Messages
108
Reaction score
15
Location
Northern Cape
Bike
AJS (all models)
So raak my telefoon noudie dag heel mal...sien dis 'n whatsapp van wederhelf, maar soos dit mos maar gaan met die huisbaas is daar nie tyd om te lees nie. Laat die aand maak ek toe die gestuurde link oop. 4 Days around Lesotho. Hy vra wat dink ek van dit...ek sê hhhhmmm....hy sê klink heel lekker....ek sê ja noggal. So week of drie daarna kom ek by my telefoon en sien ek is glad ge add op 'n whatsapp groep genaamd Lesotho Temmers. Vra die aand vir wederhelfte "en die", nee seg hy dis die beplanning vir die trippie rondom Lesotho. Ek vra "gaan ons"? Wederhelfte seg "as die lammery vêr genoeg gevorder is, ja dan ry ons". Ek seg "oooohhh". So word daar op die whatsapp groep reelings getref dat dit bars. Ek gee so af en toe my mening (eintlik ja en amen ek maar net) wat die res van die lede op die groep het ek nog nooit ontmoet nie, en ek wil darem nou ook nie soos 'n regte ploert klink nie

Daar word afgespreek om mekaar Sondag 22 April by 4Sheep in Beaufort Wes te kry en dan daarvandaan ry ons Smithfield toe. Vrydag oggend vra ek vir wederhelfte of ons nou ry? Seg hy vir my "ek weet nie" ... ek trek ronde oë  :eek7:  en seg "laat weet my net teen more oggend of ek iets moet pak". Saterdag oggend maak wederhelfte my wakker  :bueller: "pak". Ek seg "nee maar dis reg so". Nogal heel opgewonde oor die vooruitsig...totdat ek in die kombuis kom. O wee, my hond het die nag ONTPLOF  :grommit:  :puke: ...aangesien sy haar die vorige dag soos 'n  :snorting: gedra het(maar daai storie is een vir annerdag)
Nou ja...na operasie skoonmaak is dit ek en die pakkery. Ek sien so op die weervoorspelling dit reën half permanent daar in die omgewing waar ons wil in so toe vra ek maar op die groep wat ons moet inpak. Die aanbeveling is baie warmgoed en alle inners. Nou ons het al natgereën en toe deur die sneeu moes loop ry so ek weet van koudkry maar ek weet ook ek like dit net mooi niks. Pak toe maar genoeg warmgoed en 'n topbox vol inners in. Op die ou end het ons toe nie een inner gebruik nie...Murphy's law.
 
Top