Met reenmakers en retreads deur die Karoo.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bokveld

Race Dog
Joined
Aug 16, 2012
Messages
1,047
Reaction score
55
Bike
BMW F650GS / Dakar
    n Tyd gelede ,vra my swaer my om hulle te vergesel op n trip deur die Karoo ;ek op die motorfiets en hulle in die Amarok.Hy wou n slag die agterpaaie  en grondpasse van die Karoo met die Amarok aandurf.Hulle van Saolburg,ek van Montagu sou mekaar een warm Sondagmiddag op Calitzdorp ontmoet en vandaar die stryd aanknoop.Die passe op sy lysie was: Swartberg,Rammelkop,Ouberg,Gannaga.
    Ekself was nog nooit oor Rammelkop nie en ek raadpleeg vir ChrisL.Sy raad is om die pad tussen Merweville en Sutherland net nie te ry as dit nat is nie.Die aarde in die geweste is horingdroog en verskroei en jy kan maar die raad ignoreer.Sondag is ek effe vroeg vir ons Calitzdorp afspraak en en gaan maak sommer n draai by Karoo Rider op Ladismith om bietjie meer van Rammelkop uit te vind .
      Later die middag ontmoet ek my reisgenote : swaer Eben en Piet en sy vrou,Riki.Hulle het die vorige aand in die Karoo Nasionale  Park oornag.Die Amarok is tot die tande gewapen om enige teestand die hoof te bied Hulle slaap in n gastehuis en ek kamp in meer nederige styl by die Ou Stasie.Daars n paar ou pomptrollies ingeval jy n bietjie op die stasie wil rondpomp.
   
 

Attachments

  • DSC_0040.JPG
    DSC_0040.JPG
    143.9 KB · Views: 422
  • DSC_0050 EG_1237.JPG
    DSC_0050 EG_1237.JPG
    195.9 KB · Views: 421
  • DSC_0061 GOPR0950.JPG
    DSC_0061 GOPR0950.JPG
    237 KB · Views: 427
  • DSCN7988.JPG
    DSCN7988.JPG
    90 KB · Views: 419
  • DSCN7990.JPG
    DSCN7990.JPG
    130.9 KB · Views: 425
  • DSC_0034.JPG
    DSC_0034.JPG
    248 KB · Views: 423
Top