Goeie diens van BikeGear in die Baai

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,191
Reaction score
1,677
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Ek gaan binnekort, voor die Thumper Bêsh, 'n nuwe agterband kort.  Kyk toe bietjie rond vir Capra agente (het tans Capra X agter) op die internet en bel uiteindelik vir BikeGear in die Baai.  Vra vir Attie 'n paar vrae oor grotes ens.  Hy laat weet toe oor die "Bundle Special" wat hulle op die voor en agterbande het.  Ek koop en betaal toe sommer dadelik.  Woeps, nie 'n uur later nie, kry ek 'n epos dat die pakkie reeds per koerier versend is.  Vandag op die dorp gaan afhaal.

Dankie Attie en BikeGear, mag julle die voorspoed geniet wat goeie diens vir julle sal bring. 

Dis nie die eerste keer dat ek iets by hulle koop nie en ook nie die eerste keer dat ek uitstaande diens kry nie.  Doe so voort  :thumleft:

My Teneré gaan nou binnekort spoggerig lyk met sy nuwe bande.
 
Top