Dankie vir report en mooi fotos, ek wou daai Kamanasie pad al paar keer gaan ry het, maar nooit genoeg tyd gehad.
Kan jy dalk se wat jy alles aan jou DR laat doen het, Madelaine se DR kort ook so bietjie aandag, staan al op 150 000km.
Dis 'n lekker pad daai, pragtige uitsigte!
Eintlik maar net bietjie TLC vir die Hooligan gegee en hom bietjie mooi gemaak. Die enjin is nog dieselfde as toe jy hom gesien het by WC Bash laas jaar, staan nou op 70 000km. Nog nie probleme gegee nie. Meeste goedjies is kosmeties - raam is gepowdercoat want dit was erg gekrap en ek was bang vir roes, ceramic coat op die exhaust header. Ek het wel emulator valves gekry vir voorvurke, en is baie in my skik met die verskil wat dit maak. Agterskok se preload is bietjie verstel sodat die "sag" eweredig is voor en agter.
Wil nog graag die enjin casings laat mooi maak, want dit steek nou af teen die res van die motorfiets, haha. Sal sien, moet eers weer spaar.
Ek wil ook 'n nuwe universal fairing bestel, lyk soos die fairing op die 1994 DR650 wat deur SuperDavexlv750R geadverteer word, maar daardie gaan nog rukkie vat om te kom klink dit my.